Delfinos.Passion for food-Passion for life Property Pointer Wolwedans Game Farm Reflexions Professional Hair Oyster World Ponto Grille and Carvery Beach House Restaurant Top Up Service Station Skorpios Security

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die opspraakwekkende en omstrede Kareedouw-moordsaak waarin 'n geliefde boer al bykans vyf jaar teregstaan op twee klagte van moord, het 'n onverwagse wending geneem met die toetrede van die befaamde forensiese kenner, dr. David Klatzow. 

 Kliphuis Klatzow by kliphuis

 Dr David Klatzow het dadelik met sy aankoms in SA die toneel by die Kouga Kliphuis besoek

Kyk video hier: https://youtube.com/watch/2xhF3MILkb8

Die tragiese dood van Jéan Vosloo (25) en sy verloofde, Mari Hoon (28), onder uiters vreemde omstandighede in die stortarea van die gewilde Kouga Kliphuis buite Kareedouw in April 2020 het 'n ongekende mediasensasie en groot verdeeldheid in die gemeenskap veroorsaak weens kritieke vrae wat nooit gevra of bevredigend beantwoord is in dié uitgerekte hofsaak nie.

 
Mari Hoon en Jéan Vosloo mooie
             Die verloofde paartjie Mari Hoon (28) en Jéan Vosoo (25)
 
Die paartjie is deur 'n vriend, Stephan du Plessis (30) genooi om die langnaweek van 27 April 2020, in die piektyd van die streng COVID-19 inperkings, by die Kouga Kliphuis op sy buurman, Kevin Pretorius (53) se plaas te gaan braai en ontspan. Volgens Du Plessis se getuienis het hy die Saterdagaand vroeg gaan slaap en die volgende oggend eers op hul liggame in die stort afgekom nadat hy hulle begin soek het. Geen verklaring is gegee oor wanneer en hoekom Jéan Vosloo se bakkie by die rivier vasgesit en die Sondagmiddag eers deur 'n trekker van Du Plessis se Pa, Henry, uitgesleep moes word nie.
 
Stephan du Plessis op troudag 
Stephan du Plessis (nou 30), die enigste oorlewende en ooggetuie van die tragedie
 
Ná 'n geregtelike doodsondersoek is Pretorius skielik van dubbele moord aangekla en later skuldig bevind nadat hoë koolstofmonoksiedvlakke glo in albei oorledenes se bloed gevind is. Albei het glo ook 'n relatief lae bloedalkoholvlak van 0,10% en 0,12% onderskeidelik gehad, maar geen uitslae van ander toetse vir chemiese middels of maaginhoud om 'n benaderde tyd van dood te bepaal, is ooit bekend gemaak nie.
Kevin Pretorius
 Kevin Pretorius (53), die eienaar van die plaas Zuuranys waarop die Kouga Kliphuis is
 
Die konsertina-skoorsteen van die gasgeiser in die badkamer was blykbaar die betrokke naweek nie in plek nie en die hof het bevind Pretorius moes kon voorsien het dat dit 'n groot gevaar vir besoekers kon inhou.
 
Pretorius het getuig dat die Kliphuis sedert einde Maart 2020 amptelik gesluit was vir gaste en besoekers tydens die COVID-19 inperkings en dat Du Plessis bewus was daarvan. Hy het ook aan Du Plessis gesê dat die plek onnet en ongeskik vir besoekers is en dat geen gewone instandhouding, skoonmakery en dienste soos beddegoed, linne, ens. tydens die inperking beskikbaar is nie.
 
Du Plessis het egter aangedring dat dit nie saak maak nie en dat hy en sy vriende net 'n bietjie wil kom braai en ontspan en self sal regkom op eie verantwoordelikheid. Pretorius het op die einde teensinnig op grond van goeie buurmanskap ingestem dat hulle die geriewe gratis op eie verantwoordelikheid kan gebruik solank hulle hom nie pla nie. Du Plessis het hom die Sondagoggend om hulp gebel nadat hy sy vriende op die badkamervloer sien lê het en die deur van binne gegrendel was.
 
* Hoe en wanneer die geiser se skoorsteenpyp uit die muur gekom het - vermoedelik deur bobbejane in grendeltyd toe die plek so lank toegestaan het - kon nie bepaal word nie, maar oorblyfsels daarvan is ná 5 jaar steeds buite die badkamer opgetel.
Klatzow se betrokkenheid om as onafhanklike forensiese kenner wetenskaplike antwoorde te vind op vrae wat nooit gevra of oortuigend beantwoord is nie, kom net meer as 'n maand voor die geskeduleerde vonnisoplegging, betoë en appèlaansoek nadat nuwe inligting, leidrade en bewyse gevind is.  
 
 
 

 
 
Related Articles:

Add comment

No abuse, no discrimination, no foul language


Security code
Refresh