Oyster World Delfinos.Passion for food-Passion for life Reflexions Professional Hair Ponto Grille and Carvery Top Up Service Station Property Pointer Wolwedans Game Farm Beach House Restaurant Skorpios Security

 

MosselbayonTheline | First With The News

Hennie en Melinda van Greunen het geen bekendstelling in die Suid-Kaap nodig nie. Dié paartjie kén van kosmaak, spitbraai en entertain en doen dit al jare lank sedert hulle meer as 23 jaar gelede met hul gewilde spysenieringsdiens M&H Catering  in Mosselbaai begin het.

Hennie en Melinda van Greunen 2

Hul "nuwe baba" - 4 Cousins Bar & Bites - in die Super Spar-sentrum in Da Nova bou voort op dié tradisie van 'n wye verskeidenheid keurige en liplekker-disse, uitstekende gehalte en professionele diens.

4 Cousins

By dié restaurant en kuierplek met sy ruim dek waar jy boonop 'n panoramiese uitsig oor Mosselbaai se uitgestrekte kuslyn saam met jou dop of tjop kan geniet, het jy 'n wye keuse van smullekker geregte  - van tradisionele Sondag-boerekos, hamburgers, vis en tjips tot afval en skaapkop!

4 Cousins6 3

Hennie se befaamde ribbetjie, biefstuk en lam- en hoender-spitbraaie is alom bekend en met 'n musikant of twee wat boonop musiek verskaf, word elke funksie 'n fees!

4 cousins12

Hennie en Melinda is bekend vir hul watertand-disse teen beskostigbare pryse vir lékker eet en kuier . . . 

4 cousins84 cousins11

Die restaurant met sy gelisensieerde kroegarea is ook ideaal vir spesiale funksies soos troues, verjaardagpartytjies en spesiale funksies, en kan tussen 60 tot 80 mense huisves - veral in sonnige weersomstandighede wanneer almal op die dek saamdrom om die uitsig en sonsondergang te geniet.

4 cousins7 2 

Hier word lekker gekuier met 'n prag-uisig oor die baai . . . 

cousins9 hennie

 Hennie agter die spit met sy befaamde lam-spitbraai soos Mosselbaaiers hom ken. 

4 cousins14 2

Spyskaart:

 * Keurige, bekostigbare maaltye wat wissel van smullekker hamburgers, vis en skyfies, rib, biefstuk en ligte etes wat bedien word met slaaie en groente. 

4 cousins9

 * Die spesiale Sondag-middagetes van tradisionele boerekos is veral gewild en sluit watertand-geregte in : sop, beesstert, lamsboud, hoender en ander vleisgeregte, gebakte aartappels, rys, slaaie, groente en gebakte poeding. Die Sondag-etes kan ook as wegneem-etes bestel word.

4 Cousins4

 * Daaglikse spesiale disse is ook as wegneemetes beskikbaar.

Tye:

4 Cousins is daagliks oop van 09:00 tot 22:00, behalwe Sondae van 09:00 tot 15:00. Verlengde ure geld in seisoentye.

 

4 cousins10

 

Spyseniering en spesiale funksies:

Kontak Hennie of Melinda gerus by 044 690 3332 vir spysenieringsdoeleindes soos buffet-etes, kaasborde (platters), spitbraaie of spesiale funksies.

 

4 Cousins3

 Spesiale skaapkop-etes en spitbraaie soos net Hennie en sy span kan doen, word gereeld op bestelling hier gehou.  Lees en kyk gerus hier hoe lekker dit op so 'n skaapkop-eetfees gaan: 

 https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2457233477841238?

skaapkop18

 couzins1

 Keurig en lekkerrr . . . 

4 cousins13 2

Super Spar-sentrum

Da Nova

Mosselbaai 

Tel: 044 690 3332

Facebookhttps://web.facebook.com/4-Cousins-Bar-Bites-Restaurant-194794711168415/

 

Related Articles:

Dit kos toe 'n Durbanse boykie en wannabe-sailor en sy stoere boeremeisie-vrou uit die goudmyndorpie Orkney in Noordwes om die seevaarder-oerbloed in Mosselbaai se jongklomp wakker te maak en hulle te leer hoe om die seile te span . . . en hul drome letterlik in alle windrigtings na te jaag - tot in die wêreldseë en wêreldkampioenskappe. 

sailing25 mooi

Kyk jy vandag na die passie en behendigheid waarmee bloedjong seiljagvaardertjies van Rob en Elfie Holden se Mosselbaai Skipper-stigting die Topper en Tera-bote woerts-warts strand toe karwei en binne minute die seile laat bol oor Santos-strand se waters, wens jy onwillekeurig jy het ook 'n Rob en Elfie Holden in jou skooljare geken . . . 

Ses tieners tussen die ouderdom van 14 en 17 jaar van Mosselbaaise skole gaan in Julie en Augustus onderskeidelik in Holland en Swede kragte meet teen die wêreld se bestes in die Ope Wêreldseilkampioenskappe en die RS (Resiesseil) Tera Wêreldkampioenskappe vir juniors. En hulle oefen dat die sweet en skuim spat - smiddae ná skool en naweke - want dis 'n gróót droom en die eerste trappie na 'n toekoms wat hulle golf vir golf klim.

Sailing4 sailors met Elfie en Rob

Die Topper-span wat van 22 tot 26 Julie aan die Ope Wêreldseilkampioenskappe in Mendenblik, Holland gaan deelneem saam met hul "seilouers", Rob en Elfie Holden. Van links is James Bull (16) van Hoërskool Punt, Waydon Goliath (17) van Sao Bras en Bradon Kretzmann (15) Hoërskool Punt. 

Rob se droom

Onder Rob en Elfie se aanmoediging en leiding. Eintlik was dit Rob se droom wat dié jongklomp nou namens hom uitleef. . .   

As Durbanse laaitie van 'n Methodiste predikant-pa was daar destyds nie geld om vir seilvaartlesse te betaal nie. Rob moes maar met die oë steel en kyk wat die manne op die bote doen om die wind te skep. Die seun met die seewater in sy are het egter nooit sy droom prysgegee nie - nie eens toe hy ná sy verpligte weermagjare sy trouvrou in Orkney, waar sy pa toe predikant was, in die kerkgange raakloop nie. 

Orkney is nou wel ver van die see, maar kort ná hul huwelik het hulle in 1995 oë toegeknyp, spaargeld afgeknyp en 'n 15-voet catamaran gekoop om op die Boskopdam in Potchefstroom en die Vaaldam te gaan seil.  Rob het basies homself geleer seil en sy geesdrif was so aansteeklik dat Elfie ook gou deur die seilgogga gebyt is. Hulle het in daardie jare kompeterend geseil en in hul 26 seiljare, aan vier wêreldkampioenskappe deelgeneem. Hul dogter, Tammy (21), het dié gogga met moedersmelk ingekry en het reeds twee keer die Protea-span by wêreldkampioenskappe in  Maleisië (2015) en Australië (2016) verteenwoordig. Sy help nou met afrigting by die stigting. 

Sailing1 Family foto

Mosselbaaiertjies se seiljagvaartouers. Tammy (21), Oliver (13), Elfie en Rob Holden. Sowat 800 aspirant-seiljagvaarders in Mosselbaai het die afgelope 13 jaar by die Holden-egpaar seillesse ontvang. Volgens 'n gesinsreël mag Oliver eers aan wêreldkampioenskappe deelneem wanneer hy 15 jaar oud is.  

Van Orkney na Mosselbaai

In 2005 het die Holdens Orkney se goudstof verruil vir Mosselbaai se uitgestrekte kuslyn en asuurblou waters - die ideale seilparadys. Toe Elfie net daarna swanger raak met hul seun, Oliver (13), het sy geweier om heeldag alleen huisvroutjie te speel terwyl Rob die kuslyn platseil. Die oplossing was toe 'n "seilskool" waar hulle hul passie aan jong kinders kon oordra en hulle terselfdertyd ook lewensvaardighede leer. Dit was die aldag maklik nie omdat die meeste kinders nie kon betaal nie. Rob het tussendeur geld verdien deur SA seiljagvaart-afrigters op te lei en Elfie het 'n aanlyn-winkel bedryf wat seiljagvaartklere en -benodigdhede verkoop. Tydens die 2008-resessie moes hulle die seilskool permanent sluit.

Mosselbaai Skipper-stigting

Rob het destyds gelukkig werk gekry as ontwikkelingsbestuurder by World Sailing en in 'n stadium voltyds afrigters wêreldwyd opgelei. Hulle kon weer begin seillesse aanbied en in 2016 het hulle die Mosselbaai Skipper-stigting gevestig.

In die afgelope 13 jaar het sowat 800 aspirant-seiljagvaardertjies hul kennis, vernuf en passie by die Holdens geleer. "Seiljagvaart is 'n wonderlike vaartuig om die jongklomp ook voor te berei op die lewe en kwaliteite soos verantwoordelikheid, aanspreeklikheid, onafhanklikheid en stiptelikheid te leer. Ons moedig hulle ook aan om terug te ploeg deur ná skool 'n jaar lank te kom help met afrigting. Vier van ons studente rig nou seiljagvaarders in verskillende lande af", sê Elfie.

sailing Tera crew

Die Tera-span wat van 4 tot 9 Augustus 2019 in Swede aan die RS Tera Wêreldkampioenskappe vir juniors gaan deelneem. Van links is Ashley Layland (14) van Hoërskool Punt, Ruzaide Kannemeyer (17) Sao Bras en Jowayden Jacobs (15) van Sao Bras. 

sailing16 sailors in water

Die Stigting het vanjaar 'n groot terugslag beleef toe hulle noodgedwonge in Februarie hul perseel by die Mosselbaai Boot- en Seiljagklub moes ontruim nadat dié Portnet-eiendom aan die maatskappy Mossel Bay Waterfront verhuur is. 

Sedertdien moet al hul bote - wat sowat R50 000 elk kos en twee spesiale bote vir gestremdes wat elk 'n halfmiljoenrand kos, buite in 'n oop stuk veld agter die Santos Express-trein en ver van die strand af, gestoor word. Weens die ver afstand see toe oor ongelyk grond en klippe, word die bote erg beskadig sodat hulle die oefentye in die see drasties moes inkort.

sailing2 sukkel met boot

Die Holdens hoop om binnekort 'n beter stoorplek nader aan die see te kry danksy onderhandelinge met Portnet en die Mosselbaai Munisipaliteit.

sailing10 sailors almal saam met Elfie

Elfie Holden saam met haar spannetjie staatmaker-seiljagvaarders in die beboste stuk veld waar hul duur bote en toerusting deesdae gestoor moet word totdat hulle hopelik binnekort 'n beter stoorplek nader aan die see kry. Onderhandekinge hieroor is nog aan die gang met Portnet en die Mosselbaai Munisipaliteit. 

 * Om ses skoolkinders die kans te gee om oorsee aan wêreldkampioenskappe te gaan deelneem en sodoende ook Mosselbaai se naam hoog te hou, sit nie in elkeen se broeksak nie. Die Holdens hoop om deur geldinsamelings en borgskappe sowat R75 000 in te samel om die vlugkoste, oorsese huisvesting en ander noodsaaklike uitgawes namens die seiljagvaarders in te samel.

Mense wat hulle wil help deur borgskappe of bydraes, kan dit in die Stigting se bankrekening inbetaal. Alle bydraes sal baie waardeer word. Elfie of Rob Holden kan ook gekontak word by 082 826 3825

Bankbesonderhede:

Skipper Foundation

Nedbank

Rekeningnommer: 1156691699 

Takkode: 198765

Lopende Tjekrekening

SWIFT: NEDSZAJJ 

 

 

  

Related Articles:

Mosselbaai is 'n feesdorp. 'n Vrolike vakansiedorp. 'n Gesogte toerismebestemming waarheen miljoene mense jaarliks stroom om die ongerepte natuurskoon van die omgewing en die gasvryheid van die inwoners te geniet.

Maar Mosselbaai is nie 'n geïsoleerde misdaadvrye eiland in die Wes-Kaap wat van plaasmoorde en ander ernstige geweldsmisdaad vrygeskeld is nie.

Die toename in plaasaanvalle in die Wes-Kaap - en veral die grusaamheid van Maandag se plaasaanval op 'n geliefde Bonnievale-egpaar - laat opnuut vrae ontstaan oor hoe paraat boeregemeenskappe in dié omgewing werklik is. Terwyl buurtwagstelsels en lede van die gemeenskapspolisieëringsforum toenemend inspring om die onderbemande polisiediens by te staan om misdaad in woonbuurtes te bekamp, is die afgeleë boeregemeenskappe toenemend 'n sagte teiken vir booswigte, bendes en radikale groepe.

Sedert die begin van die jaar was daar reeds twaalf plaasaanvalle in die Wes-Kaap, waarin drie mense vermoor is. In die jongste plaasaanval is Tool Wessels (55) van die plaas Kapteinsdrif buite Bonnievale Maandag wreed gemartel en vermoor, terwyl sy vrou, Liezel (55) met 'n skerp voorwerp in die bors gesteek en met kookwater in haar gesig en lyf gegooi is. (Berig onderaan). 

Tool Wessels alleen

Wyle Tool Wessels (55) 

 * Op 10 Februarie vanjaar is Jaco Louw (57), 'n geliefde boer van die rustige Weskus-dorpie Lutzville, met verskeie steekwonde dood in sy huis aangetref.

Jaco Louw

 * Op 12 Desember verlede jaar is Piet en Elmine Steyn van Bonnievale wreed met ’n skerp voorwerp doodgekap en/of -geslaan. Die Steyn-egpaar se lyke is in hul bed op hul plasie Zandfontein net buite Bonnievale gekry toe die polisie soontoe is nadat die egpaar se voertuig verlate langs ’n grondpad naby ’n ander plaas gevind is.

Piet en Elmine Steyn van Bonnievale

 * Op 16 April verlede jaar is Heila Kilian (63) doodgeskiet in 'n brutale plaasaanval buite Stilbaai wat wêreldwyd opslae gemaak het.

heila kilian 768x770

 * In Junie 2016 is Tewie (72) en Eurika (62) Human van Groot-Brakrivier wreed in hul huis in Sandhoogtepad vermoor.

tewie eurika human 2

'n Misdaadkenner wat boere help om plaasaanvalle te voorkom, waarsku al drie jaar lank dat plaasaanvalle oral in die Wes-Kaap gaan toeneem en dat boere organisasies moet stig om mekaar te ondersteun teen plaasaanvalle.

Misdaadkenner waarsku boere in W-Kaap

’n Misdaadkenner wat boere help om plaasaanvalle te voorkom, Lukas Swart, sê hy het al drie jaar gelede boere in die Wes-Kaap gewaarsku dat plaasaanvalle hier skerp gaan toeneem.

Swart, van Swartberg Intelligence Support Services, sê hy het verskeie plekke waar daar die afgelope tyd plaasaanvalle weens bende-aktiwiteit was, geïdentifiseer as moontlike brandpunte.
Swart glo ook dat radikale groepe by van die aanvalle betrokke is.
By Porterville is daar verlede jaar politieke slagspreuke op ’n plaashuis se mure geskryf. Ses weke later is Tobie en Desiree van Schalkwyk in November in dié huis aangeval.


Die aanvallers het brandstof oor Tobie uitgegooi en probeer om hom aan die brand te steek.

Swart sê Wes-Kaapse boere moet dit ernstig oorweeg om ’n organisasie op die been te bring wat soos die Heritage Protection Group (HPG) in Limpopo help om misdaad te bekamp.

“HPG het die kundigheid om die polisie se hand te versterk en hul suksesse in Limpopo is bekend onder boere,” sê Swart.
HPG help ook dat plaasaanvallers suksesvol vervolg word, sê hy.
Hy sê boere in die Wes-Kaap moet besef hulle het dieselfde uitdagings as die boere in die res van die land.
Swart se waarskuwing volg nadat ’n boer van Bonnievale, Tool Wessels, Maandag vermoor is en sy vrou, Liezel, met kookwater gebrand is.
Piet en Elmien Steyn, ook van Bonnievale, is in Desember 2018 vermoor.
Ian Cameron van AfriForum sê daar is beslis ’n toename in plaasaanvalle in die Wes-Kaap en die provinsie het vanjaar reeds 12 plaasaanvalle gehad waarin drie mense vermoor is.
Daar is vanjaar landwyd reeds 18 moorde op plase gepleeg, waarvan die drie in die Wes-Kaap, sê Cameron.
Johandré van Zyl, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die suidstreek, het in November
verlede jaar gesê die organisasie ondervind dat plaasaanvalle aan die toeneem is.


https://www.netwerk24.com/…/misdaadkenner-waarsku-boere-in-…

Meer foto's op ons Facebook-blad:

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2400660950165158?

Die volgende video oor die gru-moorde en plaasaanvalle in Suid-Afrika het verlede week wêreldwyd groot opslae gemaak: 

https://web.facebook.com/UncensoredSAfrica/videos/327629891245465/

  Tool Wessels

Tool Wessels (55), 'n geliefde boer van Bonnievale wat Maandag koelbloedig vermoor is, by sy vrou Liezel (55) en hul twee dogters Annelie (23) en Jana (20). 

Só het Die Burger berig: 
Grusame besonderhede van hoe Tool Wessels (55) van die plaas Kapteinsdrif net buite Bonnievale, en sy vrou, Liezel, gemartel is, het Woensdag aan die lig gekom.
Tool se lyk is Maandag kort ná 23:00 deur een van sy werkers en ’n plaaswaglid in ’n verlate pompstasie tussen die wingerde op sy plaas gevind.
Die pompstasie is sowat 2 km van die plaashuis af.
Hy het regop teen die muur agter plate teen die agterste muur van die murasie gesit.
Sy hande was agter sy rug vasgebind en ’n das was glo deur sy mond getrek. Hy is vermoedelik met ’n enkele koeël in die kop tereggestel.
Liezel (55) is voordat haar man oorval en vermoor is, vermoedelik deur hul vier aanvallers in die plaashuis oorval kort nadat Tool die plaas verlaat het om werkers by hul huise in die dorp af te laai.
Die Wesselse boer met druiwe en sagte vrugte.
 
Tool WEssels1
 
Wyle Tool Wessels in gelukkiger tye op die plaas by sy twee dogters Annelie (23) en Jana (20).
 
Liezel is volgens ingeligte bronne herhaaldelik met kookwater wat in hul ketel gekook is in haar gesig en oor haar lyf gegooi. Sy is ook met ’n skerp voorwerp in haar bors gesteek.
Tool het vermoedelik met sy terugkeer op die aanvallers en sy vrou afgekom.
Liezel, wat ook vasgebind was, kon nadat die mans met haar man die huis uit is, daarin slaag om los te kom.
Sy het in haar motor geklim en by ’n nabygeleë buurplaas gaan hulp soek. Daar was niemand nie.
By ’n tweede buurplaas, Bonnievale Kelders, is sy gehelp en is die polisie en plaaswag van die aanval verwittig.
Liezel word tans in die Worcester Mediclinic behandel.

’n 19-jarigeman van Lesotho is Dinsdagaand in hegtenis geneem. Drie ander mans, ook Lesothoburgers, word nog gesoek. Al vier mans het op die plaas gewerk.

Die aanvallers was vermoedelik op soek na kontant. Ansie Baadjies, ’n inwoner op die buurplaas wat Tool en Liezel al langer as 21 jaar ken, het gesê almal het geweet dat Tool kool vir kontant aan mense verkoop. “Maar daar was nie
Maandag geld op die plaas nie; Tool het reeds Vrydag die geld gaan bank. Sy dood was verniet. Hy het dit nie verdien nie, nie hy nie. Hy was een van die mees opregte mense wat ek geken het.”

Lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n 19-jarige man in hegtenis geneem is. Hy sê die man sal in die hof verskyn sodra hy aangekla is.

Moordtoneel onder polisiebewaking

Die polisie het ook ’n .22-geweer, vermoedelik die moordwapen, gevind. Dit is in ’n drein op die plaas gegooi.
Die man is in hegtenis geneem nadat die selfoon van een van die ander drie verdagtes glo in sy besit gevind is. Al vier verdagtes het glo Vrydag laas kom werk.
Niklaas Baadjies, Tool se regterhand op die plaas, het Woensdag gesê hy weet nie wat hulle nou gaan doen
nie.
“Hy was ’n goeie mens. Ek werk al van 2000 vir hom en nog nooit het hy al ooit iemand op die plaas seergemaak nie.”
Woensdag was die toneel by die pompstasie waar Tool se lyk gevind is, nog onder polisiebewaking.
 
Tool Wessels2
 
Die Wesselse se huis en die moordtoneel op die plaas Kapteinsdrif buite Bonnievale was gister nog afgesper en onder polisiebewaking. Die egpaar se twee dogters het luidens mediaberigte gesê hulle sien nie kans om na die huis waar hulle grootgeword het, terug te keer nie.
 
Die gebied om die huis is met geel polisielint afgesper. Lede van die polisie se forensiese eenheid was ook by die plaashuis besig om die huis en die onmiddellike omgewing vir leidrade te fynkam.

 — in Bonnievale, Western Cape, South Africa.


'n Tiener wat as die 19-jarige N Tlale geïdentifiseer is, het Donderdag vlugtig in die hof verskyn in verband met die moord. Hy word aangehou en sal na verwagting weer op 23 Mei voorkom op aanklag van moord terwyl die soektog na die ander drie verdagtes voortgaan.   

Verwante artikels:

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/plaasmoord-op-stilbaa…

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/where-is-lovey-s-kill…

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/garden-route-port-fes…

 
Related Articles:

MOSJAZZ RETURNS TO DE BAKKE/SANTOS

Mossel Bay will be spoiled with another edition of the MosJazz Festival this year – this time from 28 November to 2 December 2019.

The organisers, Camissa Solutions, said the third edition of the annual festival will be taking place then in order to avoid a clash with their other popular beach festival, the one at Tietiesbaai on the Cape’s West Coast. Clarence Ford, executive member of Camissa Solutions, says they want to move the two festivals a bit further apart.

jazlaastes3

The 2nd edition of MosJazz took place from 17 to 20 January this year. The Jazz on the Rocks Festival took place at Tietiesbaai from 28 February until 3 March.

“We don’t want MosJazz to be too close to Jazz on the Rocks, so the end of November and the end of December is the start and end of the holiday season.”

Earlier this year the MosJazz festival had a distinct international flavour, with Phil Fearon (from the UK band Phil Fearon and Galaxy), Judy Boucher (Caribbean), Choko (Trinidad and Tobago) entertaining the crowds. Ford promises another impressive lineup for the upcoming festival.

Judy Boucher (left) and Phil Fearon

judy 3

Mossjazz Phil Fearon

 

 


Campsite Forms: 

Forms for campsites for the 3rd Edition of MosJazz festival are available now from the de Bakke Santos Resort exclusively. Call - 044 690 3760, Email - This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. or get more information -https://www.facebook.com/groups/mosjazz/

Campsite prices for 4 nights - R5 400 for 6 people and 2 cars and includes access to the festival.
R7 200 for 8 people and 3 cars and includes access to the festival.

DISCOUNTS FOR EARLY BIRDS

A 25% deposit by end of May 2019 secures a 10% discount. Full payment by end of May 2019 secures a 20% discount.

jazzies8

Campsite Rules and benefits:

  * 1. Campsites can be occupied from 10h00 on Thursday 28th November and must be vacated by 12h00 on Monday, 2nd December 2019.

 * 2. A 25% deposit secures. Campsites can be nominated on a first come first served basis.

 * 3. The balance to be paid off in 3 equal parts by end October 2019. First part payment not later than 31 August 2019,
Second part payment not later than 30 September 2019,
Final payment not later than 31 October 2019.

 * 4. Early bird discounts apply. All bookings, as confirmed by deposits received by end of May 2019, will accrue a 10% discount on the total invoiced cost. A 20% discount will be applied, if the total cost is settled in full, by the end of May 2019.

 * 5. Standard De Bakke Santos cancellation policies apply.

 * 6. Bring your own braai bak, for use on your campsite.

 * 7. Campers will enjoy special parking within the festival precinct.

 * 8. Campers will have access to a Special Bar at the festival. This Bar will exclusively service artistes, sponsors guests and De Bakke Santos campers. 

 * 9. Campers will be able to braai, while attending the festival, at a special braai area, overlooking the stage, that will be allocated to them.

 * 10. All campsites have electricity.

For those who will use other accommodation, Weekend Passes at R500 per person (4 day pass), and Day Passes at R175 (1-day pass), are available from Camissa Solutions on 021-5915208.

These passes can also be paid off in 4 equal parts. The final payment must be at the end of October 2019.

jazlaastes6

More photos, etc. from the previous two festivals: 

 
Related Articles:

Gister se vreemde misweer wat heeldag geduur het, het 'n bekoring van sy eie gehad wat die see vol spookskepe getoor het. Die mistigheid het egter nie strandgangers afgeskrik om piekniek te hou en te swem nie.

april20193

Só het die digte misbank vanaf die Spar-sentrum se parkeerterrein gelyk. Foto: Johan Human.

mis

Spookskepe in die mis  . . . 

april201913

Een van die "spook-seiljagte" wat soos skimme in die mis rondgedobber het van naderby (bo) het 'n anderwêreldse atmosfeer en unieke bekoring geskep.

april201914

Kyk nog foto's hier:

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2389104534654133?

PRYSSKOKKE 

Mosselbaaiers het net tot Woensdag tyd om skriftelike beswaar/kommentaar te lewer op die voorgestelde munisipale begroting waarin eiendomsbelasting en vullisverwydering met 'n skokkende 15% verhoog word en elektrisiteitstariewe met 12,9%.

 * Huiseienaars het ook net tyd tot 30 April om te reageer op hul nuwe eiendomswaardasies wat ter insae is by die munisipaliteit. Lees meer hier: http://www.mosselbayontheline.co.za/…/residents-urged-to-bo…

 * Nóg 'n brandstofprysskok tref vuisvoos Suid-Afrikaners Woensdag wanneer die petrolprys met 'n verdere 54c per liter en diesel na verwagting met 1c per liter styg. Die volledige brandstof-prysskedule vir die onderskeie sones word môre amptelik gepubliseer.

VRYHEIDSDAG EIS HOë TOL OP PAAIE

Die naweek se Vryheidsdagvieringe het sy tol geëis op die land se paaie. Onder die sowat 30 mense wat die afgelope naweek op Wes-Kaapse paaie gesterf het, is drie Suid-Kapenaars wat Saterdag op die Kleinplaaspad omgekom het toe hul bakkie teen 'n krans afgestort het.

bakkie ongeluk

Noodreddingspanne moes bykans ses uur lank spook om by die wrak in 'n beboste gebied uit te kom om die liggame van Rizire Slotto (18), Samuel Williams (45) en Jerome Minnies (30) van Groot-Brakrivier en Blanco te bevry.

Die ongeluk het Saterdag omstreeks 15:00 gebeur toe die 45-jarige Williams blykbaar beheer verloor het oor die voertuig en dit sowat 100m teen die krans afgestort het. 

Minstens 30 mense het die naweek in ongelukke op Wes-Kaapse paaie omgekom in nog ’n naweek waarin spoedvrate en dronkryers volop was.Teen Sondagmiddag was reeds 52 motoriste weens dronkbestuur in hegtenis geneem.

In een geval was ’n bestuurder wat in die omgewing van Caledon vasgetrek is, vyf keer oor die alkohollimiet. 

By Vredendal is ’n bestuurder in hegtenis geneem wat 147 km/h in ’n 80 km/h-sone gejaag het.Teen Sondagaand het inligting van nog ongelukke steeds ingestroom. 

Mosselbaai bly in die nuus - vir goeie EN slegte dinge . . . 

In die jongste WEG-tydskrif is 'n artikel en foto's van Wessel Oosthuizen waarin hy wys en vertel hoe Hartenbos 70 jaar gelede gelyk het.

Hartenbos in WEG

"Daar was baie sandduine rondom die huisies – daar waar daar vandag net huise staan – en ons het lekker gespeel. Ons het natuurlik ook op die strand en in die see baljaar. Vandag speel die kinders strandkrieket, maar daar was oorgenoeg plek om veldkrieket te speel." https://www.netwerk24.com/Weg/Nuus/toeka-se-dae-hartenbos-70-jaar-gelede-20190423?

Hartenbos Toeka Elma Rawlins

'n Leser, Elma Rawlins, het dié ou foto van Hartenbos iewers op die internet gekry en ook gedeel. 

SEEMEEUPARK-SKANDAAL OOK IN NOSEWEEK WYL PENSIOENARISSE WAG

In die jongste NOSEWEEK is 'n in-diepte-artikel deur Susan Puren oor die voortslepende hofgeding oor die Seemeeupark-grondverskuiwing en die betrokke owerhede se klaarblyklike laksheid om enige regsaanspreeklikheid te aanvaar vir dié ramp wat tientalle pensioenarisse letterlik haweloos en op straat gelaat het net voor die Desembervakansie in 2016.

seemeeu colin8

Só het die "nuwe" huise verbrokkel en so onbewoonbaar geraak dat die eienaars dit inderhaas moes ontruim. 

A landslide disaster
Noseweek Issue #235, 1st May 2019 By Susan Puren

Mossel Bay homeowners sue authorities over wrecked homes.

Sixty-two owners of properties in what used to be upmarket residential developments in Mossel Bay will soon be heading to court, claiming R200 million in damages from the Premier of the Western Cape and from the Mossel Bay Municipality. A third respondent is the National Home Builders Registration Council (NHBRC)
In September 2016 the Mossel Bay Municipality told residents of Seemeeupark, Seemeeuvlug and Tuscan Village in Hartenbos that they had seven days to evacuate their properties after huge cracks had started to appear in buildings and roads in the area the previous year.

Seemeeu Colin

'n Klasaksie-skadevergoedingseis van R200 miljoen is deur 62 van dié huiseienaars aanhangig gemaak teen die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, die Mosselbaai Munisipaliteit en die Nasionale Huisbouersregistrasieraad (NHBRC) maar tot dusver het dié ontredderde pensioenarisse nog nie eens 'n woord van meelewing of simpatie van enige van die betrokke owerhede ontvang nie.

seemeeu24

'n Paar van die huiseienaars wat ná bykans drie jaar steeds vergeefs wag vir terugvoering van owerheidskant. 

Wat die saak vererger, is dat die munisipaliteit die saak betwis en destyds as 'n onvoorsienbare "natuurramp" en "Act of God" bestempel het. 
Dan is Mosselbaai seker die enigste dorp in die hele wêreld waar 'n rampfonds en hulpverlening vir só 'n tragedie nie bestaan of geopper is nie . . . want pleks van bystand en hulpverlening, is die pensioenarisse destyds met dreigemente en uitsettingsbevele gekonfronteer? 

Lees ook meer hier:

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/mosselbaai-munisipaliteit-beveg-eis-van-seemeeupark-huiseienaars

 

 Nog nuus/foto's op ons Facebook-blad: https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2389104534654133?_

 

Related Articles: