Beach House Restaurant Property Pointer Wolwedans Game Farm Top Up Service Station Ponto Grille and Carvery Oyster World Skorpios Security Reflexions Professional Hair Delfinos.Passion for food-Passion for life

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die 2019 verkiesing is lankal verby, die meeste omstrede politici is weer iewers in sleutelposisies ontplooi en terwyl pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede lugkastele bou oor hipermoderne spogstede met wolkekrabbers en sneltreine, is die misdaad en moordsyfer in die land totaal buite beheer en vou die een munisipaliteit ná die ander.

Smart City

Die president het blykbaar 'n kort geheue. Het hy vergeet wat het met die vorige multi-biljoenrand "slimstad" gebeur?

https://businesstech.co.za/news/technology/324961/ramaphosa-dreams-of-skyscrapers-and-bullet-trains-but-heres-what-happened-to-the-last-r84-billion-smart-city/?fbclid=IwAR0iYEU2151bF-mCDMPtAZ877p87fRbstgu6HFvbvqFwYS1EA7JW0MDt9Xs

Ook in Mosselbaai gaan dit deesdae rof op die misdaadfront waar geweldsmisdaad, gewapende roof, moord en selfs bendeverwante geweld in skole nou onrusbarend handuit ruk. Terwyl Kinderbeskermingsweek vroeër vandeesweek landwyd gevier is, sterf tientalle kinders weekliks in Suid-Afrika weens verwaarlosing, mishandeling en geweld - dikwels aan die hand van hul eie ouers. Net vandag is twee kinders van 8 en 5 jaar onderskeidelik deur hul eie pa opgehang nadat hy in 'n telefoniese rusie gewikkel was met hul ma, van wie hy vervreem is. Die man het homself daarna in 'n ander huis gaan ophang. 

news24.com/SouthAfrica/News/father-kills-children-and-hangs-himself-following-argument-with-mother-20190623

In Mosselbaai het twee leerders van die Sekondêre Skool Indwe op 10 en 12 Junie onderskeidelik in die hospitaal beland ná hulle in afsonderlike bendeverwante voorvalle by die skool met messe aangeval is.

Indwe

Lede van die KwaNonqaba Polisiekantoor het ná die eerste mesaanval by die skool ingegryp en die leerders deursoek vir dwelms en wapens, en ook inligtingspraatjies gelewer, maar die tweede aanval het ondanks dié verskerpte polisieteenwoordigheid plaasgevind. Foto: Mossel Bay Advertiser

In 'n ander voorval op 8 Junie is 'n 16-jarige seun en drie ander slagoffers beseer in 'n mesaanval in Greenhaven, Groot-Brakrivier. Die vyfde slagoffer, Renaldo Kruger (22) is in dieselfde aanval so ernstig beseer dat hy aan sy wonde beswyk het.

In nóg 'n bendeverwante voorval in KwaNonqaba is die 20-jarige Showen Simons Donderdag (20 Junie) skynbaar vir geen rede nie in 'n mesaanval deur 'n groep mans doodgesteek. Sy vriend kon net betyds ontsnap. 'n Agtienjarige verdagte is intussen deur die KwaNonqaba polisie in hegtenis geneem.  

Indwe messe

Messe van alle groottes - van "flick knives", knipmesse en kapmesse tot pangas is van die handwapens wat by leerders van Indwe Sekondêre Skool gekonfiskeer is tydens die KwaNonqaba polisie se klopjag op die skool. Hoe op aarde loop jong kinders deesdae met sulke wapens rond?  

Die toenemende bendegeweld en mesaanvalle kom te midde van 'n ysingwekkende tekort aan polisielede en voertuie by die land se onderbemande Polisiekantore - ook in Mosselbaai.

Boonop is die geboue van die KwaNonqaba Polisiekantoor wat die grootste gebied in Mosselbaai bedien, al langer as 'n dekade só vervalle dat dit lewensgevaarlik en ongeskik vir menslike gebruik is. Plaagdiere en rotte "so groot soos katte" het nou ook die kabelnetwerk van elektriese bedrading deurgeknaag sodat die kantoor 'n week lank sonder enige vorm van elektroniese kommunikasie gelaat is. Die onhigiëniese toestande het ook 'n uitwerking op die personeel wat toenemend met griepsimptome en ander gesondheidsprobleme sukkel.    

Hoe dié situasie toegelaat is om so lank voort te duur in 'n bekroonde Dorp van die Jaar, weet nugter. 'n Erf wat glo al in 2006 aan die departement van openbare werke beskikbaar gestel is vir die bou van 'n polisiekantoor, het dadels opgelewer. Dis ook nie seker hoekom die kwessie sedert 2006 nooit weer enige dringende aandag geniet het nie.

'n Dringende beroep is glo nou uiteindelik op die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, gedoen om aandag aan die saak te gee. (Dis dieselfde Winde wat 'n paar jaar gelede tydens sy termyn as provinsiale minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme die krisis by toerismekantore afgeweer het met sy beroemde uitlating: "Dorpe het nie toerismekantore nodig nie - net boude in beddens!")

Ons hoop nie dieselfde geld vir polisiekantore nie . . . 

https://www.netwerk24.com/ZA/Weslander/Nuus/tourism-is-a-job-for-a-town-not-just-an-office-20160727-2

Alan Winde

Dit was glo juis klagtes oor munisipale inmenging en geboelie wat die toerismebedrywe aan die Weskus, Knysna en Mosselbaai gekniehalter het en veroorsaak het dat vyf top-direkteure van Mosselbaai Toerisme verlede jaar in 'n gesamentlike protesoptrede die handdoek ingegooi het. 

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/mosselbaai-toerisme-vyf-direkteure-loop-oor-burokrasie 

 

Buurtwagstelsels

Intussen vier misdaad hoogty en buit misdadigers die situasie uit.

Sonder die volgehoue harde werk en samewerking van die onderskeie parate buurtwagstelsels in die groter Mosselbaai-omgewing sou misdaad waarskynlik lankal handuit geruk het in die dorp. Dié inwoners verdien elk 'n medalje. 

Die onrusbarende toename in gewapende roof en huisbrake in die eens "veilige" Glentana / Hersham-kusgebied deur vermoedelik 'n sindikaat het opnuut kommer laat ontstaan oor die SAPD se onvermoë om dadelik hulp te verleen weens die kritieke personeel- en voertuigtekorte.

'n Lid van die Glentana-buurtwag moes verlede Saterdagaand om sy lewe veg toe een van 'n groep vermeende rowers hom aangeval en sy vuurwapen probeer afneem het. Die verdagte - vermoedelik van Mosambiekse afkoms - is tydens die stoeiery in die been gewond. Hy is onder polisiebewaking in die  provinsiale hospitaal op George aangehou.

Die Glentana-buurtwaglede het verlede Saterdagaand gaan ondersoek instel nadat inligting ontvang is van drie verdagtes wat tussen bosse langs die  N2 op Groot-Brakrivier wegkruip. Hulle het op swartsakke vol vermoedelik gesteelde eiendom afgekom. Toe hulle die verdagtes nader, het bg. verdagte op die buurtwaglid afgestorm. Die ander het ontvlug. Ander buurtwaglede en Mosselbaaise polisielede het op die noodroep gereageer nadat die Grootbrak-polisie weens personeeltekorte glo nie dadelik hulp kon stuur nie . .  .    

Dinge wat pla

Die politieke magspeletjies en ondeursigtigheid op alle vlakke van regering is al lankal 'n steen des aanstoots wat vuisvoos belastingbetalers toenemend kwel. Oud-president Jacob Zuma se kultuur van geheimhouding en ontwyking het blykbaar ook na munisipaliteite deurgesypel sodat inwoners feitlik geen insae het in finansiële sake en besluite wat hulle regstreeks raak nie.

Tradisionele gemeenskapskoerantjies kan ook nie meer finansieel oorleef sonder die geldelike inspuiting van munisipale advertensies/kennisgewings nie, sodat hulle ter wille van oorlewing hul onafhanklikheid ingeboet het en munisipale mondstukke en beeldpoetsers geword het. 

Amptelike munisipale mediaverklarings oor belangrike munisipale besluite bestaan al lankal nie sodat inwoners meesal in die duister is oor wat regtig aangaan. 

Hoekom die Geheimhouding? 

Die absolute stilswye oor die bedanking van Rowena Hendricks, Mosselbaai se munisipale mediawoordvoerder verlede maand, is ewe vreemd. Geen aankondiging is daaroor gedoen nie en niemand weet blykbaar of haar pos gevul gaan word en wanneer en deur wie nie. Mosselbayontheline se laaste navrae is beantwoord met: "Vra vir Thys" - menende die munisipale bestuurder, Thys Giliomee, wat blykbaar die monopolie op alle publieke en medianavrae het. Ook die bekroonde joernalis Susan Puren se skriftelike navrae oor belangrike aangeleenthede is gesystap en so onvolledig beantwoord dat sy ná 'n paar pogings bes gegee het.

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/hoekom-word-basiese-vrae-nie-beantwoord-nie

Rowena Hendricks

Rowena Hendricks (heel regs) saam met munisipale kollegas. Sy het verlede maand stil-stil bedank nadat sy glo 'n pos met beter vergoeding by 'n ander munisipaliteit aanvaar het. Sover bekend is niemand amptelik in haar pos aangestel nie en dis onduidelik of die pos as munisipale woordvoerder/kommunikasiebeampte wel gevul gaan word. Die volgende kennisgewing vir 'n kommunikasiebeampte om die stelsel reg te ruk, het in Mei 2019 op die munisipale webblad verskyn, maar dis onseker wie sulke kennisgewings hoegenaamd raaksien?https://www.mosselbay.gov.za/sites/default/files/documents/advert_communications_officer_may_2019_0.pdf?fb

Foto: Facebook

Rowena Hendricks en Jantjies

 'n Onlangse foto van Rowena Hendricks en Edward Jantjies, direkteur van korporatiewe dienste, wat sedert Maart vanjaar die administrasie van die beleërde Kannaland Munisipaliteit help regruk. Jantjies is deur Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning opgekommandeer om ses maande lank die pos as administrateur in Kannaland te vervul. Jantjies is ook besig met studies vir sy meestersgraad in publieke administrasie. Tydens 'n raadsvergadering in Februarie het opposisiepartye beswaar gemaak teen dié Kannaland-aanstelling aangesien Mosselbaaiers betaal vir sy kundigheid en dus geregtig is op sy dienste, en weens die ekstra koste wat hulle vir 'n tydelike plaasvervanger moet opdok. Jantjies was net voor sy vertrek landwyd in die nuus nadat hy die Springbok-rugbyspeler Faf de Klerk tydens die Diasfees uit die BBP-tent gejaag het.  

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/diasfees-maak-opslae-nadat-springbok-rugbyspeler-faf-de-klerk-uit-bbp-tent-gejaag-is

Bedrieër Marius Botha kry wel vet prestasiebonus

Mosselbaai se belastingbetalers moet nou ook opdok vir 'n veroordeelde bedrieër se prestasiebonus. Die wederregtelike aanstelling van die omstrede Marius Botha as finansiële hoof in 2014 terwyl hy verhoofafwagtend was op ernstige aanklagte van bedrog en geldwassery by die Karoo-Hoogland Munisipaliteit, het Mosselbaaiers waarskynlik nou al 'n paar miljoen rand gekos.

Marius Botha

Botha is einde 2017 skuldig bevind en tronkstraf opgelê vir bedrog en geldwassery, maar hoewel hy toe afgedank is as Mosselbaai se finansiële hoof, het hy nog etlike maande lank steeds sy volle salaris ontvang terwyl hy teen sy skuldigbevinding en vonnis geappelleer het. In dié tyd moes Mosselbaaiers ook opdok vir 'n tydelike plaasvervanger. Die kersie op die koek is egter dat sy aansoek om 'n prestasiebonus tydens 'n onlangse raadsvergadering goedgekeur is -  glo omdat hy gedurende sy werkstermyn by Mosselbaai munisipaliteit geen oortreding begaan het nie en sy pligte uitgevoer het.

* Tog vreemd dat belastingbetalers altyd op die einde die spit moet afbyt vir munisipale bestuurslede se roekelose en ondeurdagte besluite waarin hulle geen insae of seggenskap meer het nie . . . ?

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/marius-botha-kos-mosselbaai-se-belastingbetalers-duisende-rande-da-moet-opdok-eis-kamfer

 

Vismeelfabriek in Hawe : Waar is terugvoering van publiek dat reklame en omgewingsimpakstudie sommer klaar gedoen word ná 'n gratis oorsese reis?

fishmeal

So word vismeel verwerk in 'n vismeelaanleg.

In Februarie vanjaar is in 'n onopsigtelike kennisgewing in die plaaslike koerantjie aangekondig dat Afro Fishing  aansoek gedoen het om 'n vismeel en -olieverwerkingsaanleg op Kaai 1 (ou I&J perseel) van Mosselbaai se hawe te bedryf. Belanghebbendes kon registreer om hul menings en besware voor 25 Maart 2019 aan die omgewingskonsultant Melissa Mackay van Cape EAPrac te stuur as deel van 'n omvatttende openbare deelnameproses.

Min mense het die weggesteekte kennisgewinkie gesien en eers nadat Mosselbayontheline daaroor berig het, het die publiek heftig en luidkeels hul teenkanting en besware gelug. 

Benewens die ooglopende stank van 'n vismeelfabriek wat toerisme en besighede sal kelder, is aspekte soos die dorp se gebrekkige infrastruktuur en verkeersprobleme, seewaterbesoedeling weens onvermydelike uitskot en afvalwater, uitwissing van visbronne en waterskaarsste weens droogte vir die bedryf van die waterintensiewe aanleg as besware geopper. 'n Petisie-lys met die name en besware van 350 belanghebbendes is ook gestuur.

fish meal pellets

Vismeel word hoofsaaklik gebruik in troeteldierkos en om ander vis in die akwakultuurbedryf te voed. Ironies genoeg word tot 90% eetbare vis deesdae vir vismeel gestroop sodat visspesies vir menslike behoeftes uitgeroei word om akwakultuur-vis te voer. Is seevishokke in Mosselbaai se waters dalk volgende op die lys? 

https://phys.org/news/2017-02-percent-fish-fishmeal-prime.html

Sedertdien is geen terugvoering ontvang nie.  Pleks daarvan verskyn 'n pragtige reklame-artikel verlede week in die gemeenskapskoerant oor die beste eerstewêreldland-tegnieke en praktyke wat gebruik sal word om die reukprobleem van 'n vismeelfabriek te oorkom.

Afro Fishing se hoofuitvoerende beampte, Deon van Zyl, het 'n hele tegniese span plus die koerant se nuusredakteur en die einste MacKay saamgeneem op 'n heerlike Europese toer om na vismeelaanlegte op pragtige vissersdorpies in Spanje en Portugal te gaan kyk. Lekker man, lekker! 

Die gebruik van regeneratiewe termiese oksideerders (RTO) om lug- en reukbesoedeling te bekamp, is glo die antwoord op al die publiek se vrese en besware. Die publiek word ook sommer weer gevra om te registreer as belanghebbende om aan die omgewingsimpakstudie deel te neem wat nou glo klaar deur MacKay vir die vismeelfabriek gedoen word.

Nou hoe nou? Wat was die doel van die openbaredeelnameproses as inwoners en belastingbetalers se menings en besware ooglopend géén rol speel in besluitnemingsprosesse nie?

vismeel advertiser

Die vismeelspan in Tarifa, Spanje. Deon van Zyl, grootbaas van Afro Fishing, omgewingskonsultant Melissa Mackay van Cape EAPrac, Nicky le Roux, nuusredakteur van die Mossel Bay Advertiser en Chris Albertyn, konsultant-ingenieur.  Foto: Mossel Bay Advertiser

MacKay was ook die omgewingskonsultant betrokke by die openbaredeelnameproses oor die "duur en onnodige opgradering" van Beyersstraat in Klein-Brakrivier wat kosmetiese loopvlakke oor die duine, waterbehoewende grasblokke op die "sypaadjies" en formele parkeerareas tussen woonhuise insluit waarteen al die inwoners van Beyersstraat sterk beswaar gemaakl het. Hul besware en teenvoorstelle is egter bloot geïgnoreer en die "onnodige, geldverkwistende projek" waarvoor belastingbetalers oor die R4 miljoen moet opdok, gaan ongestoord voort . . . 

Dit wil voorkom of dieselfde roete met Afro Fishing se vismeelfabriek gevolg gaan word, want dit lyk of die besluit reeds NAMENS inwoners geneem is . . . en die reklame is klaar gekoop met 'n oorsese reis?

As DIT is hoe munisipaliteite deesdae met belastingbetalers se geld en gevoelens werk, en hoe omgewingskonsultante en joernaliste omgekoop word, is dit nie meer gevaarligte wat flikker nie - dis klaar NAG!   

 

METROPOOL - Hoe, wat, wanneer en waarom?

Die volgehoue planne om Mosselbaai en George munisipaliteite te verenig in 'n Metropool, raak al hoe meer kommerwekkend namate die munisipale stelsel faal weens korrupsie en politiekery ten koste van die inwoners en die omgewing.

In Februarie verlede jaar is Mosselbaai se munisipale bestuurder Thys Giliomee volmag gegee om 'n konsultant aan te stel en samesprekinge in dié verband met George munisipaliteit te voer. Vrae en vrese van bekommerde inwoners oor wat só 'n samesmelting met George behels en wat die impak daarvan op die dorp en belastingbetalers gaan wees, is summier geïgnoreer. 

Op 17 Mei verlede jaar het Anton Bredell aangekondig dat die munisipaliteite van George, Bitou en Laingsburg onder administrasie geplaas gaan word en dat stappe reeds begin is. Dit het gevolg ná 'n klopjag deur die Valke op die George munisipaliteit weens bewerings van grootskaalse korrupsie, wanbestuur en ongerymdhede met tenders. Die koppe van die burgemeester Melvin Naik sowel as die munisipale bestuurder Trevor Botha is geëis.

Melvin NaikTrevor Botha

 Melvin Naik (links) en Trevor Botha wie se koppe verlede jaar geëis is.  George se finansiële hoof, Keith Jordaan, is ook verlede jaar 60 dae lank geskors hangende 'n ondersoek na finansiële ongerymdhede. 

https://citizen.co.za/news/news-cns/1928793/george-bitou-and-laingsburg-municipalities-to-be-placed-under-administration/?

Dié verwikkelinge het vrese vir 'n samesmelting met die "korrupte, bankrot" George munisipaliteit vertienvoudig.  Op 22 Mei het Bredell egter 'n totale ommekeer gemaak en aangekondig dat nie enige munisipaliteit in die Wes-Kaap - ook nie George of Bitou - onder administrasie geplaas gaan word nie.

 https://www.netwerk24.com/Nuus/Munisipaliteite/george-bitou-nie-onder-administrasie-20180522?f

In April vanjaar is die munisipale bestuurder van George, Trevor Botha, dieselfde groenlig gegee om 'n konsultamt aan te stel en samesprekinge oor 'n Metropool met Mosselbaai te begin. 

 http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/metro-forming-talks-come-at-all-time-low-for-country-s-municipalities

Intussen eis die ANC nou die bedanking van die Garden Route-distriksmunisipaliteit se burgemeester, Memory Booysen,  en is 'n ondersoek gelas na sy betaalde reis na Indonesië deur 'n Duitse maatskappy wat glo die Calitzdorp-SPA vir 50 jaar wil huur terwyl daar twee grondeise oor die gebied hangende is.

Memory Booysen1

Memory Booysen, burgemeester van die Garden Route Distriksmunisipaliteit, het verlede jaar tydens 'n verspotte en totaal voortydige sooispitseremonie om 'n "beplande" chemiese aanleg langs PetroSA in te wy, reeds laat blyk dat hy hom nie aan wetgewing en "burokratiese rompstomp" gaan steur om ontwikkelings deur te druk nie. Die betrokke perseel was destyds nog nie eens gehersoneer nie en geen omgewingsimpakstudie was gedoen nie . . . Dié planne is intussen op die langebaan geskuif. 

Ondersoek gelas na burgemeester se betaalde oorsese reis

20 Junie 2019 - Die Burger

Buiten vir ’n ondersoek wat gelas is na ’n betaalde buitelandse reis van die burgemeester van die Garden Route-distriksmunisipaliteit (GRDM), eis die ANC ook dat hy geskors word.
Die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning het ’n ondersoek gelas na Memory Booysen se reis na Indonesië.
Die ANC het intussen in ’n verklaring gevra Booysen moet deur die DA geskors word nadat berig is hy het die land op uitnodiging van die houermaatskappy van ’n Duitse maatskappy besoek. Die maatskappy wil die Calitzdorp-spa vir 50 jaar huur, hoewel daar twee grondeise oor die grond hangende is.
Die GRDM het vroeër in ’n kennisgewing bekend gemaak hy wil die De Hoek Mountain Resort en Calitzdorp-spa vir 50 jaar aan LEN24 (Edms.) Bpk. verhuur.
In die verklaring sê Faiez Jacobs, ANCsekretaris in die Wes-Kaap, die ANC het gewonder wie daarby betrokke is dat
die maatskappy ’n huurkontrak kan kry vir ’n eiendom wat die fokus van ’n grondeis is. Volgens hom begin alles nou sin maak met dié dat Booysen ’n gratis reis gekry het, terwyl die GRDM ’n
proses verontagsaam wat nog nie voltooi is nie.
Die ANC wil hê die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie moet ondersoek instel na die omstrede huurooreenkoms en hy vra die DA om Booysen te skors.
Doen hulle dit nie, is die DA se praatjies oor skoon regering niks anders nie as praatjies, luidens die verklaring.

Volgens Jacobs is hulle veral bekommerd omdat die 50 jaar-huurooreenkoms nie in die raad ter sprake gekom het of gedebatteer is nie. 
“Dit is ’n algehele ondermyning van die demokratiese proses in plaaslike regering.”

James-Brent Styan, woordvoerder van die Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering en omgewingsake, Anton Bredell, sê by navraag die departement sal die saak ondersoek. 
“Een van die departement se forensiese personeellede is reeds opdrag gegee om ’n volle ondersoek te doen.”
Die GRDM het vroeër by navraag gesê die besoek aan Indonesië was wettig, is aan die raad verklaar en die ISCC-maatskappyegroep het daarvoor betaal.
LEN24 (Edms.) Bpk. se beheermaatskappy is die ISCC-maatskappyegroep, op wie se uitnodiging die afvaardiging Indonesië besoek het.
Volgens die GRDM het hy self die besoek openbaar gemaak en die uitkoms daarvan is aan die raad gekommunikeer. Booysen en drie amptenare het Indonesië van 6 tot 11 September 2018 besoek.

Voornemens om saam te werk

Die GRDM het vroeër by navraag gesê hy het van die ISCC Group of Companies te hore gekom tydens die GRDM se beleggingskonferensie verlede jaar.
Die besoek na Indonesië is afgesluit met die ondertekening van ’n memorandum van verstandhouding tussen Ithuba Savings and Credit, LEN24 ISC GmbH Bank, E-Banking and Investment Solutions en die GRDM.
Dit vervat voornemens om saam te werk om grond en infrastruktuur vir beleggingsdoelwitte te identifiseer, inligting uit te ruil en sakegeleenthede te identifiseer om die belange van die Tuinroete en die Wes-Kaap te verbeter.
LEN24 ISC GmbH Bank het volgens die GRDM gereageer op sy versoek en die GRDM genader oor die bestuur van die oorde en spa nadat ’n voorstel ter tafel gelê is. Die huurooreenkoms is nog nie afgehandel nie.
Volgens die GRDM het hy eers bewus geword van die grondgeskil toe besware tydens die openbaredeelnameproses aangeteken is.
Die GRDM het kers opgesteek by die streek se grondkommissaris en dié het laat blyk dat die grondeise voor 31 Desember 1998 ingedien is en nog ondersoek word.

 

Lees ook ons FB-artikels en kommentare hieroor: 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2430880177143235?_

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2432824030282183?_

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2432856080278978?

Verwante artikels:

 

 

Related Articles:

Daar gebeur elke dag soveel dinge op die nuusfront dat g'n mens kan byhou of alles onthou nie. Omdat Mosselbayontheline meesal die belangrikste nuus saam met talle mooi foto's van die omgewing op ons Facebook-blad publiseer, gaan baie van dié nuus/foto's mettertyd verlore.

Derhalwe publiseer ons voortaan elke maand se nuushoogtepunte en foto's onder een sambreel met die skakel na die betrokke FB-plasing om dit makliker toeganklik te maak vir dié wat dit op ons FB-blad misgeloop het. 

Meimaand was verkiesingsmaand, maar ook een van die mees gewelddadige maande in die land . . . desondanks stroom toeriste/nuwe intrekkers daagliks na Mosselbaai en ons foto's onder al die berigte wys hoekom. Voorbladfoto: Kolie Visser

 

1 Mei /May 2019: WERKERSDAG EN VOORLOOP TOT VERKIESING IN BEELD: 

voting station

Werkersdag in Mosselbaai is vandag so uiteenlopend gevier soos die politieke verkiesingspraatjies wat hoogty vier op alle mediaplatforms.

Die rekordgetal van 48 politieke partye wat volgende Woensdag meeding om stemme in al nege provinsies is 'n goeie aanduiding van die verdeeldheid onder landsburgers en die soeke na goeie leierskap om die land uit die Zuma/Gupta-sinkgate van korrupsie en staatskaping te lig. 
As al dié partye se verkiesingsbeloftes net naastenby kon realiseer, sou ons oornag 'n Utopia hê . . 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2390920104472576?

 

7 Mei /May 2019: Verkiesingskoors en grappies; Geblikte leeubedryf opnuut onder soeklig.

 "Ons eet, kuier en drink maar nou voluit, want ons weet nie of ons ná Woensdag nog sal kan nie . . ." 

Op die vooraand van die belangrikste nasionale verkiesing sedert 1994 is dit asof die hele land in 'n staat van afwagting is . . . 
Eiendomsagente kla die mark is DOOD, want almal wag om te kyk wat ná Woensdag gaan gebeur om te weet of hulle moet koop, verkoop of vlug . . . en intussen duik die verkiesingsgrappies as teenvoeter vir die onsekerheid oral op . . . 

voting1No photo description available.

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2394306794133907?

 

9 Mei / May 2019: Ná die verkiesing - Gekonkel met ink en weggooi-stembriewe en "dooies" mag glo nie meer stem nie

Dankie tog, die verkiesing is verby . . . Die mees ironiese geval was egter dat terwyl party mense blykbaar twee stembeurte bewimpel het, 'n Wes-Kaapse pensioenaris glad nie kon stem nie omdat hy volgens alle amptelike aanduidings reeds in Maart dood en begrawe is . . . 
Die "oorledene" en sy seun wil nou weet hoekom hulle nie eens van sy sterfte ingelig en na sy begrafnis genooi is nie . . . en wie het nogal betaal? 

piet van Zyl dooie wil stem

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2395733163991270?

 

10 Mei /May 2019: Verkiesing rustig sonder groot skokke - kenners som op

Terwyl die laaste uitslae van die belangrikste verkiesing sedert 1994 getel word, slaak almal 'n effense sug van verligting dat ook dié verkiesing relatief rustig en geweldsvrye verloop het . . .

Die mense het gepráát en aan die hoë wegbly-syfer is dit duidelik dat die landsburgers redelik keelvol is vir die huidige stand van sake en positiewe verandering en sterk leiers wat nie blote lippetaal besig nie, dringend soek . . .

Cyril Ramaphosa1

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2396550167242903?

 

11 Mei / May 2019 : Moedersdag, Mosselbaai se mooi in MEI en ontleders maak sin van verkiesingsuitslae: 

Image may contain: one or more people, people standing, sky, ocean, mountain, cloud, outdoor, nature and water

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2397592750471978?

 

13 Mei / May 2019: Mosselbayontheline GROEI daagliks en bedank AL ons getroue lesers/ondersteuners - help ons so om ondersoekende joernalistiek te laat herleef:

Image may contain: screen

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2398942023670384?

 

16 Mei / May 2019 : Misdaad/moord in Wes-Kaap ruk handuit - Misdaadkenner waarsku:

Sedert die begin van die jaar was daar reeds twaalf plaasaanvalle in die Wes-Kaap, waarin drie mense vermoor is. In die jongste plaasaanval is Tool Wessels (55) van die plaas Kapteinsdrif buite Bonnievale Maandag wreed gemartel en vermoor, terwyl sy vrou, Liezel (55) met 'n skerp voorwerp in die bors gesteek en met kookwater in haar gesig en lyf gegooi is.

Image may contain: 4 people, people smiling, people standing, mountain, outdoor and nature

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2400660950165158? 

 

17 Mei / May 2019: Geliefde ou munisipale grasdak-gebou by De Bakke in puin gelê deur brand. 

Net 'n swartgebrande murasie met smeulende puin wat nog plek-plek rook, het oorgebly van Mosselbaai se nuwe jazz-kuierplek La-Belea Sport- en jazzkroeg wat in November verlede jaar sy deure op die De Bakke-parkeerterrein langs die see geopen het.

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2402049830026270?

Image may contain: sky and outdoorImage may contain: 2 people, people smiling, outdoor

 

20 Mei / May 2019

Volmaan in kleur oor die Baai - en welkome nuwe inisiatief om die Suid-Kaap se riviere te herstel.

Goeie nuus is dat die belangrikheid om sensitiewe rivierstelsels in die Suid-Kaap te bewaar en van indringerplante en ander obstruksies te bevry, dalk uiteindelik nou nuwe momentum gaan kry danksy 'n nuwe program van die Suid-Kaap grondeienaarsinisiatief (SCLI).

Riaan Hammond sept2

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2403456516552268?

22 Mei / May 2019: Ramaphosa en nuwe parlementêre leiers amptelik ingelyf terwyl moorde/plaasmoorde die land ruk. Moord op aktivis Annette Kennealy breek damwal oop. 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2405077236390196?

Image may contain: one or more people and cat Image may contain: 1 person, sitting

 

24 Mei / May 2019: Vrae/vrese oor peperduur  "Beyersstraat-opgradering" voortgaan ondanks beter opsies

Sal die mens ooit ophou om blindweg in die natuur te gaan krap waar dit nie jeuk nie . . . en dit vooruitgang noem?
Inwoners langs die ongerepte riviermond in Klein-Brakrivier weet die afgelope paar maande nie wát hulle getref het nie.

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2406499676247952?

Image may contain: sky and outdoor

26 Mei / May 2019 : Land van kontras en uiterstes . . .

Terwyl dit plek-plek WOES gaan in die land met die nuutverkose president Cyril Ramaphosa wat orde uit die chaos en politieke binnegevegte moet probeer skep, en inwoners al hoe meer besef dat hulle sélf sal moet inspring om hul omgewing te beveilig en leefbaar te hou, lyk dit soms of Mosselbaai op 'n ander planeet sit . . . 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2408643522700234?

 

29 Mei / May 2019: SA kry drie nuwe beskerme Marienegebiede en Mosselbaai neem afskeid van geliefde Pieter Viljoen. 

 

 

 

Related Articles:

While an epic and costly legal fight is still raging along the West Coast to save the protected Langebaan Lagoon from the devastating effects of a  proposed 884-hectare aquaculture development zone, another international disaster has hit this blooming but controversial industry.

One can only hope this last multi-billion rand catastrophe in Norway and elsewhere will kill all aspirations of the Mossel Bay Municipality and the beleaguered department of fisheries to experiment with such a risky industry in Mossel Bay's pristine waters . . .   

kites

The pristine Langebaan Lagoon along the West Coast is a Marine Protected and accredited Ramsar wetland site of international importance and world destination for kite-surfing and water sport. However, this hot spot is still, despite several court cases, under threat of ecological degradation from plans by the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries (DAFF) to develop an industrial-scale, sea-based aquaculture zone (ADZ), spanning 884 hectares.

http://www.weskusontheline.co.za/2019/05/30/3712/

https://web.facebook.com/weskus123/posts/2536405589711800?__xts_

Similar plans for fish farming along Mossel Bay's coastline were also discussed last year at a so-called INDABA.  Mosselbayontheline questioned the reasons for and legality of the meeting with DAFF officials. 

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/a-fishy-farce-is-mossel-bay-bullied-into-risky-fish-farming-experiments-by-the-powers-that-be

 This is why . . . 

Eight million salmon killed in a week by sudden surge of algae in Norway

Deaths come weeks after similar incident in Scotland: ‘We’re all pretty worried’ 

salmon farm norway

Norway exports over a million tonnes of farmed salmon every year ( Getty )

A sudden surge in algae has killed at least eight million salmon in one week across Norwegian fish farms, the state-owned Norwegian Seafood Council has said. The enormous algal blooms, due to recent warm weather, have spread rapidly around Norway’s northern coast, sticking to fishes’ gills and suffocating them.

 

Wild fish can swim away from the lethal clouds of aquatic organisms, but farmed fish are trapped.

 

 

The algae is continuing to spread, the Norwegian Directorate of Fisheries said. The organisation said on Tuesday that more than 10,000 tonnes of farmed salmon, with a sales price of some 620 million Norwegian crowns (£56m), had been killed, but the Seafood Council said the loss would be much greater.

“It’s too soon to say how big the losses will be for the producers. Preliminary numbers point to eight million dead fish, corresponding to 40,000 tonnes of salmon that won’t reach markets,” Seafood Council analyst Paul Aandahl said. This means the algae may already have wiped out over £200m worth of fish in total. Similar algal blooms have been reported on the west coast of Scotland in recent weeks, and experts told The Independent the algae, believed to have killed thousands of fish in Loch Fyne, had come very early in the year. Hundreds of tonnes of dead fish were removed following the bloom, according to the BBC. Norway is the world’s largest exporter of salmon and the effect of the millions of deaths will likely see half the expected growth in salmon volumes wiped out this year as a result, while prices are likely to rise, said Lars Konrad Johnsen, an analyst at Fearnleys, an investment bank which specialises in maritime industries.

fish farming 13

Fish tanks in the south of Australia (2017)

“Providing the net effect is something in the area of 20 – 30 thousand tonnes, this means you lose around half of the growth that was to come this year – and that will no doubt affect prices,” Mr Johnsen told Reuters. Norway exported 1.24 million tonnes of salmon in 2018, up 2.5 per cent from 2017, according to data from Statistics Norway. This year Fearnley had expected a volume growth of around 4 per cent.

The colossal death toll comes as Mowi, the world’s biggest salmon farming company, which is also Norwegian, is being investigated over claims it has misreported the volume of chemical medications it uses to fight disease at its Scottish salmon farms.

Overuse of chemicals has disastrous impacts on the surrounding marine environment. Farmed salmon stocks are already collapsing due to infestations of sea lice, which have in turn affected wild stocks.

Last month, Mowi revealed the amount of gutted salmon it produced from Scottish waters had fallen by 36 per cent in a year, with infestations of sea lice and disease blamed. Open-net salmon farms, alongside climate change and soaring demand for salmon are all blamed for impacting wild salmon populations, which have dwindled to the lowest levels ever recorded. There are now no commercial wild salmon fishing stations operating in the UK due to the collapse in numbers. “We had a major bloom here in upper Loch Fyne a fortnight ago,” Alastair Sinclair, the national coordinator for the Scottish Creel Fishermen’s Federation, told The Independent.

He said the overall impact of salmon farming was having a serious effect on the marine environment.

 

 

“It’s a huge risk to the inshore fishing industry in the sense that these farms are generally sited in sea lochs which historically have been known as breeding and spawning grounds for every species you could imagine.” “There’s basically no fish stocks left on the west coast. It’s become almost a marine desert, and the use of these chemicals (from the salmon farming industry) has not helped the situation – they are exacerbating it.” He added:

“There are many concerned communities on the west coast where salmon farming takes place, who are worried the future has not been thought of here… We’re all pretty worried.”

 https://www.independent.co.uk/environment/salmon-farming-norway-algae-killed-fishing-seafood-council-a8

 Also read the situation with DAFF in South Africa:

Fisheries department rots from the top

By Kimon de Greeff
 
A factional war lays bare a culture of corruption


"South Africa’s fisheries authority is in a state of crisis, paralysed by a factional war between its two most senior officials and hollowed out by a culture of corruption.

This has left the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries (DAFF) unable to perform many of its most basic tasks, including allocating fishing rights and enforcing regulations. An exodus of skilled staff, including top scientists, has aggravated the problem.

As a consequence, the fisheries sector, a critical pillar of the Western Cape’s economy, is plagued by deep dysfunction, a state of affairs that disproportionately affects poor people. Government programs intended to uplift fishing communities — now hotbeds for abalone and crayfish poaching — have repeatedly stalled.

The rot at the department, entrenched for many years, has been laid bare by a power struggle between director-general Mike Mlengana and his deputy, Siphokazi Ndudane. Even the minister for the department, Senzeni Zokwana, has become embroiled in the dispute, siding with Ndudane.

Kreefs

 

Over the last 18 months, their rift has played out in a bewildering sequence of suspensions, court cases and accusations of criminality. Reporters, law firms, unions and opposition politicians have been drawn into the fray, sometimes unwittingly being used for factional agendas.

The department has spent tens of millions of rands on legal fees for both officials, in some cases hiring opposing sets of counsel. In the last two years, the department has also commissioned at least three forensic reports into corruption, although even these have been tainted by allegations of improper influence.

From both sides, there are claims that the department has been “captured” by private interests, ranging from tenderpreneurs to abalone poaching syndicates. In this series, we review the evidence, based on court records, internal documents and more than a dozen interviews.

Instability and “looting”

A scientist by training, Siphokazi Ndudane was appointed deputy director-general of DAFF in February 2016, responsible for managing fisheries. She says she was the 11th person to fill the position in seven years. “My assumption is that the branch has to have instability for those who continue to loot the system,” she told GroundUp in a recent interview. “I was hoping to achieve order.”

This year, Ndudane was suspended for four months, accused by Mlengana of fraud, theft, extortion, forgery and other grave misconduct. Ndudane maintains that she is the victim of a smear campaign, orchestrated to sideline her and allow unfettered corruption at the department to continue. But some of the charges against her are troubling.

Mlengana himself was suspended last year on a range of charges, including allegedly steering a lucrative abalone processing contract towards his business partners. As soon as he returned to office, this April, Mlengana moved to oust Ndudane, but was temporarily blocked by Minister Zokwana.

Finally, in July, Mlengana placed Ndudane on precautionary suspension, revoking her access to the department. Ndudane took the matter to court — running up further legal costs — and returned to work, provisionally, in October. (The case is ongoing, but the judge ordered Ndudane to resume her duties.)

abalone1

Huge amounts of abalone worth billions of rands are almost weekly confiscated in the Western Cape. 

Beneath the tit-for-tat disciplinary and legal action is a deeper tussle for control of the department, which serves as gatekeeper to the fishing industry. Generating some R6 billion annually, fishing is big business in South Africa, with a wide array of companies and interest groups jostling for access. Then there is poaching, a shadow economy worth hundreds of millions more. According to Traffic, a nonprofit that monitors wildlife smuggling, poached abalone is South Africa’s third most valuable fisheries export, surpassed only by hake and squid.

With such vast sums of money at stake, the department has become a natural target for corruption. Like all government agencies, DAFF also issues tenders for big projects, ranging from construction to processing confiscated fish. At almost every level, the department has been compromised by graft, from low-paid fisheries inspectors right up to senior management. “There’s a fight to keep control of the network,” said Pieter van Dalen, the shadow minister for fisheries in the Democratic Alliance.

And in the battle between Mlengana and Ndudane, few people come out looking clean.

The abalone tender

Factions have existed within DAFF for years, industry insiders say. A “cabal” surrounding former minister Tina Joemat-Pettersson, for instance, was implicated in dodgy quota allocations and awarding a fraudulent fisheries patrol contract to Sekunjalo, owned by Iqbal Survé. Officials from that saga feature later in this series.

But the split between Mlengana and his deputy began with a suspicious abalone deal.

 

abalone

Since the mid-2000s, the national fisheries authority has sold off confiscated abalone, ostensibly to fund anti-poaching operations. Over time the process has become increasingly opaque, with little public oversight. In just the last decade, law enforcement agencies have reported some 4,000 abalone confiscations, averaging more than one daily. The bulk of that abalone, totalling several hundred tonnes each year, has been processed and auctioned to private firms.

In December 2016, DAFF awarded a contract to process and export 90 tonnes of abalone, priced at some R60 million, to a South African company called Willjarro. The department was to keep 70% of the money, paying Willjarro the rest. But Willjarro had no prior experience in the fishing industry, and had been added to the DAFF supplier database just a day before the tender was advertised. At the time, Willjarro also did not have necessary permits for processing or transporting abalone, technically disqualifying it from the bid.

On 19 January 2017, Willjarro’s importing partner, a seafood trader based in Hong Kong, deposited almost R7.5 million into a DAFF bank account — payment for the first batch of dried abalone. A day later, a rival South African company, Shamode Trading, launched an urgent application to review the tender, and within two days Minister Zokwana had suspended the contract.

What followed was a complex and acrimonious series of court cases involving DAFF, Willjarro and Shamode. In parallel, the department commissioned two separate investigations into the tender process.

One report, produced by a company called The iFirm, eventually implicated several senior DAFF officials in colluding with Willjarro, including the chief financial officer, Jacob Hlatshwayo, an acting chief financial officer, Zoliswa Lufefe, and two heads of supply chain management. In one email, sent after concerns were raised about the contract, an official named Noyoliso Pinda urged Willjarro to “destroy the evidence.”

The other report, by law firm Sizwe Ntsaluba Gobodo, found that the tender process had been “weak,” noting several troubling departures from protocol.

It was on the basis of these reports that Minister Zokwana suspended Mlengana, the director-general, in June 2017, among other things charging him with failing to disclose a business relationship with Wiljjarro’s boss, Gershom Ramazan. (Another company of Ramazan’s, Cropland Agricultural Equipment, has been implicated in a separate DAFF scandal, accused of misappropriating drought relief funds in 2017.)

But in return, Mlangana alleged that The iFirm had itself been appointed via an improper tender process, and that he had only been suspended for refusing to sign off on the contract. The iFirm report cost the department just over R500,000.

DAFF has now commissioned a third report into the Willjarro matter, by attorneys Cheadle Thompson & Haysom. Notably, to date no report has directly accused Mlengana of interfering in the Willjarro tender, or of being in business with Ramazan.

Meanwhile, in court, Willjarro was fighting to have its contract reinstated. The company’s Hong Kong buyers had paid for abalone that could no longer be legally exported, and Willjarro was in a difficult position. Four tonnes of product, already processed, was stuck at their factory premises in Gansbaai harbour.

Then, on 24 September 2017, the factory was robbed, with nearly 1.5 tonnes of dried abalone stolen. At standard export prices, or R2,500 per kg, the loss was worth more than R3 million. (The Willjarro contract had been priced at a substantial discount, possibly due to the large quantity of abalone involved.)

At the time, three separate sources connected to the abalone underworld told me that they suspected an inside job by Willjarro, using the pretence of a break-in to smuggle the abalone overseas. Willjarro has denied any involvement in the robbery and even accused Shamode, their rival, of arranging the heist. To date there have been no arrests in the case.

By mid-October, the remaining abalone was back in the department’s warehouse in Paarden Eiland, after DAFF obtained a court order forcing Willjarro to return it.

But the saga of Willjarro’s abalone — and the fight it provoked at DAFF — was only beginning.

Read more here:  

"https://www.groundup.org.za/…/fisheries-department-rots-t…/…

 

 

Related Articles: