Delfinos.Passion for food-Passion for life Skorpios Security Property Pointer Wolwedans Game Farm Oyster World Ponto Grille and Carvery Reflexions Professional Hair Top Up Service Station Beach House Restaurant

 

MosselbayonTheline | First With The News

12 Desember 2018

Joegaai! Die skole is TOE, die strande is OOP, die krag is AAN, petrolpryse is AF, misdaad is OP, maar in die Mosselbaai-omgewing is die polisie, buurtwagte, GPF, lewensredders en nooddienste almal OP hul pos om die groter Mosselbaai-gebied so veilig en vakansie-vriendelik as moontlik te maak vir die hordes besoekers wat nou langs die goue strande kom uitspan en ontspan.

Image may contain: 11 people, people smiling, people sitting and indoor

WELKOM! Die besoekers bring jaarliks 'n heerlike, aansteeklike en spontane vakansiegees na die Tuinroete wat alle kleindorpse kleingeestigheid troef.

* Goeie nuus is dat ESKOM blykbaar besluit het om die ligte aan te hou;

* Mosselbaai se wetstoepassers en private organisasies het saamgespan om die lewe so moeilik te maak vir opportunistiese skelms dat hulle waarskynlik klaar elders heen gevlug het.  Benewens die parate buurtwagte wat booswigte se planne in die kiem smoor, is perde, vierwielmotorfietse en voetpatrollies ook ingespan om strande, staproetes en misdaad-brandpunte te help beveilig.

perde GPF

Almal kan gerus help om hierdie grootskaalse gemeenskapsveiligheidsprojek te ondersteun deur die dapper manne en vroue te bederf met lekker eet- en drinkgoedjies (behalwe alkohol!) wat by die beheersentrum by die De Bakke-parkeerterrein afgegee kan word. 
Die beheersentrum is ingerig in 'n woonwa wat opsigtelik geparkeer is op die parkeerarea en word spesiaal deur Afriforum geborg. 
Gebottelde water, koeldrank, stamina-kos en verversings is altyd welkom!

* Lewensredders sal dié seisoen tot 6 Januarie 2019 by al 23 strande in die Mosselbaai-omgewing aan diens wees, terwyl die vier Blouvlagstatus-strande (Santos, Hartenbos, De Bakke en Klein-Brakrivier) tot 13 Januarie deur lewensredders beveilig sal word. 

Image may contain: one or more people, ocean, sky, beach, outdoor, water and nature


* Hoewel die Hartenbosrivier oopgestel is vir rekreasiedoeleindes, sal die waterkwaliteit deurgaans gemonitor word vir besoedelingsvlakke en word waterliefhebbers gemaan om liefs naby die mond te swem waar die seewater sterk invloei.

Image may contain: one or more people, ocean, beach, sky, outdoor, nature and water

* Huiseienaars het net tot 31 Desember 2018 tyd om besware/kommentaar te lewer op die nuwe aanvullende eiendomswaardasielys wat tans ter insae is by die Mosselbaai Munisipaliteit. Amptelike vorms om beswaar aan te teken, is ook by die munisipaliteit beskikbaar en almal wat reken hul eiendomswaardasies is foutief, moet gou speel, want dit gaan ook jou eiendomsbelasting beïnvloed. 
Hier is die skakel: 
https://web.facebook.com/mosselbaymun/posts/1994484283968465?

* Nog goeie nuus is dat die twee verdagtes wat tien dae gelede by die Santos Haven-aftreeoord ingebreek en 'n bejaarde inwoner aangerand en beroof het, vinnig aangekeer is en veilig agter slot en grendel is weens huisROOF (nie huisbraak nie) tot hul volgende verskyning op 28 Januarie 2019. (Huisroof sluit geweld en aanranding in.) Kommerwekkend is dat albei bekende gewoontemisdadigers in die omgewing is wat al voorgekom het vir moord, dwelms, huisbraak en diefstal en juis op parool was tydens die Santos Haven-aanval. Hopelik kan howe help keer dat gevaarlike gewoontemisdadigers nie so maklik op parool vrygelaat word nie? 
Lees meer hier: 
http://www.mosselbayontheline.co.za/…/misdaad-c…/181-misdaad

* 'n VOL vakansieprogram word by al die strande, vermaaklikheidsplekke, ATKV en restaurante aangebied - moet dit nie misloop nie en help asb. om Mosselbaai se strande en riviere skoon en veilig te hou!

Image may contain: 1 person, sky, outdoor, water and nature

* Res van die nuus in beeld, want ons spog graag met Mosselbaai se mooi!

 
 
 
 
 
 
Related Articles:

Ná twee dae sonder ESKOM se kragkapings haal Mosselbaaiers darem weer meer vryelik asem en hoop maar dit HOU so tot ná die vakansie . . . ? 
Maar gasbottels, kerse, flitse, paraffienlampies en baie braaihout moet maar altyd byderhand gehou word, want niemand weet wanneer die ligte dalk weer onverwags afgesit word nie en kenners meen dié kragkrisis kan nog baie erger raak . . .

* Terwyl ESKOM die ligte afsit, word Kersliggies oral aangeskakel en word Kersfees op verskeie plekke op 'n tradisionele manier gevier. Op Klein-Brakrivier leef 'n ou tradisie uit die 70's voort met Kersvader wat op Oukersaand met sy "slee" by huise stilhou en geskenke aan al die "soet" kinders uitdeel, terwyl Suidstraat in Eureka Park, Groot-Brakrivier, al klaar weer saans lyk soos 'n sprokieswêreld met al die huise se Kersversierings wat elke jaar duisende toeskouers lok. * (Meer onder foto's)

Image may contain: 3 people, people smiling, people sitting, child, tree and outdoor

* Die gewilde drywende kerse-fees (Lights & Lanterns) word weer op 21 Desember op die rivieroewer voor die Groot-Brakrivier Polisiekantoor gehou. Bring 'n piekniekmandjie en kom beleef die welwillendheidsfees saam met jou gesin en vriende! * (Meer onder foto's)

Image may contain: ocean, outdoor, water and food

  • Die groot intog van vakansiegangers het die naweek amptelik begin en teen volgende naweek behoort die dorp en strande weer (soos gewoonlik) uit hul nate te bars . . . 
    Almal word gewaarsku om maar vir skoonma of 'n geheelonthouer saam te neem as daar gekuier gaan word, want met die nuwe dronkry-wetgewing kan twee biere jou twee weke in die tjoekie laat beland . . .

    Image may contain: one or more people, ocean, shoes, sky, beach, outdoor, nature and water

  • Riviere
  • Goeie nuus is dat al drie riviermondings - insluitende die Hartenbosriviermond - nou oop en toeganklik is vir die publiek. Die Hartenbosrivier was die afgelope paar weke gesluit vir openbare gebruik weens uitermatige hoë besoedelingsvlakke. Nadat die monding verlede week meganies oopgestoot is, blyk die jongste watermonsterlesings "veilig" te wees vir ontspanningsdoeleindes.     
    * Die stryd om al drie riviermondings - Hartenbos, Klein-Brakrivier en Groot-Brakrivier - deurgaans oop en skoon te hou - blyk al hoe moeiliker te raak weens 'n kombinasie van verskeie faktore en besoekers word gemaan om liefs nie die rivierwater te sluk as dit enige tekens van besoedeling toon nie.

    Image may contain: one or more people, people standing, mountain, sky, ocean, outdoor and nature

  • Misdaad

* Hoewel knap polisiewerk daartoe gelei het dat die twee mans wat voorverlede Sondag by tannie Annelene Massyn (81) se huis in Santos Haven ingebreek en haar aangerand en beroof het, vinnig aangekeer is, word 'n beroep op inwoners én besoekers gedoen om altyd paraat en veiligheidsbewus te wees. Die Tuinroete is NIE immuun teen misdaad nie en gedurende die feestye is almal "sagte teikens" vir opportunistiese boosdoeners.

  • Duwayne Moodien (21) en Shane Alexander (24) het Donderdag in die Mosselbaai landdroshof verskyn op aanklag van huisroof - vier dae nadat tannie Massyn op Sondag 2 Desember 2018 in die vroeë oggendure met die vuis in die gesig geslaan, vasgebind, gedreig en toe beroof is. Een van die twee aangeklaagdes was glo net drie dae uit op parool vir 'n ander oortreding toe tannie Massyn aangerand en beroof is. Die saak is uitgestel tot môre en albei beskuldigdes is steeds in aanhouding * (Meer onder foto's).

    Dwyne MoedienShane Alexander 24 met wit hemp
    Berede Polisieering: 
  • Hondekinders is nie die enigste viervoetiges wat die vakansie ook hul beurt op die strand kry nie. Moenie skrik as jy skielik op 'n perd of twee tussen die duine afkom nie . . . Mosselbaai se bekroonde Gemeenskapspolisieëringsforum span dié feesseisoen ook perde in om die strande te help patrolleer . . en dis nou 'n perd van 'n ander kleur wat 'n skelm nie sommer vir 'n "ride" sal kan vat nie! * (Meer onder foto's).

Image may contain: one or more people, tree, outdoor and nature

  • Hemelhoë Huurmarkpryse:

 Dié tyd van die jaar sit tientalle Mosselbaaiers letterlik op straat omdat hulle hul huurhuise gedurende die Desembervakansie moet verlaat sodat huiseienaars dit teen astronomiese bedrae aan besoekers kan verhuur. Dié onetiese gedrag wat veral aangevuur word deur verhuringsagente wat vakansiegangers "melk" om kommissie te verdien, is nie net erg traumaties vir werkende gesinne wat geen ander tydelike verblyf in seisoentyd kan kry nie, maar skep ook groot probleme en verleentheid vir Mosselbaai se toerismebedryf en geregistreerde gastehuis-eienaars wat aan streng vereistes moet voldoen.

rent

  • 'n Besoeker het dié naweek benoud op sosiale mediaplatforms ander verblyf gesoek nadat die plek wat hulle bespreek het, blykbaar vuil en vol kokkerotte was: 
    December 7 at 5:39 PM
    Hi weet nie of ek hier kan vra nie, maar ons het so pas uit Gauteng hier aangekom en by die Lofts ingeboek. Die kokkerotte vreet ons op, die stort is swart en daar is glad geen eetgerei Is. Is daar iemand wat weet van iets anders wat ons kan huur?

Hoewel inwoners die klaagster dadelik te hulp gesnel het met ander verblyf-aanbiedinge, gebeur sulke voorvalle toenemend omdat daar blykbaar tans geen beheer oor die huurmark is nie en huiseienaars aan geen vereistes hoef te voldoen om hul huise teen hemelhoë pryse aan besoekers te verhuur nie. Daarteenoor moet geregistreerde gastehuiseienaars aan streng vereistes voldoen en het hulle hoë oorhoofse kostes, terwyl gewone huiseienaars se plekke soms soos krotte lyk en die dorp se toerismebeeld groot skade berokken. Ons het verlede jaar soos volg hieroor berig:

 

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/14-ongereguleerde-huu…

 

Munisipale Kopkrappers:

DUUR glips: Mosselbaai se oorwegend DA-beheerde raad het 'n aanbeveling aanvaar dat die afgedankte voormalige hoof van finansies, Marius Botha, homself aan 'n prestasie-evaluering onderwerp om te bepaal of 'n prestasiebonus wel aan hom betaal moet word - dit terwyl die Mosselbaai Munisipaliteit reeds bykans 'n halfmiljoen rand se regskoste tot dusver moes opdok in 'n voortslepende hofgeding wat Botha teen die munisipaliteit aanhangig gemaak het oor sy afdanking nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van bedrog by 'n vorige munisipaliteit.

 http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/174-mosselbaai-munisipaliteit-al-lank-onder-beleg

No automatic alt text available.

Image may contain: 1 person, smiling, eyeglasses

Marius Botha, die omstrede voormalige finansiële hoof van Mosselbaai Munisipaliteit, Marius Botha, wat nou 'n prestasiebonus eis ondanks die feit dat hy tronkstraf opgelê is vir bedrog by 'n vorige munisipaliteit en steeds in 'n hofgeding met die Mosselbaai Munisipaliteit gewikkel is oor sy afdanking in 2017. Marius Botha, voorheen die finansiële hoof van die Karoo-Hoogland-munisipaliteit, is op 1 Desember 2014 aangestel as die hoof van finansies van die DA-beheerde Mosselbaai-munisipaliteit en het destyds die munisipaliteit oor die aanklagte teen hom ingelig.

’n Bepaling is toe in sy dienskontrak aangebring dat sy dienste beëindig "kan" word as hy aan ’n strafregtelike
oortreding skuldig bevind sou word. Sy dienste is nooit beëindig nadat hy in Mei 2017 skuldig bevind is nie, hoewel opposisiepartye wel geëis het dat hy summier afgedank word. Hy, sowel as 'n waarnemende finansiële hoof, is blykbaar egter nog tot September betaal terwyl hy al in die tronk was. Dawid Kamfer, Wes-Kaapse leier van Icosa en ’n lid van die Mosselbaai-stadsraad, het in September 2017 gesê:
"Nie net word ’n salaris betaal aan iemand wat aan korrupsie skuldig bevind is en nou in die gevangenis sit
nie, maar iemand word ook betaal om in sy pos waar te neem. Hoe lank gaan die belastingbetalers se geld nog so verkwis word? Dit is skokkend.”
Volgens Kamfer kon Botha se kontrak beëindig geword het toe hy in Mei skuldig bevind is op die aanklagte teen hom. 
*Die "onwettige" aanstelling van Botha het verder geboemerang toe hy teen sy skuldigbevinding appelleer en Mosselbaai Munisipaliteit boonop aankla van onregmatige afdanking omdat die oorspronklike kontrak wat hy met hulle gesluit het, glo nutteloos is en nie voorsiening maak vir sy reg op 'n regverdige verhoor nie. Die Mosselbaai Munisipaliteit (en indirek belatingbetalers) dok steeds op vir arbeidsadvokate in dié voortslepende saak wat reeds honderde duisende rande beloop.
 
 
 
 Dispuut
 
* Intussen het Mosselbaai Munisipaliteit nou die hulp van die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, Anton Bredell, ingeroep om hom by te staan in 'n dispuut wat Mosselbaai Munisipaliteit teen die Tuinroete Distriksmunisipaliteit verklaar het oor laasgenoemde se aansoek rakende 'n bylae van die wet op afvalbestuur. 

Die nuwe streekafvalterrein naby PetroSA in Mosselbaai was veronderstel om volgende jaar deur B-munisipaliteite in gebruik geneem te word. Intussen word 'n chemiese aanleg op dieselfde perseel ook deur die Tuinroete Distriksmunisipaliteit beplan en moes inwoners voor verlede Vrydag reeds skriftelike kommentaar/besware daaroor lewer, al weet niemand in dié stadium wat die aanleg behels nie. Geen hersoneringsaansoek is ook nog ontvang nie.

Image may contain: 5 people, people smiling, people standing, outdoor and nature

FORMAL DISPUTE DECLARED

Formal intergovernmental dispute declared against Garden Route District Municipality

Friday, 07 December 2018, 11:30
Formal dispute declared 
The George Municipality will be informed that the Mossel Bay Municipality has declared the dispute.
GARDEN ROUTE NEWS - In order to resolve the dispute regarding the application of the District Waste Management By-Law, promulgated by the Garden Route District Municipality, council approved the recommendation that the Mossel Bay Municipality declares a formal intergovernmental dispute against the Garden Route District Municipality regarding the application of the District Waste Management By-Law to Mossel Bay Municipality.

The Mossel Bay Municipality will request assistance in the settlement of the dispute from the MEC of local government, Minister Anton Bredell.

Also, the George Municipality will be informed that the Mossel Bay Municipality has declared the dispute.

The executive deputy mayor, councillor Dirk Kotzé said the declaration was the start of a formal process to safeguard and benefit Mossel Bay ratepayers.
Lees gerus meer hier oor dié debakel waaroor ons al lankal waarsku: 


http://www.mosselbayontheline.co.za/…/183-chemiese-aanleg-v…

* Lees ook dié brief:

No automatic alt text available.


Besorg oor beplande chemiese aanleg
PA du Plessis, skryf:

Mosselbaai-munisipaliteit, in ooreenkoms met Tuinroete-distriksmunisipaliteit het erf 419 by PetroSA vir 'n vaste-afvalstortingsterrein geoormerk. In die Mossel Bay Advertiser (4/08/17) het PetroSA gewaarsku dat die terrein nie teen 31 Julie 2018 vir gebruik gereed sal wees nie. Mosselbaai-munisipaliteit het gewaarsku dat die tender van R1 miljoen buite bereik van 'n "B"-munisipaliteite is.

Minister Bredell het egter gelas dat onderhandelings voortgaan. Dus het vaste-afvalpryse gestyg in November 2016, met 50% omdat die koste vir die daarstelling van die streekstortingsterrein van R15 miljoen na R23,6 miljoen verhoog is.

In die 2017-begroting was 'n verdere 15 % styging.

In die Advertiser (Oktober 2018) word berig dat erf 419 PetroSA deels aangewend gaan word vir 'n chemiese fabriek. Uitvoerende burgemeester Booysen van die Tuinroete-munisipaliteit (EDEN) sê: "Wetgewing sal deurgehaas word ter wille van die die aanleg" en dat die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in vennootskap met Mosselbaai-munisipaliteit "gaan nie langer die wette gebruik om ontwikkelingsvoorstelle te belemmer nie".

Erf 419 behoort aan die Tuinroete-distriksmunisipaliteit (EDEN) en sal ontwikkel word volgens hul verordenings en beleide, en nie dié van Mosselbaai nie.

Inwoners moet waak om nie onkant gevang te word nie. Waarvoor gaan erf 419 uiteidelik aangewend word?

Burgemeester Booysen dreig direk die Mosselbaaiers wat "niks" te doen het om "wat wakker te skrik"; "skielik kry hul iets om te doen - soos om beswaar te maak."

Die advertensie in die Advertiser "Voorgestelde langtermyn-huurooreenkoms van 'n gedeelte van erf 419 Mosselbaai" verwys. Wie is die eienaar van erf 419, Mosselbaai of die distriksmunisipaliteit? Belastingbetalers van Mosselbaai moet besware rig aan die munisipale bestuurder, mnr Stratu van die Tuinroete-munisipaliteit, waarom nie aan mnr Giliomee van Mosselbaai nie?

Ek vra die mense van Danabaai, Aslapark, KwaNonqaba en vliegveldarea om beswaar te maak teen die oprigting van sodanige aanleg.

Ons weet nie watse chemiese aanleg dit gaan wees nie. Dit mag nadele vir ons inhou. Onthou die kreosoot aanleg in Groot-Brak wat weens die reuke deur die destydse OD as gesondheidsgevaar verklaar en gesluit is. Onthou die stank in Danabaai van die riool en hondekos fabriek op Mossdustria, die paraffienreuke van PetroSA en die rook van die Louis Fourie-vullisterrein.

Dis nie net onaangenaam nie, dit hou gesondheidsgevare in.

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit departement lugemmisie was nog nie genader om insette te lewer op die beïnvloeding van 'n chemiese aanleg by PetroSA nie.

Munisipale kommentaar:

Mosselbaai-munisipaliteit se woordvoerder, Colin Puren bevestig dat die genoemde erf nie gesoneer is vir 'n chemiese aanleg nie en dat die plaaslike munisipaliteit nog geen aansoek om hersonering ontvang het nie.

Tuinroete-distriksmunisipaliteit reageer:

People have the opportunity to send their comments or objections about the proposed long term lease of a portion of erf 419 in Mossel Bay. Erf 419 will be developed according to the regulations and policies of Mossel Bay Municipality after the public comments or objections have been received.

Other points of clarity

• The Garden Route District Municipality owns erf 419.

• The notice is about the proposed long term lease of a portion of erf 419 which belongs to the Garden Route DM.

Meer inligting en foto's op ons Facebookblad: 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2298205700410684?_

Verwante artikels:

Related Articles:
 
♫Kinders moenie in die water speel nie, die oumense het dit opgemors . . . ♫ 

Hartseer maar waar . . . die Hartenbos-rivier is baie siek weens baie jare se onkundige en kortsigtige misbruik en mishandeling . . . en hoewel 'n dapper spanpoging gisteroggend aangewend is om die monding meganies oop te stoot, is dit sterk te betwyfel of die rivier ooit dié Kersseisoen vir die publiek oopgestel sal kan word.

muni Des7 rivier

Baie vingers kan gewys word na baie mense oor die afgelope dekades, maar die "bottom line" bly maar die mens en sy neiging om feitlik bo-op die see of 'n rivier te wil woon (en dus die natuurlike kuslyn en riviervloei verfomfaai) en 'n inwonerstal wat so uitgebrei het dat niemand meer weet waarheen met al die "ablusiewater" nie . . . en rivier toe kan dit ook nie meer veel langer nie.

desember34

Die groot gesukkel om toestemming by Omgewingsake te kry om die monding oop te stoot en 'n toutrekkery oor waar en hoe dit oopgemaak moet word, belemmer voorts die reddingsaksies . . .

Gister se oopmakery was - volgens alle betrokkenes - ietwat van 'n "floppie" en hoewel die seewater met hoogwater redelik hoog in die rivier opgestoot het, was dit met laagwater weer duidelik dat die natuur hom nie laat voorskryf nie . .. die water het weer sy eie roete verby die nuwe "sloot" gevolg en die grasgroen kleur van die besoedelde rivierwater het selfs die vlak branders 'n neongroen skynsel gegee . . .

desember30

Terwyl baie mense meen die sandduine wat aan die ATKV se karavaanpark grens moet weg sodat die water sy oorspronklike roete kan volg, kap die ATKV teë uit vrees dat dit sy infrastruktuur kan beskadig . . . en hoewel dit oorwegend 'n soutwaterrivier is met weinig natuurlike invloei van varswater, word die rivier daagliks gebombardeer met miljoene kubieke liter varswater uit die rioolsuiweringswerke wat die soutbalans versteur . . . want iewers moet almal se "uitskot" heen, maar nou kan dit nie meer see toe loop nie.

desember20

Die slik van dié uitskotwater wat deur die dekades op die rivierbodem en sand opgebou het, het boonop die ekologie só versteur dat net 'n tsoenami dit behoorlik sal kan skoon spoel.

Dis 'n lang en ingewikkelde proses met baie rolspelers en "politieke jurisduksies" en terwyl kundiges en owerhede nou werk aan moontlike en volhoubare langtermyn-oplossings, is die kanse skraal dat veral die bokant van die rivier dié seisoen veilig sal wees vir swem of ontspanningsdoeleindes. Die water sal daagliks getoets word, maar wonderwerke gebeur nie oornag nie.

desember31

In 'n opvolg-aksie het inwoners Donderdagoggend wéér met hande-arbeid probeer om die riviermonding verder behoorlik oop te maak nadat die vorige dag se poging met meganiese toerusting deur die gety onderbreek is.

Hartenbos riviermond oopmaak

Dit was 'n moedige poging en sake is bemoeilik weens die massas sand wat verskuif moes word. Phillip Vermaak, voorsitter van die Hartenbos Rivier-forum, het gesê hoewel die seewater met Donderdagoggend se poging bo verwagting ver ingespoel het, is die rivier steeds nie geskik vir volle rekreasiedoeleindes nie. Die sterk inwaartse vloei van seewater beloof egter om welkome verligting te bring.  

 Luister ook gerus na 'n inwoner se mening oor die riviermonding. (Ons vra om verskoning vir die video wat op sy sy lê!) 

Nog foto's van die riviermonding se oopmaak: 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2295071540724100?

 Die goeie nuus is dat die klomp spierwit strande, die Punt-getypoel en die Poort se natuurlike swempoel steeds daar is - en dus hoef die verbode rivier nie vakansiegangers se pret te bederf nie.

1may8

 Lees gerus meer hier ook:

Related Articles:

Die ontstellende nuus dat die Hartenbos-rivier nou kort voor die Desembervakansie noodgedwonge gesluit moet word vir menslike aktiwiteite en die departemente van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning volstrek weier om die riviermond te kom oopstoot, is seker vir die meeste inwoners en besoekers 'n groot skok . . .

27 april20

Vir baie omgewingsbewustes wat al jare lank vergeefs waarsku en spook dat plaaslike owerhede moet aandag gee aan die toenemende verval by al drie riviere - Hartenbos-, Klein-Brak- en Groot-Brakrivier - is die sluiting van die rivier weens grootskaalse besoedeling en gesondheidsgevaar egter nie verbasend nie.

Hartenbos rivier gesluit

Selfs ons voortydige waarskuwing in September vanjaar dat besoekers gekla het oor vreemde opdrifsels in die rivier wat soos rioolafval lyk, het soveel snedige kritiek en opmerkings en selfs beskuldigings van "onverantwoordelike beriggewing" van munisipale kant en die Advertiser ontlok, dat 'n mens nie kon help om te wonder wat weggesteek word nie? Hoekom die hewige kritiek op 'n besoeker se opregte en bekommerde wenk aan ons dat ondersoek ingestel moet word?   

 Daar WAS toe al die tyd 'n d . . .  in die drinkwater en dit was beslis nie 'n droM nie . . .    https://web.facebook.com/mosselbayontheline/photos/pcb.2249151301982791/2249209221976999/?

 

hartenbos rivier1

'n Foto van die Hartenbos-rivier wat vroeër vandeesmaand reg langs die Riviera-hotel geneem is waar mense vroeër jare sorgvry in bootjies gevaar en geswem het. Watergehaltetoetse wat die Hartenbos-rivierforum op 19 November by 'n onafhanklike laboratorium op George laat doen het, dui egter op onaanvaarbare hoë  vlakke sulfaat-, ammoniak- en E.coli en moontlike rioolbesoedeling.

27 april18

Ons het die kranige roeiertjie in April vanjaar in die Hartenbos-rivier afgeneem en toe reeds gewaarsku dat kinders versigtig moet wees om nie van die water te sluk of te swem as hulle seerplekke het nie weens die twyfelagtige kleur en opdrifsels in die water wat ook op die foto gesien kan word.  

Ook foto's wat ons in September geneem het terwyl die riviermond oop was, het geen verbetering in die watergehalte dieper in die rivier getoon nie.

Dit is egter nie 'n nuwe probleem nie en dit blyk dat dinge al sedert vroeg in 2015 begin handuit ruk het. Tóé reeds is erge kommer uitgespreek oor veral die storting van erg besoedelde water van die munisipale stormwaterstelsel en die rioolsuiweringswerke in die rivier. Die hoë ammoniakvlakke in die rivierwater is voorts vererger deur menslike nedersettings langs die rivier waar ablusie- en rioolwater goedsmoeds in die rivier gestort word, asook boerderye waar chemiese gif- en bemestingstowwe toenemend in die water beland en die natuurlike soutvlakke verander. 

Ondanks daadwerklike pogings deur die Hartenbos Rivierforum om die saak te beredder, het die rivier se toestand en watergehalte desondanks so verswak dat die water nou weer onveilig geraak het vir ontspanningsdoeleindes en tydelik gesluit moes word tot verdere kennisgewing.  Vrae wat nou gevra word, is:

  • Hoe lank moet die rivier nog dien as "bodemlose puttoilet" vir munisipale watersuiweringswerke as dit duidelik is dat die groot hoeveelhede vars water en chemikalieë stelselmatig die sensitiewe rivierstelsel vernietig? Met die groeiende inwonerstal in die omgewing gaan die probleem net vererger;
  • Kan dié afvalwater nie verder behandel word om dit geskik te maak vir nywerheidsdoeleindes of landbougrond en eerder na omliggende plase herlei word nie? In 'n droogtegeteisterde land waar water die nuwe "goud" is, is dit amper krimineel om soveel bruikbare water in 'n uiters sensitiewe rivierstelsel see toe te pomp terwyl inwoners deur hul nekke betaal vir drinkwater en boere smag na water;
  • Wie monitor die aantal rivieroewer-bewoners wat dikwels onwettig en sonder ablusiegeriewe op plase "plak" en die rivier as wasplek en toilet gebruik?
  • Word die riviermonding deur kundige en ervare mense oopgemaak - op die regte plek en tyd en invalshoek in ooreenstemming met die seestroom wat die sand natuurlik sal wegvoer? "As kundige mense met die regte ervaring en kennis nie die riviermond oopmaak nie, sal dit binne 'n paar dae weer toespoel en groter skade aanrig. Jy kan nie die natuur beheer nie - jy moet sy natuurlike patroon volg as jy resultate wil hê," het 'n kundige laat weet.   

    

Brigit20

Só lyk dit tussen die  Hartenbos-rivierbrug en die rioolsuiweringswerke op die R102 waar poele water gedurig opdam.    

 Op 2 Desember 2016 is reeds soos volg oor die situasie in die Mossel Bay Advertiser berig:  

HARTENBOSRIVIER STADIG DOODGEMAAK

Mosselbaaiers wurg die lewe uit die Hartenbosrivier. Die munisipaliteit beplan nou om die rivier tydelik vir alle rekreasie te sluit.

Onlangse toetse dr Frans de Graaff (BVSc) op dooie vis uit die rivier het bevind dat die visvrektes aan die hoë ammoniakvlakke en verandering in die soutvlakke van die water toegeskryf kan word. Die ammoniakvlakke is volgens kenners die gevolg van onnadenkende, selfs moedswillige storting van onder meer diesel en olie in die munisipale stormwaterstelsel, en behandelde afvalwater wat vanaf die munisipale watersuiweringswerke in die rivier beland.
 
Menslike nedersetting en landbou-aktiwiteite dra verder by tot die rivier se swak waterkwaliteit.
 
"Die ammoniakvlakke in die water het waarskynlik alle lewe, buiten dalk 'n paar sandgarnale, uitgewis," is die skriftelike mening van 'n beampte van die departement waterwese en sanitasie wat vir professionele redes annoniem bly.
 
Intussen is hierdie week ook berig ontvang van voëlvrektes wat aan die Dibiki-kant van die rivier opgemerk is.
 
Gebreekte reaktor 
Die visvrektes in die Hartenbosrivier die afgelope naweek is waarskynlik die gevolg van te hoë ammoniakvlakke in die water, onder meer in die behandelde afvalwater wat van die munisipale aanleg in Hartenbos af kom, berig die waarnemende munisipale bestuurder, mnr Harry Hill.
 
Hy noem 'n kombinasie van faktore, onder meer die reaktor wat sover bekend op 1 November gebreek het, en die invloei van diesel deur die rioolstelsel na die aanleg wat nie die diesel kon neutraliseer nie, wat tot die besoedeling bygedra het.
 
Nog 'n week 
"Dit sal nog 'n week of wat neem vir die besoedelde water om deur te werk," aldus mnr Hill.
 
"Hoë ammoniakvlakke is egter ook hoër op in die rivier gemeet, en is vermoedelik die gevolg van septiese tenks in die nabyheid en landbou-aktiwiteite, asook natuurlike oorsake soos die verotting van plantmateriaal.
 
"Die munisipaliteit gaan intussen die monding so goed as moontlik probeer oophou, en borde aanbring om swem, hengel en die uithaal van aas tydelik te verbied totdat die probleem opgeklaar het. Daar sal voortgegaan word met die skoonmaak van die rivier, wat tydelik uitgestel moes word.
 
Blouvlag 
"Die besoedelingsprobleem is ingevolge die Blouvlagreëls aan die Wildlife and Environment Society of South Africa (WESSA) gerapporteer," berig mnr Hill. Hy sê watermonsters is geneem, soos daar deurlopend by Blouvlagstrande gedoen word, en die toetsuitslae sal aan WESSA voorsien word.
 
Die streng kriteria van die program fokus veiligheid, geriewe, netheid, inligting oor die omgewing en omgewingsbestuur en word deur die internasionale koördineerders van die Blouvlag-veldtog in Europa en Suid-Afrika nougeset vir nakoming gemonitor.
 
"Ons is uiteraard bekommerd oor die situasie in die rivier, en doen alles in ons vermoë om 'n oplossing te vind. Die situasie word deurlopend gemonitor," berig mnr Hill.
 
Bestuursplanne 
Mosselbaai munisipaliteit het bestuursplanne op die tafel vir die hantering van die riviermondings in die omgewing, maar hul jurisdiksie is beperk tot die mondings, maar die bron van besoedeling is in die meeste gevalle hoër stroom-op.
 
Die munisipaliteit het intussen opdrag gegee dat die rivierwater daagliks gemonitor word. Dit wil egter voorkom asof ander owerhede wat vir die res van die rivier verantwoordelik is, ook hul verantwoordelikheid baie meer nougeset sal moet nakom. Inwoners beweer dat landbouers te veel en ongereguleerd water uit die rivier onttrek en dat daar geen plan bestaan om die riete in die rivier te beperk of te verwyder nie.
 
"Probleme met visvrektes in die rivier het sporadies sedert April vanjaar toegeneem en dit wil voorkom asof die probleem net vererger het tot die situasie tans waar geen tekens van beide sout- en varswatervis in die riviermond voorkom nie.
 
Gewoonlik is die riviermondings die teelplek van vis. Met die jongste visvrektes is geen klein vissies te siene nie, wat 'n aanduiding is dat vis nie meer in die rivier teel nie," meen verteenwoordigers van die Hartenbosrivier-bestuursforum. Inwoners meen ook toestande in die rivier kan nie die slegs aan 'n gebreekte reaktor toegeskryf word nie.
 
Die afgelope week het inspekteurs van die departement omgewingsake, die sogenaamde Groen Skerpioene, die rivier wel besoek om ondersoek in te stel.
 
 
Kyk hieronder na 'n video-onderhoud met 'n verteenwoordiger van die Hartenbosrivier:
 
 
 
Twee jaar later . . .  Bogenoemde bevindings en bestuursplanne is reeds TWEE jaar gelede gedoen en hoewel AL die kenners die verhoogde ammoniakvlakke grootliks toegeskryf het aan die groot hoeveelhede behandelde varswater van die watersuiweringswerke wat in die rivier gestort word, is daar blykbaar niks gedoen om dié ooglopende OORSAAK van die probleem op te los nie.
 
Terwyl daar nou WEER (nes in 2016) vinnig voor die vakansie inderhaas noodplanne gemaak word om die Hartenbos-rivier betyds skoon te kry vir die hordes vakansiegangers en besoekers wat in aantog is, laat dit 'n wrang smaak in die mond. Hoekom NOU eers wakker skrik as dieselfde probleem al jare lank bestaan en plaaslike inwoners al vuisvoos gekla en baklei is? Moet die inwoners maar deur die jaar tevrede wees met die besoedeling, solank die besoekers net gelukkig is?
 
KLEIN-BRAKRIVIER
 
Klein Brakrivier
Net 'n entjie verder, op die pragtige Klein-Brakrivier, woed 'n soortgelyke stryd al langer as 'n dekade om die ewe sensitiewe rivierstelsel van ondeurdagte menslike inmenging en vergrype te red. 
Klein Brakrivier6
Só gaan dit binne die volgende paar weke weer op Klein-Brakrivier se strand lyk . . . maar wat gaan aan by die rivier waar die krewels vrek en die vis verdwyn? 

kleinbrak
 
 Die pragtige Kleinbrak-vleiland, waar vroeër jare tot 66 voëlspesies in 'n paradysagtige eilandomgewing gebroei en gejag het in 'n florerende ekostelsel, lyk vandag soos 'n dorre en verlate maanlandskap. 
 
power town river22
 
 
 
 
Waar voetspore vroeër in wit seesand al langs die riviermond tot in die see geloop het, is nou kleierige, swart en oranje sandgrond waarin net herinneringe groei.
 
 
 
Klein Brakrivier8 oom
 
 Vroeër jare was daar geen sprake van riete en varswaterplante in die soutwater-rivier nie en die hele rivier was 'n vissermansparadys. Sedert groot hoeveelhede afvalwater van PetroSA se opgaartenk en die munisipale waterwerke egter in die rivier vrygelaat word, het slik, riete en varswaterplantegroei die hele vleiland en sytak vernietig.  
 
 
power town river23
 
'n Entjie verder is 'n ou begraafplaas waar van die omgewing se pioniers en bekende voorsate jare gelede 'n statige rusplek op die oewer van hul geliefde rivier gevind het. Vandag rol hulle sweerlik in hul grafte rond oor wat met hul idilliese rivier-landskap gebeur het. 

power town grafte
 
Knus agter hulle lêplek pryk 'n lelike draadomheining om PetroSA se reuse-reservoir vol water uit die Wolwedansdam te beskerm.
 
power town river19
 
Links van hulle is 'n onooglike gebouekompleks wat die munisipale waterwerke huisves.
 
power town river17

Voor hulle is die erg vervalle ou kragstasiegebou met sy uittand-vensters waaruit bome en bosse groei - die baken vir die steeds groeiende Power Town-nedersetting waar elf nuwe "onwettige" huisies die afgelope paar maande weer opgeskiet het. En oral tussenin, waar die rivier eens glad en blink gevloei het, is net bosse en riete en soveel verwaarlosing dat nie eens voëls, slange of insekte dit daar waag nie.

power town bome

 
Oorkant die N2-hoofpad wat destyds bo-oor die rivier gebou is, lyk dit nog erger . . . Riete groei skouerhoog en waar die sytak van die rivier tot doer bo moes loop om aan te sluit by die hoofstroom, versper sementblokke en dosyne waterpype die pad.        

power town river9

Die verstopte kasduikers (culverts), pypleidings en reuse-sementblok is reg bo-op die vloei van die sytak van die Klein-Brakrivier gebou en blokkeer, tesame met die riete, die normale vloei van die seewater wat hierdeur moet vloei.  

power town river2

Die onooglike en vervalle ou kragstasie teen die pad is al dekades lank 'n groot steen des aanstoots en is ook uitgewys as een van die grootste versperrings in die natuurlike waternetwerk, maar die gebou staan steeds soos 'n seer oog terwyl al hoe meer nuwe inwoners daar intrek wat eintlik in Sonskynvallei hervestig moet word. Die nuwe onwettige strukture sou 'n paar weke gelede afgebreek word nadat wyksraadslede dringend in kennis gestel is, maar niks het nog gebeur nie.

Power Town River

Pypleidings van PetroSA en die munisipale waterwerke lê sommer oral in die toegegroeide rivierloop waar seewater moet deurvloei . . . dié versperrings sou lankal verwyder gewees het, maar iewers ontbreek die wil of belangstelling?  

power town river12

 Waar seewater moes opstoot in die sytak om bo by die hoofstroom aan te sluit, groei net bosse, riete en plante van al die varswater wat van PetroSA in die rivier beland  . . . 

power town river3

 

 

power town river4

Al wat oorgebly het van die rivieroewer waar seewater vryelik moes invloei . . . 

Maar daar is nog hoop . . . want die natuur het 'n manier om homself te genees . . . as die mens net wil ophou inmeng en die natuurwette respekteer?

Hoe lank gaan dié eens pragtige en natuurlike riviernetwerkstelsel nog só verwoes word voordat die betrokke owerhede en leiers daadwerklike en permanente oplossings vir die OORSAAK van die probleem vind? Of word die verantwoordelikheid maar net aangeskuif totdat dit te laat is en miljoene rande gaan kos?   

 

 Lees ook: 

 Related Articles:

 

 Dié artikel in die Vrye Weekblad in April 2019 laat die rooiligte nog meer flikker: 

‘Vandag erken die Departement van Waterwese en Sanitasie dat ongeveer 56% van munisipale rioolvullis-behandelingswerke nie reg werk nie en vuil water orals in riviere inloop.’

VRYEWEEKBLAD.COM
 
Die afgelope paar dae se goeie reën oor groot dele van die land gaan min doen om die waterkrisis af te weer, skryf Yolandi Groenewald
 

 

Related Articles:

Die toestand van die Hartenbosrivier wek al geruime tyd groot kommer oor die toenemende besoedeling en gesondheidsgevaar wat dit vir strandgangers en liefhebbers van watersportaktiwiteite inhou. Inwoners langs die rivieroewer vrees ook 'n hernieude uitbreking van 'n muggie- en muskietplaag wat in 2016 groot probleme veroorsaak het.

Die versengende droogte wat die Wes- en Suid-Kaap geteister het, het ook daartoe bygedra dat die rivier se afvloei see toe erg belemmer is. Chemiese middels van besproeingstowwe op plase wat in die water beland, riool van inwoners hoër op langs die rivier, asook die afvoerwater van die rioolsuiweringswerke en PetroSA se opgaardam wat daarin gepomp word, is alles faktore wat bydra tot die groeiende probleem. 

Grootskaalse pogings deur die Hartenbos-rivierforum in samewerking met die Mosselbaai Munisipaliteit om die probleem hok te slaan, het tot dusver nie veel vrugte afgewerp nie en volgens 'n inwoner, sal dit 'n "tsoenami" kos om die rivier weer "skoon" te kry en die normale vloei te verseker.

Onderstaande foto's van die rivier is vroeër vandeesmaand geneem en toon duidelik die ertjiegroen-kleur en besoedeling.

'n Dringende versoek om die riviermond oop te stoot tydens die volmaan-springgety op 23 November is egter summier geweier deur die departemente van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning - sonder dat enige redes vir die weiering verstrek is.

 

hartenbos rivier1

 

Hartenbos rivier NOU

 

Kommer oor toestand van Hartenbosrivier

Kommer heers oor die gesondheid van water in die Hartenbosrivier in Hartenbos, ’n gewilde Suid-Kaapse vakansiebestemming, naby Mosselbaai.

 Derduisende mense sak gewoonlik in Desember op dié kusdorp toe. Op 19 November het die uitslag van toetse op rivierwater wat die Hartenbos-rivierforum by ’n onafhanklike laboratorium in George laat toets het, onder meer gewys die sulfaat-, ammoniak- en E.coli-vlakke is hoër as die aanvaarbaar en dui op moontlike rioolbesoedeling. Die water is volgens die laboratorium ook nie vir ontspanningsgebruik geskik nie.

Phillip Vermaak, voorsitter van die Hartenbos-rivierforum, sê ’n versoek wat met die ondersteuning van die Mosselbaaise munisipaliteit gerig is om die riviermond op 23 November oop te stoot, is deur die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning afgekeur. Die situasie is ook aangemeld by die Garden Routedistriksmunisipaliteit, wat onder meer gemoeid is met die monitering van watergehalte in die distrik.

Volgens Vermaak is daar te veel vars water in die rivier, wat ’n soutwaterstelsel is. “By die riviermonding kom soutwater die stelsel binne, maar nie hoër op in die rivier nie.”

Hy sê hulle wil ’n situasie voorkom soos in 2016 toe daar onder meer ’n groot probleem met muggies en muskiete was. Die Hartenbos-rivierforum meen voorts die riviermond moet dringend oopgestoot word voordat groter skade aan die omgewing aangerig word. Die forum het ook gevra dat die departement sy redes vir die weiering skriftelik verskaf, maar wag nog op terugvoering. Die Garden Route-distriksmunisipaliteit is om kommentaar genader, maar het nog nie gereageer nie. 

(Die Burger)

Monitoring measures
Given the concerns raised by the Hartenbos River Forum about water quality in both the river and sea, the Mossel Bay Municipality will initiate several measures to ensure that water quality in the river and at the Blue Flag beach is adequately monitored:

  • Weekly analyses of sea water samples from the Blue Flag beach were to commence on 26 November. These samples will be tested for e-coli, pH and faecel streptococci.
  • Weekly analyses of river water samples by an accredited laboratory were to commence on 26 November. These will be tested for e-coli, pH, faecel streptococci and ammonia
  • Daily dissolved oxygen; salinity; temperature; and pH sampling in the river will also commence upon completion of the supply chain management process. The closing date for tenders is Friday, 30 November. The tests should therefore begin within the next week or two.



https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/concern-about-hartenbos-river-water-quality-201811260325?fbclid=IwAR35ucmxcDSw0BRwENCVnfCoAjZuMWASJhbQ7Y4V51OBQXaqLLVX-o3RQL4

 

Wayne Cockerill van Bloemfontein het onlangs in Hartenbos gekampeer en het dié foto van die sonsondergang met sy hommeltuig geneem.

Related Articles: