Wolwedans Game Farm Ponto Grille and Carvery Property Pointer Top Up Service Station Reflexions Professional Hair Delfinos.Passion for food-Passion for life Skorpios Security Oyster World Beach House Restaurant

 

MosselbayonTheline | First With The News

MIN mense sal kans sien daarvoor om elke dag vanaf jou voorstoep met sy pragtige see-uitsig vas te kyk in die stof, gewoel en geraas van 'n oorlaaistasie vir swaar voertuie reg voor jou huis  . . . en dan praat ons nie eens van die brand- en misdaadgevaar en vernietiging van die strandveldse fynbos in die bewarea nie.

 

Tergniet9

Dit is die groeiende frustrasie  en probleem waarmee huiseienaars in Wag 'n Bietjie-singel in Tergniet nou sit nadat hulle meer as tien jaar gelede dié kuserwe oorkant die groenstrook en Erf 271 gekoop het.

Johan Grobler was een van dié huiseienaars wat in 2005 en 2006 twee erwe aangeskaf het nadat hy destyds verseker is dié groenstrook op die padreserwe sal nooit ontwikkel of bebou word nie. Die paar trokke wat elke dan en wan goedere op Erf 271 oorgelaai het, was destyds so sporadies dat dit skaars opgemerk is. 

Nou is Impalaweg en dié pad voor hul huise egter 'n besige "hoofweg" en word dié oorlaaisone boonop vergroot en afgemerk as 'n amptelike stilhougebied sodat enige voertuie en trokke dag en nag daar parkeer en boonop die gebied as 'n vullishoop en toilet gebruik, wat die situasie onveilig en onhoudbaar maak.

Tergniet4

Boonop is daar blykbaar al jare lank 'n dispuut tussen die Garden Route Distriksmunisipaliteit en die Mosselbaai munisipaliteit oor aan wie dié betrokke Erf 271 nou eintlik behoort. As dit wel aan die GRDM behoort, sal dit uiters vreemd wees dat een enkele erf langs die Tergniet-kuslyn nie onder Mosselbaai se jurisduksie val nie . . . ?

Inwoners wil ook weet watter reg die Mosselbaai munisipaliteit dan het om besluite oor Erf 271 te neem as dit wél aan die GRDM behoort en hoe lank dié interregeringsdispuut nog gaan sloer. 

Tergniet5

Talle briewe, versoeke en vertoë aan die Mosselbaai Munisipaliteit om dié oorlaaisone na 'n ander onbewoonde gebied te verskuif, het tot dusver geen oplossing gebring nie. In briefwisseling met die munisipaliteit wat in ons besit is, word bloot genoem dat 'n lugfoto van die gebied toon dat dié oop stuk grond op die padreserwe al in 2004 as 'n oorlaaisone gebruik is en dat kopers destyds hul huiswerk moes gedoen het om te weet van die oorlaaisone. 


Tergniet lugfoto

Inwoners se besware dat daar in 2004 nog geen huise of ontwikkeling in die gebied was nie, dra blykbaar ook geen water nie. Omgewingsbewaarders en -kenners se besware dat dié groenstrook 'n biome van skaars inheemse fynbos is wat toenemend deur die swaarvoertuie vernietig word en erge stofbesoedeling veroorsaak, het tot dusver ook op dowe ore geval. 

Christo Botha, 'n ander huiseienaar wat in 2008 sy erf gekoop het - juis oor die stil omgewing en onbelemmerde see-uitsig - meen dis onregverdig om nou te sê kopers moes destyds geweet het van die informele "oorlaaisone" as geen agent of iemand hulle daarvan vertel het nie.

 

"Hoe moes ons destyds daarvan geweet het? As ek geweet het hulle beplan 'n groot, formele stilhouplek en oorlaaisone reg voor my huis, sal ek mos nooit hier gekoop het nie?"

 

"Boonop was ons erwe baie duurder as dié agter ons - juis oor die see-uitsig en omdat ons verseker is dat niks op die groenstrook gebou of gedoen sal word om ons uitsig en die rustigheid van die omgewing te belemmer nie!" 

 

Tergniet Johan en Christo

Christo Botha (links) en Johan Grobler op Christo se stoep met die onbelemmerde uitsig oor die see en groenstrook wat huiseienaars in Wag 'n Bietjie-singel destyds oorreed het om juis hier te kom koop en aftree. 

 

Boonop is die area op die padreserwe nou vergroot tot 30 m x 18 m en lê teer en olie oral op die oppervlak waar fynbos vroeër geil geblom het.

Tergniet3

In die jongste terugvoering van munisipale kant is gesê dat die oorlaaisone op die padreserwe nie geskuif of verklein gaan word nie, maar dat kennisgewingborde oorweeg sal word wat die maak van vure, rommelstrooiery en leeglêery verbied soda wetstoepassers kan optree. Huiseienaars meen egter sulke kennisgewingborde sal geen impak hê om leeglêery en misdaad te bekamp nie en die brandgevaar is ernstig omdat mense wat daar parkeer gedurig hul sigaretstompies daar rondstrooi. 

 

Tergniet lugfoto2

Inwoners meen nie net word hul privaatheid geskend deur mense wat dag en nag reg oorkant hul huise parkeer en die area bespied nie, maar hul veiligheid en gesondheid word ook bedreig deur só 'n openbare stilhouplek weens die voortdurende geraas, stof en besoedeling van swaarvoertuie op hul drumpel.

Tergniet10

Die oorlaaisone is vroeër vanjaar met die aanvang van die padbouwerke in Klein-Brakrivier tydelik verskuif na 'n area naby die tennisbane in Klein-Brakrivier. Johan en ander huiseienaars het in dié tyd uit desperaatheid die oop sone voor hul huise met pale en kleeflint afgesper om te keer dat voertuie langer daar parkeer. Hulle het ook die vernielde plantegroei en fynbos wat deur die swaarvoertuie platgetrap was, probeer herstel.

Dié "onwettige" strukture is intussen deur die munisipaliteit verwyder en die gebied word nou afgesper met houtpale. 

Tergniet2

Hieronder is uittreksels uit korrespondensie tussen die huiseienaars, Mid-Brak Bewarea en die betrokke munisipale departementshoofde en raadslede oor die kwessie:

11 Apr 2019:  

Dear Midbrak Conservancy: 

The letter request of 11 March refers. Since then we have instructed HENRA to relocate from Erf 271 and re-establish somewhere else, and they also cleaned up as was confirmed by Warren. See attached, the disturbed area on Erf 271 has been established long-long ago, prior to 2004, before roads / houses were established in Wag-n-Bietjie Singel. Meaning that this cleared area has been there at least 15 years, and residents that bought & build in surrounding streets knew about the cleared space & activity.

So we are not clear as to why this has become a ‘’problem’’ all of a sudden?  This space is one of the last remaining disturbed spaces suitable for heavy vehicles to operate, without having to navigate the smaller/narrower streets. So we are in support of this specific space being utilised, instead of a new space being established informally by suppliers elsewhere.

Feedback on the letter points raised

  1. We take note, MBM is always appreciative of efforts by the public to get involved in environmental matters, however MBM sometimes needs to take a pragmatic view of certain issues. As indicated in the attached aerial maps the area has been in its current disturbed site since at least 2004. The Botanical Survey conducted by Dr Mark Berry, also identified it as a disturbed area and it was not included in the areas that were deemed as being conservation worthy.  
  2. We are in no position to comment on this suggestion
  3. Within the road reserve, the public has the right to stop. The Survey conducted by Dr Mark Berry suggested that erf 271 is still performing an ecologically important function irrespective of the disturbed areas. The argument of the truck stopping/reversing in the disturbed area is thus not necessarily directly contributing to the further degradation of the erf. The Road reserve is 30m wide and at that point approx. 18m measured from the asphalt edge.
  4. There is a need to ensure that the extent of the already disturbed portion of erf 271 is not increased, by the truck stop activity. So we will consider the option of demarcating the Road Reserve boundary in order to stop this.

We noticed that since the letter residents (we assume) have planted the poles and danger tape without consent from the Municipality. Please note that this is in violation of our Street-By Laws and will be removed shortly. Our Greatbrak Superintendent will plant wooden poles 1m high, painted white on the road reserve to ensure activity does not go past this boundary. We hope this resolves the matter. We will monitor the activity going forward.

29 April 2019:

Christo Botha skryf: 

I live in 77 Wag n Bietjie Crescent, overlooking Erf 271. 

There are 5 households involved, being numbers 71, 73, 75, 77 and 79.  All overlooking the gap in 271. I have been given proxy to discuss this issue with you by all of the above, as we live here and are all affected.  

   
I have read your latest e-mail and gather you intend to demarcate an area of 30 meters by 18 meters, which we all find unacceptable as it will simply result in a ‘truck stop’ which we have to face daily.  Over and above the fact that cars stop there during the night and criminals can easily use it as a vantage point to watch movements in households.

I have personally asked a guy to please move as he was parked there at 23h00 at night for longer than an hour. We all know the hazard of fire as the whole area is covered in twigs and dead leaves. These days people stop and relieve themselves in the bush, as it seems convenient to park there. The pics you show, taken in 2004 is not relevant as no houses were built at that time. 

I understand that it is a reserved area and yes, people can pull off, but why in front of  5 households? Why not move the gap 200 meters towards Groot Brak where there are no houses?  

Why such a large area of 30 x 18? A car only needs maximum of 4 meters from the asphalt to park safely. The area you want to demarcate is big enough for big trucks which simply just destroy the fynbos.

We, as residents, with the help of conservancy are more than willing to replant, at our cost, to close the gap. 

There are no signs stating ‘no dumping’ ‘no overnight’ ‘no smoking’ or whatsoever.

We all bought here because of the view and the greenbelt and were all told there will never be built, but now we have to face cars, trucks just simply parking, dumping stuff, using it as a toilet and rubbish bin.  Not very pleasant or safe.  

I would like to arrange an appointment to come and discuss this matter on behalf of the 5 households concerned. Kindly let me know at your earliest when is a suitable date and time.

Thank you 

Kind regards. 

C.Botha.   

Reply:

Subject: RE: Continued abuse and degradation of erf 271

Dear Mr Botha

  • Please note that feedback was a combined effort between our HOD, our Director and ECO Warren.
  • We are not in support of ‘’shifting’’ the spot because the cleared area have been there since 2004, long before residents.
  • The aerial photo of 2004 is relevant because owners that have bought/build there should/must have made themselves aware of surroundings
  • The road reserve remains the road reserve, we cannot narrow a reserve to suit individual liking, we need to consider the greater community/building activity also.
  • Yes, the possibility of notice boards can be discussed, so that Traffic can intervene when required, our HOD will consider this.
  • You may schedule an appointment through Ms Helene Bailey to coordinate a suitable time for all CC’d.

  Tergniet11

 Tergniet12

 

Tergniet8

 

 

Tergniet lugfoto1

 

 

Related Articles:
Jazz is well and alive in the Bay - the MOSSEL Bay!
 
A huge crowd rocked up to support their favourite musos at the Bravo Lounge on Sunday eve where five local bands auditioned for a spot at the third MosJazz Festival to be held from 28 November to 2 December 2019.
 
jazsharlton5
 
Henrico de Jongh of the popular Mossel Bay jazz band Ocean Breeze that was chosen to perform at the third MosJazz Festival later this year. Photo: Sharlton Groenewald.
 
The venue at the Garden Route Casino was jampacked and people had to queue outside as it quickly filled up after the first jazz sounds reverberated throughout the building. Five bands from the Southern Cape region came to strut their jazzy stuff to compete for an opportunity to perform at the third MosJazz festival. 
 
jazsharlton4
 
South African superstar singer Jarrad  Rickets was a surprise performer with the popular local band GMinor.
 
jazsharlton1
 
Clarence Ford, executive director of Camissa Solutions who hosts MosJazz, was impressed and said they were happy with the local talent on display at the auditions. 
“We have seen some excellent progress in the standard of music during the past three years. It is clear that the local bands are working hard at developing their craft.”
 
 
“Mossel Bay is the right place for the biggest Beach Jazz Festival on the African Continent. Bring your swimming trunks and prepare for a stage in the sea, warm seawater, and one of the most temperate climates on earth. Did you know Mossel Bay compares to Hawai on the weather front?"
 
 
jazsharlton2
 
The first artists to perform at the third MosJazz festival were also announced on Sunday night - Jarrad Rickets, Jimmy Dludlu, Kurt Darren, Salome, Claire Phillips, Signature SA, Allistair Izobel, Late Final, Sons of Sellassie, Ocean Breeze, DONVINO (Make it Funky), GMinor, Leslie Kleinsmith, Ernie Smith, N2, Lee Stagg, Brent Krus and MORE. The names of more artists will be released in July.
 
jazsharlton3
 
A close-up of Caleb Daniels of the local band GMinor who will be performing at the third MosJazz festival later this year. Photo: Sharlton Groenewald
 
Campsites and weekend passes are selling fast. Camp by the sea and walk to the stage. Campsites exclusively from De Bakke Santos Resort, Mossel Bay on  044 690 3760. The festival takes place from Thursday 28th November to Monday 2nd December 2019. Prepare to be Inspired!
 
Lovetta Bolters, Camissa’s CEO, thanked the locals for their continued support and said without the support of the public, municipality and local businesses MosJazz cannot happen.
 
jazbands2
 
Lovetta Bolters and Clarence Ford of Camissa Solutions in jazzy spirit with their media man Andrew Koopman and friends. (More photos on our Facebook page):   
https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2425798640984722?
 
“We are here to build long-lasting relationships with all role players, particularly the entrepreneurs, and job creation is a big focus for us.
“That is why we will be back here in September with the Cape Peninsula University of Technology to offer entrepreneurship classes. Imagine the next port engineer comes from the local community!”
 
Two local bands, Ocean Breeze and GMinor, are already included in the lineup for MosJazz. Ford said Camissa Solutions are the biggest investor in local talent in the Western Cape except for the government.
 
jazbands17
 
The popular Mossel Bay group Ocean Breeze in action. 
 
 
“We will continue to promote local bands and music and afford them the opportunity to share the stage with more established South African and international musicians. That would help them to expand their musical horizon.”
 
 
 
jazsharlton
 
 Videographer Dexter Brinkhuis capturing the music and magic . . . Photo: Sharlton Groenewald. 
 

Forms for campsites for the 3rd edition of MosJazz Festival are available now from De Bakke Santos Resort exclusively. Call 044 690 3760, email This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. or get more information at https://www.facebook.com/groups/mosjazz/

BOOK NOW: 

Campsite prices for 4 nights - R5400 for 6 people and 2 cars and includes access to the festival.
It is R7200 for 8 people and 3 cars and includes access to the festival.

 jazbands9

Jazz lovers enjoying the music and ambience at Sunday night's successful launch and auditions for the third MosJazz Festival. 
 
 
 Also, check our previous posts / photos of the MosJazz Festival: 
 
 
 
Related Articles:

In 'n meningspeiling wat Maroela Media vandeesweek gedoen het oor wat lesers beskou as die grootste oorsaak van die verval van die land, het verreweg die meeste lesers politici uitgewys as die grootste sondebokke - meer as werkloosheid, misdaad en armoede.

Die rol van party-politiek in plaaslike regering en hoe dit gemeenskappe benadeel, word ook al hoe meer bevraagteken. Die publike soek toenemend groter insae en moniteringsfunksies in munisipale besluite en die aanwending van die begroting omdat "munispale bestuurslui die gemeenskap moet dien en nie hul eie sakke en politieke loopbane moet bevorder nie".

Die streng nuwe maatreëls ten opsigte van munisipale kostebesparing wat die minister van finansies, Tito Mboweni, ingestel het, is wyd verwelkom omdat dit hopelik sal voorkom dat belastingbetalers se geld langer misbruik word. Mboweni het die nuwe kostebeparingsregulasies op 7 Junie in die Staatskoerant gepubliseer. Dit tree op 1 Julie 2019 in werking en hou onder meer verband met die gebruik van ampsmotors, kredietkaarte, reis en verblyf, borgskappe, funksies en spyseniering, asook die aanstel van konsultante. * Berig onderaan. 

Tito Mboweni.1jpg

In die gewilde RSG-radioprogram Praat Saam met die bekroonde radio- en TV-joernalis Lynette Francis op 5 Junie 2019 is die kwessie van wanadministrasie en party-politiek in plaaslike owerhede, asook die rol van raadslede en die publiek se frustrasies kaalvuis bespreek. Gassprekers en inbellers het nie geskroom om te erken dat party-politiek NIE in munisipaliteite hoort nie en meesal ten koste van die belange van die gemeenskap is.

Lynette Francis1

Een inbeller, Steve Dreyer van die Strand, met jare lange ervaring in plaaslike en provinsiale bestuur, het gesê: "Niemand kon my nog oortuig hoekom munisipale raadslede op politieke grondslag verkies moet word nie. Munisipaliteite werk met water, riolering, strate en ligte. Wat maak dit saak aan watter politieke party jy behoort om hierdie goed vir jou gemeenskap te doen? Lede van belastingsbetalersverenigings moet self kandidate benoem, want hulle weet wie die werk doen.  

"Ek dink alle nonsens op plaaslike regeringsvlak het begin sedert raadslede op politieke grondslag gekies word en hemelhoë salarisse betaal word."

In die radioprogram is gefokus op die plaaslike verkiesing van 2021 en wat die rol van raadslede en plaaslike regering is  in die uitvoering van nasionale beleid. Wanadministrasie, korrupsie en munisipaliteite wat onder administrasie geplaas moet word, is besig om die land lam te lê. Dit volg ook ná Woensdag se bloedbad in die munisipale raadsaal in Vryburg, Noordwes, toe oproeriges ingestorm en verskeie raadslede met messe en gordelgespes toegetakel het. Cliffton Groep, speaker van die Naledi-munisipaliteit wat die gebied bedien, en verskeie ander raadslede moes hospitaalbehandeling vir die messteke en oop wonde ontvang. Lede van die vakbond Samwu is glo vir die aanval op raadslede verantwoordelik omdat kontrakwerkers vaste aanstellings by die munisipaliteit geweier is weens geldtekorte. 

https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/kyk-chaos-na-mesaanval-op-raadsvergadering-20190613?f

Politieke aanstellings en die verantwoordelikhede van raadslede is bespreek en van die vrae wat na vore gekom het, is: "Het ons hoegenaamd raadslede nodig? Hulle is 'n nul op 'n kontrak."

"Hoe het dit gekom dat burgemeesters soveel geld verdien - vroeër was dit 'n eer om die gemeenskap te dien en het dit niie oor geld gegaan nie." 

"Eers wanneer die hemelhoë salarisse en vergoedingspakkette wat raadslede verdien, weggeneem word, sal die ware leiers wat die gemeenskap WIL dien na vore kom."

 

Herman Bailey1  Harlan Cloete

Herman Bailey (links), voormalige uitvoerende burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit en dr. Harlan Cloete, buitengewone lektor aan die US se skool vir publieke leierskap, was die gassprekers op die Praatsaam-program. 

Van die punte wat bespreek is, is die publiek se frustrasie met raadslede wat nie hulle kant bring nie; ontnugtering oor die hemelhoë salarisse/vergoedingspakkette wat munisipale bestuurslede deesdae verdien ongeag hul prestasie; die gebrekkige kommunikasie, ondeursigtigheid en arrogansie van munisipaliteite om lede van die publiek in die duister te hou oor belangrike aangeleenthede; en die politieke magspeletjies in raadsbesluite sodat die belange van die heersende politieke party bo die belange van die gemeenskap gestel word. Groter deursigtigheid, insae en deelname deur die publiek word onder meer geëis.

Sterk kritiek is ook uitgespreek dat raadsvergaderings voorafgegaan word deur koukusbesluite van die heersende politieke party sodat raadsvergaderings eintlik 'n klug is omdat die besluite reeds geneem is. Alternatiewe standpunte en voorstelle van ander raadslede word dus bloot verwerp, hoewel dit dikwels tot groter voordeel van die gemeenskap is.

"Raadslede glo hulle kan maak en breek soos hulle wil. Hulle het nou belangriker geword as die mense wat hulle dien."

Groter insae en die monitering van die begroting en projekte deur die gemeenskap is ook bepleit. 

Luister gerus hier na twee potgooi-uitsendings waarin die kookwater-joernalis en aanbieder van Fokus op SABC2 en Praat Saam op RSG, Lynette Francis, dié omstrede onderwerp kaalvuis takel. 

Lynette Francis op Praat Saam - Dis die een. 

Lynette Francis 4

 

Potgooi - praat saam met Lynette Francis.

   

Stokkie voor dié soustrein wyd verwelkom

Deur Philda Essop 12 Junie 2019 21:19

Die stokkie wat voor die “munisipale soustrein” gesteek is, is Woensdag wyd verwelkom omdat dit ’n einde kan bring aan die misbruik van belastingbetalersgeld wat in sommige gevalle “verregaande en totaal ongeregverdig” is.

Stemme het ook opgeklink dat die munisipale kostebesparingsregulasies wat op 1 Julie van krag word na álle regeringsvlakke uitgebrei moet word.

Tito Mboweni, minister van finansies, het die streng nuwe regulasies vir kostebeparing op 7 Junie in die Staatskoerant gepubliseer. Dit hou onder meer verband met die gebruik van ampsmotors, kredietkaarte, reis en verblyf, borgskappe, funksies en spyseniering en konsultante.

Tito Mboweni minister van finansies

Die regulasies bepaal onder meer dat:

  • ’n Amptenaar of politieke ampsdraer van ’n munisipaliteit gebruik moet maak van die munisipale vlootmotors
    voordat uitgawes aangegaan word om ’n motor te huur; dat daar van openbare vervoer of pendeldiens gebruik gemaak moet word as die koste van só ’n diens goedkoper is as om ’n motor te huur, die koste van die kilometers wat geëis kan word deur ’n amptenaar of politieke ampsdraer en die koste van parkering.
  • Die perk vir die aankoop van motors vir gebruik deur politieke ampsdraers nie R700 000 of 70% van hul totale
    jaarlikse vergoedingspakket vir eie verskillende grade van munisipaliteite oorskry nie;
  • Geen kredietkaarte sal voortaan deur munisipaliteite aan enige amptenaar, politieke ampsdraer of direksielede van munisipale entiteite uitgereik word nie;
  • Vliegkaartjies in ekonomiese klas sal vir alle vlugte van vyf ure en minder gekoop word;
  • Spysenieringskoste mag aangegaan word vir vergaderings, konferensies, werksessies, kursusse ensovoorts, mits dit langer as vyf ure lank duur.
  • Munisipaliteite mag nie alkohol koop nie tensy die koste van die verkoop daarvan verhaal word.
  • Vermaaklikheidstoelaes vir kwalifiserende amptenare mag nie meer as R2 000 per jaar beloop nie.
  • Die verantwoordbare beampte moet verseker dat toelaes aan amptenare vir private oproepe en datakostes beperk word tot ’n bedrag soos vasgestel is deur die aanspreeklike beampte in die kostebesparingsbeleid van die munisipaliteit of munisipale entiteit; en
  • Die advertering van munisipale verwante aktiwiteite asook die gebruik van konsultante word ook beperk.

Kevin Allan, besturende direkteur van Municipal IQ, het Woensdag by navraag gesê dié regulasies is “tydig en noodsaaklik” omdat daar baie misbruik van geld op munisipale vlak wat soms “verregaande en totaal ongeregverdig” is.
Hy het die baie spesifieke besonderhede in die regulasies verwelkom. “Die besonderhede wat in die regulasies uiteengesit word, is belangrik. Hoe meer besonderhede daar is, hoe beter, want dit beteken daar is minder kans vir mense om te sê daar is ’n grys gebied in die regulasies. Ek hoop dat dit sal werk juis omdat die regulasies so spesifiek is.”

Nóg ’n rede waarom Allan dink die regulasies sal werk, is vanweë die verantwoordelikheid wat dit op die aanspreeklike beampte plaas. “Daar is een spesifieke klousule in die regulasies wat lui dat die aanspreeklike beampte én die
oortreder verantwoordelik gehou sal word as die regulasies oortree word.”

Die ander goeie aspek van die regulasies is volgens Allan dat munisipaliteite verplig word om ’n kostebesparingsbeleid te hê en dat dit op sy webwerf gepubliseer moet word.

“As jy dus sien dat ’n burgemeester van 'n arm dorp met ’n Porche Cayenne rondry, kan jy gaan vasstel wat die kostebeparingsbeleid van daardie spesifieke munisipaliteit bepaal.”

Die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid het ook die vasklamping op die “burgemeesterssoustrein” en
ander verkwistende uitgawes deur munisipaliteite verwelkom. Geoff Jacobs, president van die kamer, het die
regulasies as die “beste nuus in weke” beskryf. “Bykans twee derdes van ons munisipaliteite is wanfunksioneel
of in finansiële nood en dit is hoog tyd vir ferm optrede.”

gravy train

Met verwysing na die R17 miljard wat munisipaliteite aan Eskom skuld, het hy gesê dit lyk asof baie munisipaliteite geld vir elektrisiteit invorder, maar dit word bestee aan ander projekte “wat nie net verkeerd is nie, maar ook oneerlik”.

Mohammed Lorgat, direkteur van ouditondersteuning by die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsorganisasie (Salga) het gesê die organisasie steun oorhoofs die regulasies en verstaan die rasionaal daaragter. 

“As ons kan koste sny, is dit goed. Dit kan egter nie een grootte wees wat almal pas nie. Die gebruik van openbare vervoer kan in metro’s werk omdat dit stelsels goed ontwikkel is, maar dit kan dalk nie werk in die Gariep-distriksmunisipaliteit waar die afstande groot is en die enigste vorm van openbare vervoer ’n taxi is nie.”

Hy glo egter dat die regulasies ook op sowel provinsiale as nasionale vlak van toepassing moet wees.

Dié standpunt word ook deur die DA gesteun.
Geordin Hill-Lewis, DA-LP, het die nuwe regulasies verwelkom, maar glo dit moet verder as munisipaliteite strek. Hy beplan om aan Mboweni te skryf daaroor.
“Strenger kostebesparingsmaatreëls behoort uitgebrei te word na alle regeringsfere en staatsentiteite en daar behoort werklike gevolge te wees vir mislukking om daaraan te voldoen.

“Met baie nuwe ministers en adjunkministers sal daar ’n spul bestellings vir duur nuwe motors en opknappingswerk by kantore en huise wees. Dit behoort nou stopgesit te word.”

https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/stokkie-voor-die-soustrein-wyd-verwelkom-20190612

 Verwante artikels:

 

Related Articles:

♫ Daar's 'n trein tjoeketjoek-tjoeketjoek, daar's 'n trein tjoeketjoek-tjoeketjoek - dis die trein op die Mosselbaai-spoorlyn ♫

train6

Daar is iets magies aan die rou skoonheid van 'n ou stoomlokomotief wat nostalgiese emosies in almal wakker maak . . .'n soort romantiese heimweë en 'n hunkering na vreemde plekke en vervloë tye van eenvoud en krag toe masjiene nog gebou was om te hou - van yster en staal . . . onbreekbaar, veilig, standvastig en betroubaar.

Dis 'n emosie wat skrywers en digters aanspoor tot talryke liedjies oor dié statige ou kragreuse op die spore na êrens . . . of nêrens. 
Sedert Frans en Sannie Briel in die 1950's die treurige rock-liedjie Trein na Pretoria die lig laat sien het, het talle ander Afrikaanse liedjies met die trein-tema gevolg, waarvan Sonja Herholdt se 1988 "7 single" Kimberley se Trein, Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock se 1991-treffer Tussen Stasies en Sonja Herholdt se treffer Trein na Matjiesfontein (1992) seker dié bekendste is, gevolg deur die rocklegende Piet Botha wat onlangs oorlede is, se jongste album Die Middernagtrein wat verlede jaar uitgereik is.

trein Jessica foto Muriel Eddy

Die stoomlokomotief Jessica is een van drie van dié ikoniese ysterperde wat aan die Ceres Rail Company van Derick du Toit behoort en gereeld deur Mosselbaai se span hersien  word nadat hulle dit oorspronklik gerestoureer het. Foto: Muriel Eddy.

Die era waarna stoomtrein-liefhebbers hunker, is miskien vir ewig verby, maar dié ou kanniedood-ysterperde herleef toenemend in die Wes-Kaap - danksy die kundigheid van 'n Mosselbaaise span kenners wat sedert 2015 dié ou staatmakers wat iewers in vergetelheid op 'n stasie stof vergaar het, een vir een tot hul volle glorie herstel en restoureer sodat hulle weer die spoorlyne opnuut laat tril.

Robert (Bobby) Rudman en sy span van nege helpers by die Voorbaai Lokomotief-depot het sedert 2015 al ses van dié vergete stoomlokomotiewe laat herleef. As jy gedink het liedjieskrywers is passievol oor treine, moet jy 'n klomp ou treindrywers en vakkundiges uit die SA Spoorweë se dae bymekaar kry . . .   

train14

Vrydag is die 19B-klas Bailey-stoomlokomotief - een van drie stoomlokomotiewe van die Ceres Rail Company wat aan Derick du Toit behoort - weer op 'n toetsrit vanaf Voorbaai na Groot-Brakrivier geneem nadat Bobby en sy span haar onder hande gehad het. En het die toeskouers en saamryers dié trippie langs Mosselbaai se ongerepte kuslyn nou geniet . . .

train3

Die uitsig uit 'n trein vanaf 'n spoorlyn waar geen voet, fiets of voertuig kan kom nie, is onbeskryflik en jy sien dinge wat jy andersins nooit van sou geweet het nie . . .

Video: Ikoniese stoomlokomotiewe uit vergange dae herleef en word tot hul volle grasie en glorie in Mosselbaai gerestoureer.

 Onthou jy nog? Kuslyn tussen Groot-Brakrivier en Voorbaai . . .  Kyk hoe haastig is dié Bailey 19B-klas-spogtrein nou huis toe . . .  ! 

train1

Bobby, 'n afgetrede spoorwegman wat sy stoomtrein-tande in 1965 as vakleerling in die destydse Sydnam in Port-Elizabeth geslyp het voordat hy jare later in 1994 as produksiebestuurder van stoomlokomotiewe by Voorbaai begin het, se aftrede in 2010 toe die depot toegemaak het, was van korte duur.

Bobby Rudman


In 2015 het hy onverwags 'n oproep van Transnet gekry: hier is BAIE ou stoomlokomotiewe in die land wat opgebou, gerestoureer en weer aan die fluitgang gekry moet word . . . 
Dit was nie 'n moeilike besluit nie en sedertdien is Bobby as projekbestuurder en sy kundige span kliphard besig om dié pragtige spoor-strydrosse een vir een weer te laat sing op die spore . . . 

Mossel Bay's coastline from an iconic steam locomotive's view . . . 

* Die drie stoomlokomotiewe van die Ceres Rail Company - Jessica, Bailey en Dominique - is sedertdien 'n bekende gesig in Voorbaai, want alle stoomlokomotiewe se stoomketel-sertifikate moet elke drie jaar hernu word. 
Algemene herstelwerk word ook in dié tyd gedoen om seker te maak hulle stoom fluit-fluit terug Ceres toe waar hulle die kern van 'n florerende toerismebedryf is om toeriste op stoomtrein-besigtigingstoere in die Wes-Kaap te neem.

Fluit-fluit, ons storie is uit . . . maar die herlewing van dié stoomtreine in Suid-Afrika begin nou eers . . .

♫So ry die trein, so ry die trein♫

* Die Ceres-spoorlyn wat in die vroeë 1990's gebou is, is in 2012 weer oopgestel danksy 'n visie wat Derick du Toit sedert 2002 gekoester het en met behulp van Simon Beckett en Transnet uiteindelik kon bewaarheid. http://www.ceresrail.co.za/

 * 'n Soortgelyke visie om die Outeniqua-spoorlyn (Outeniqua Choo-Tjoe) tussen Mosselbaai en Knysna wat al langer as 'n dekade lank gesluit is weens destyds se oorstromings, weer te herstel, is tans in die pyplyn . . . 'n Mens kan net hoop? 

Nog foto's op ons Facebook-blad: https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2417981538433099?

 

ONTHOU JY NOG? 

https://www.youtube.com/watch?v=pSGvnoVONp0 (Trein na Pretoria)

https://www.youtube.com/watch?v=fJtEjWBMZNg (Kimberley se Trein)
https://www.youtube.com/watch?v=DcAVbLplZt8 (Trein na Matjiesfontein). 
https://www.youtube.com/watch… (Middernagtrein)

 

 

Related Articles:

The plight of the Mossel Bay Skipper Foundation to help six young local sailors to compete internationally and to show off Mossel Bay's talent in two prestigious world championships have inspired MosselbayonTheline to also help them to fulfill their dream.

sailing25 mooi

Since 2006, Rob and Elfie Holden have been training aspirant young sailors in Mossel Bay the tricks of the trade and instilled in them a lifelong passion for this wonderful sport. Accomplished sailors themselves who have competed professionally in various local and four world championships, the Holden couple moved to Mossel Bay in 2005 - one of the best sailing destinations in the world!

In the past 13 years, more than 800 local sailors of all ages and experience levels - including youth from underprivileged communities - were trained by this passionate couple. In 2016 they established the Mossel Bay Skipper Foundation which also offers World Sailing and SAS recognized sailing courses on Dinghies and Catamarans from beginner levels through to advance levels.

It is especially Mossel Bay's vulnerable youth who benefits tremendously by the Holden's initiative and sponsored training courses. Apart from technical and soft skills, the sailing environment also equips them with attributes such as commitment, discipline and ethics, which prepare them for national and international employment opportunities in the marine industry.

 

sailing10 sailors almal saam met Elfie

The young sailors are also encouraged to plough back into the Mossel Bay community by taking a gap year after matric to assist with the training of other young wanna-be sailors. Four of the former students are currently working abroad - training sailors in various countries. 

The six young local sailors - all from Point High and Sao Bras high schools - who will be competing in two World Championships are:

Juniors: 

Tera Team: Ashley Layland (14), Ruzaide Kannemeyer (17) and Jowayden Jacobs (15) who will be competing in the RS Tera World Championships from 4 - 9 August 2019 in Sweden. 

sailing Tera crew

Seniors: 

Topper team: James Bull (16), Waydon Goliath (17) and Bradon Kretzmann who will be competing in the Open World Championships from 22 - 26 July in Mendenblik, Holland, with their "sailing parents", Rob and Elfie Holden at Santos Beach.

 Sailing4 sailors met Elfie en Rob

 

                                                                SPONSOR A SAILOR

 

              cousins9 hennieMosselbayontheline Logo

                https://web.facebook.com/4-Cousins-Bar-Bites-Restaurant-194794711168415/   

                         

                                                          WIN A SHEEP COMPETITION

                                                                           2 June 2019 – 31 July 2019

Mosselbayontheline in conjunction with 4 Cousins Bar & Bites is hosting a Fundraising competition to help sponsor the expenses of 6 local young sailors to compete in two World Sailing Championships in Sweden and Holland respectively.

For each R100 you stand a chance to win one (or both!) of two sheep in aid of sponsoring 6 young sailors of the Mossel Bay Skipper Foundation to participate in the Open World Sailing Championships from 22 – 26 July 2019 in Mendenblik, Holland; and the RS Tera World Championships from 4 – 9 August 2019 in Sweden.

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/jong-mosselbaaiers-leef-rob-se-seildroom

Help these young ambassasors to uphold Mossel Bay’s name in the Sailing World!

Email or WhatsApp proof of payment and your preferred lucky number(s) from 1 to 150 to This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. or 084 240 1540. The name list will be updated and published regularly on mosselbayontheline and the draw will take place live on Wednesday 31 July 2019.

Banking Details:

T/A Mosselbayontheline (SPONSOR A SAILOR)

FNB Cheque Account No: 62781616796

Area Code: 210314

 

Practising hard and super excited . . . Waydon Goliath, Bradon Kretzmann and James Bull 

 

And OFF they go . . . training hard at superb Santos Beach for the World Championships to promote Mossel Bay's beauty and talent globally! 

 sailing voorblad1

 

 Also read: 

 

 

 

Related Articles: