Delfinos.Passion for food-Passion for life Wolwedans Game Farm Beach House Restaurant Skorpios Security Reflexions Professional Hair Top Up Service Station Ponto Grille and Carvery Oyster World Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

Terwyl landsburgers toenemend keelvol is vir politieke magspeletjies ten koste van die land en sy mense, ruk dinge nou ook vinnig handuit in Mosselbaai . . .  

mosselbaaimooi

Hoewel mosselbayontheline 'n ONafhanklike, nie-politieke nuus- en bemarkingsplatform is, kon ons nie help om ons keer op keer bloedneus te loop teen politieke inmenging en 'n munisipale monopolie en diktatorskap wat blykbaar oor jare heen gebou is op 'n fondament van vrees, intimidasie en geheimsinnigheid nie.

bosses

Inwoners se vrae en klagtes word bloot geïgnoreer en dié wat desondanks aandring op antwoorde, of uit desperaatheid regstappe doen, word publiek aangeval, verdag gemaak of geviktimiseer - tot só 'n mate dat selfs gevestigde besigheidseienaars te bang is om uit te praat uit vrees dat hul besighede ondermyn sal word . . .

  distress

Ook mosselbayonthelinhet al verskeie kere deurgeloop onder venynige persoonlike aanvalle van uitsluitlik DA munisipale bestuurslui en -lede sodra ons durf waag om kritieke vrae te vra of kritiek van lesers te plaas - ons is selfs van die munisipale medialys verwyder nadat ons reguit vrae oor die geheimsinnigheid rondom die beplande metro-vorming begin vra het nadat lesers se vrae bloot geïgnoreer is.

politician

'n Bietjie ondersoekwerk het egter 'n skrikwekkende patroon van intimidasie, politieke aanstellings, geldverkwisting en diktatorskap, asook 'n sluier van ondeursigtigheid in die Mosselbaai Munisipaliteit ontbloot waarteen al jare tevore gewaarsku is. 

 'n Voormalige munisipale bestuurder onder wie se tien jaar leierskap Mosselbaai tot ongekende hoogtes in die Wes-Kaap en nasionaal gevoer is, het reeds vroeg in 2016 gewaarsku teen politieke inmenging en die wyse waarop DA-kandidate gekies en aangewys word sonder inagneming van hul ervaring en bevoegdheid.

"Die DA en mense van Mosselbaai gaan 'n baie duur prys betaal vir dié fout." (Berig onder)

Woorde wat dalk gouer waar geword het as wat die spreker voorsien het, want as 'n mens kyk watter astronomiese vergoedingspakkette senior munisipale amptenare deesdae verdien en die hoeveelheid geld wat aan konsultante en onbevoegde kontrakteurs betaal word ongeag die gehalte van hul diens of evaluering daarvan, is dit 'n skokkende prentjie wat ontvou.    

Die nuwe vergoedingstruktuur vir munisipale bestuurders wat nou selfs meer as die president kan verdien: 

 

Die nuwe vergoedingstruktuur vir top-bestuurslede wat aan die munisipale bestuurder rapporteer


Van wanneer af word 'n munisipaliteit deur politici beheer en bestuur ten koste van die belange van inwoners en die gemeenskap? 

money

Die verhoogde salarispakkette van tot bykans R4 miljoen wat top-munsipale amptenare nou kan verdien, asook 'n "aankondiging uit die bloute" dat die Wes-Kaapse Provinsie "gevra" is om te help om 'n metropool in die Suid-Kaap te vestig, het 'n tsoenami van ou geraamtes uit die kas laat tuimel. Pertinente vrae wat nooit beantwoord is nie, sluit in: 

1. Wat is die kwalifiserende en bepalende vereistes en kriteria vir senior munisipale amptenare en raadslede en hoe word hul dienslewering en prestasies geëvalueer? Het hulle enige toepaslike ervaring van die portefeuljes wat hulle beklee, of is almal deesdae bloot hoogs betaalde politieke aanstellings en onervare marionette in 'n politieke magspel?

councillors

 

2. Hoe het dit gebeur dat 'n verhoorafwagtende finansiële bestuurder in Mosselbaai aangestel is ondanks ernstige bedrogklagte teen hom en hy nie dadelik afgedank is nadat hy skuldig bevind is nie?  Marius Botha, voorheen die finansiële hoof van die Karoo-Hoogland-munisipaliteit, is op 1 Desember 2014 aangestel as die hoof van finansies van die DA-beheerde Mosselbaai-munisipaliteit en het destyds die munisipaliteit oor die aanklagte teen hom ingelig.

Marius Botha

’n Bepaling is toe in sy dienskontrak aangebring dat sy dienste beëindig "kan" word as hy aan ’n strafregtelike
oortreding skuldig bevind sou word. Sy dienste is nooit beëindig nadat hy in Mei 2017 skuldig bevind is nie, hoewel opposisiepartye wel geëis het dat hy summier afgedank word.  Hy, sowel as 'n waarnemende finansiële hoof, is blykbaar egter nog tot September betaal terwyl hy al in die tronk was. Dawid Kamfer, Wes-Kaapse leier van Icosa en ’n lid van die Mosselbaai-stadsraad, het in September 2017 gesê:

"Nie net word ’n salaris betaal aan iemand wat aan korrupsie skuldig bevind is en nou in die gevangenis sit
nie, maar iemand word ook betaal om in sy pos waar te neem. Hoe lank gaan die belastingbetalers se geld nog so verkwis word? Dit is skokkend.”
Volgens Kamfer kon Botha se kontrak beëindig geword het toe hy in Mei skuldig bevind is op die aanklagte teen hom. 
law

*Die "onwettige" aanstelling van Botha het verder geboemerang toe hy teen sy skuldigbevinding appelleer en Mosselbaai Munisipaliteit boonop aankla van onregmatige afdanking omdat die oorspronklike kontrak wat hy met hulle gesluit het, glo nutteloos is en nie voorsiening maak vir sy reg op 'n regverdige verhoor nie. Die Mosselbaai Munisipaliteit (en indirek belatingbetalers) dok steeds op vir arbeidsadvokate in dié voortslepende saak wat reeds honderde duisende rande beloop .

DUUR glips:  Boonop het Mosselbaai se oorwegend DA-beheerde raad nou op hul laaste raadsvergadering vir 2018  'n aanbeveling aanvaar dat die afgedankte Marius Botha homself aan 'n prestasie-evaluering onderwerp om te bepaal of 'n prestasiebonus wel aan hom betaal moet word - dit terwyl die Mosselbaai Munisipaliteit reeds bykans 'n halfmiljoen rand se regskoste tot dusver moes opdok in 'n voortslepende hofgeding wat Botha teen die munisipaliteit aanhangig gemaak het oor sy afdanking nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van bedrog by 'n vorige munisipaliteit.

Hoekom moet belastingbetalers indirek opdok vir dié voortslepende en peperduur nagevolge van die onwettige aanstelling van 'n verhoorafwagtende munisipale bestuurder as sy aanstelling boonop teen munisipale regulasies was?  

Hoeveel beloop só 'n "prestasiebonus" ? 

Marius Botha prestasiebonus

 

DRIE ervare finansiële kenners en steeds word skoon oudit verbeur? Wie betaal? 

Ná Botha se afdanking is eers Louis Fourie van George vir 'n tydjie gekoöpteer as Mosselbaai se waarnemende hoof finansiële beampte, en daarna is Kobus Bruwer (links onder) op 1 November 2017 in dié waarnemende pos aangestel tot en met die aanstelling van die nuwe finansiële hoof, Dawood Asmal (regs), in Mei 2018. 

finansbestuurder

Asmal, 'n geoktrooieerde rekenmeester wat verskeie finansiële poste in die korporatiewe sakewêreld in Johannesburg beklee het, se aanstelling het weer eens die wenkbroue laat lig omdat hy géén vorige ervaring in plaaslike regering of as munisipale hoof van finansies het nie. Bruwer is sedert Asmal se aanstelling as "konsultant" aangestel om Asmal "op te lei" - 'n pos wat hy, benewens sy werk as boekhouer/konsultant in die private sektor, nog tot einde November 2018 beklee.

*Hierbenewens is 'n voormalige hoof finansiële beampte, Kobus van Niekerk, óók in Mei aangestel om die stormloop klagtes oor en probleme met waterverbruikmonitering namens die kontrakteur IKAPA Reticulation and Flow te bestuur. Dit het gevolg op 'n stortvloed klagtes van inwoners oor hemelhoë water- en ligterekeninge nadat IKAPA-meterlesers blykbaar versuim het om die meterlesings te neem en slegs "geskatte lesings" deurgegee het wat glo minder as die werklike verbruik was.  Van Niekerk is juis aangestel om te verseker dat die IKAPA-kontrakteur daagliks gemonitor en bestuur word.  (Dit terwyl IKAPA betaal word en verantwoordelik is vir die bestuur en programmatuur vir die lees van water en elektrisiteitsmeters.) Mosselbaaiers betaal dus al maande lank vir DRIE finansiële kenners PLUS regskoste wat opbou teen 'n voormalige, geskorste finansiële hoof . . . ? Desondanks het die munisipaliteit vir die eerste keer in sewe agtereenvolgende jare 'n skoon oudit verbeur . . . en word belastingbetalers toenemend gewurg deur stygende munisipale tariewe en belastings.  

finansiële hoof

Mosselbaai se munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee (voor) nooi inwoners met watermeterlesingsprobleme om met Kobus van Niekerk (regs) by die munisipaliteit in verbinding te tree. Kobus Bruwer, die waarnemende hoof finansiële beampte, (links) kyk toe. Foto: Nickey le Roux

 https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/planne-met-water-meterlesings-201804121219

Wolk van omstredenheid

Intussen het die storms rondom die omstrede aanstelling van Mosselbaai se laaste munisipale bestuurder en die ondersoek na ongerymdhede tydens sy vorige pos as hoof-uitvoerende beampte van die Wes-Kaapse Drankowerheid, nog lank nie gaan lê nie.

oudit

Foto: Trotse senior bestuurslede spog vroeg vanjaar met die toekennings vir 'n skoon oudit wat Mosselbaai Munisipaliteit vir die sesde agtereenvolgende jaar gewen het. Dié trotse tradisie het vanjaar skipbreuk gely . . .

Adv. Thys Giliomee se "eensydige" aanstelling op 1 Desember 2016 in die plek van die vorige munisipale bestuurder, dr. Michelle Gratz, het hewige kritiek van opposisiepartye in die raad ontlok omdat hy glo nie die vereiste vyf jaar ervaring as munisipale bestuurder het nie en glo ook nie volgens die "normale prosedures" aangestel is nie. ICOSA-raadslid Dawid Kamfer en raadslede van die ander opposisiepartye het laat blyk dat hulle nie geken is in sy keuring en aanstelling nie en ook nie noodwendig daarmee saamstem nie.  ANC-raadslid Jovan Bruinders het gesê Giliomee is deur die DA herontontplooi en nie deur die volle raad aangestel nie. Weens Giliomee se gebrekkige ervaring as munisipale bestuurder sou 'n mentor glo aangestel word om hom aanvanklik by te staan, maar dit het nooit gerealiseer nie.

Kamfer het selfs sover gegaan om in sy hoedanigheid as provinsiale ICOSA-leier en raadslid 'n amptelike klag teen Giliomee se aanstelling by die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, mnr Des van Rooyen, asook die Openbare Beskermer op George aanhangig te maak.

ICOSA het aangevoer dat Giliomee in 2012 waargeneem het as munisipale bestuurder in Bitou, maar juis nie permanent aangestel is nie weens sy gebrek aan die vereiste vyf jaar ervaring in 'n senior munisipale pos. Van 1 Augustus 2012 tot 31 Oktober 2015 is Giliomee op 'n vastetermynkontrak aangestel as hoofuitvoerende beampte van die Wes-Kaapse Drankraad en kon hy dus geen verdere ervaring in plaaslike regering opgedoen het tot hy skielik in 2016 as Mosselbaai se munisipale bestuurder aangestel is nie, het Kamfer aangevoer. 

 

 https://www.mosselbayadvertiser.com/news/News/General/177310/New-municipal-manager-for-Mossel-Bay

Drankraadsaak oor R9 miljoen vir meubels sloer steeds - nou na SAPD verwys

Intussen is Giliomee sedert einde 2016 geïmpliseer in 'n uitgerekte forensiese ondersoek deur die Provinsiale Forensiese Eenheid na aanleiding van die uitslag van die 2015/16 ouditverslag deur die Ouditeur-generaal oor die aankoopprosesse wat gevolg is vir die meubilering en uitrus van kantoorspasie van die Wes-Kaapse Drankowerheid ten bedrae van R9 miljoen.

In April 2017 het Dan Plato (foto onder), toe LUR vir Gemeenskapsveiligheid, glo gesê 'n forensiese verslag en evaluasie oor dié "onreëlmatige besteding" is aan die voorsitter van die Onafhanklike Ouditkomitee gestuur en ter tafel gelê voor die staande komitee oor openbare rekeninge (SCOPA) in die provinsiale wetgewer.

SCOPA se voorsitter en ACDP-leier in die wetgewer, Ferlon Christians, het dit egter ontken en gesê hy het nooit die verslag gesien of ontvang nie. "Ek wil antwoorde hê oor hoe R9 miljoen spandeer is op meubels vir kantoorspasie van die Wes-Kaapse Drankowerheid as die Ouditeur-generaal meen dit dui op onreëlmatige besteding."

Ferlon Christians

"Wat ons (SCOPA) gewoonlik doen wanneer ons die Ouditeur-Generaal se verslag of oudit ontvang, is om na die verslag te kyk en al die betrokke partye byeen te kry vir 'n inligtingsessie voordat ons besluit wat om te doen.

"Wanneer ek die verslag ontvang, sal ek die komitee byeenroep en ons sal dit so gou as moontlik op SCOPA se agenda plaas om dit so vinnig as moontlik afgehandel te kry.  Ons werk is om seker te maak dat publieke geld op die regte manier aangewend word en alles deursigtig gedoen word. As daar enige onreëlmatighede is, sal ons dit ondersoek", het hy gesê. 

Volgens mediaberigte het Giliomee destyds gesê hy is gereed om homself te verdedig teen enige bewerings van onreëlmatige besteding terwyl hy hoof van die Wes-Kaapse Drankowerheid was.  Hy het gesê die ondersoek beïnvloed nie sy huidige posisie as munisipale bestuurder nie, omdat dit eers begin is nadat hy weg was. Hy het destyds gesê hy dink hy verstaan wat gebeur het.

"Die aanvanklike verslag was onbeslis en is toe terugverwys vir verdere ondersoek. Ek het nie die verslag gesien nie, maar ek is gereed om daarop te reageer," het hy glo gesê.

Christians het egter eers 'n maand gelede die verslag van Plato ontvang. In mediakringe is bespiegel dat die saak net onder die mat gevee sal word. 

In die jongste verwikkelinge is SCOPA in kennis gestel dat die uitslag van die forensiese ondersoek deur die Provinsiale Forensiese Eenheid oor die "onreëlmatige besteding" in terme van die Beheerraad van die Wes-Kaapse Drankowerheid, vir verdere ondersoek na die Polisie verwys is.  

https://www.iol.co.za/capetimes/news/probe-into-liquor-boards-r9m-office-splurge-10016065

https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/nuwe-munisipale-bestuurder-icosa-ontevrede-20170711

https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/mosselbaai-se-nuwe-munisipale-bestuurder-het-planne-20161214?fbclid=IwAR2ZrIeb4qrfsDYkBSBinU7cNoB-IfqHJik9vph621G_I9ihgoVOtdNvLsk

Skok oor Gratz se onverwagse bedanking

Die skokaankondiging in Mei 2016 dat Mosselbaai se munisipale bestuurder, dr. Michele Gratz, gaan bedank, het inwoners destyds heeltemal onkant betrap - veral oor die ongekende hoogtepunte en prestasies wat die dorp onder haar bestuur bereik het. Tog was dit in munisipale geledere bekend dat politieke inmenging en voorskriftelikheid 'n groot rol in haar bedanking gespeel het. Die ANC het dit ook reguit ná haar bedanking gesê - naamlik dat sy nie langer kon verduur om (deur die DA) voorgesê te word nie.

Michelle Gratz
Foto: Eerwaarde Jim van der Merwe (links), Emil Scheepers (middel) en Raadslid Petru Terblanche by Dr Michele Gratz tydens haar afskeidsfunksie. https://www.mosselbayadvertiser.com/news/News/General/165088/Sad-farewell-to-Municipal-Manager

Dr Gratz, 'n gekwalifiseerde mediese dokter, het reeds in Mei 2016 haar voorneme om te bedank bekend gemaak - 'n jaar voordat haar (tweede) termyn amptelik in Mei 2017 sou verstryk. Sy het amptelik uit diens getree op 3 Augustus 2016 om saam te val met die munisipale verkiesing sodat die raad "genoegsame tyd sou hê om die beste en mees geskikte en ervare opvolger te soek."
Gratz het hoë aansien in Wes-Kaapse munisipale kringe geniet en onder haar leiding het die Mosselbaai munisipaliteit verskeie "eerstes" bereik en talle provinsiale en nasionale eerbewyse ontvang - waaronder vier agtereenvolgende skoon oudits, Groen Dorp-toekenning en die feeste soos die Dias-fees wat steeds 'n hoogtepunt op die dorp se toerismekalender is. (Artikels aangeheg)

Ná haar besluit om te bedank het Gratz haar ware gevoelens en redes vir haar voorgenome bedanking in 'n sterk-bewoorde, vertroulike brief aan Piet Pretorius, destyds die DA-kiesafdelingshoof van Mosselbaai, bekend gemaak. Dié brief, wat ook aan die media en raadslede gelek is, het opslae in die DA-beheerde munisipaliteit veroorsaak - veral omdat Gratz haar sterk uitgespreek het oor die aanstelling van politieke pionne pleks van die beste individue vir die pos - 'n sentiment wat deesdae al hoe meer onder inwoners weerklink. 

https://www.mosselbayadvertiser.com/news/News/General/163636/Shock-over-resignation

https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/gratz-leaves-big-shoes-to-fill-20170711

https://www.mosselbayadvertiser.com/news/News/General/163639/ANC-comments-on-Gratz-resignation

‘DA-lede kan net KFC eet’

‘Party kan in duie stort met nuwe verkiesingskandidate’

Kaapstad. – ’n Vertroulike brief waarin dr. Michelle Gratz, uittredende munisipale bestuurder van die Mosselbaai-munisipaliteit, die DA daarvan beskuldig dat sy raadslede slegs KFC kan eet en vir die kameras poseer, maak opslae in die party.

Dit kan selfs by Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en die DAvoorsitter in die Wes-Kaap, gaan draai.

In die sterk bewoorde brief, wat aan Netwerk24 gelek is, skryf Gratz aan Piet Pretorius, DA-kiesafdelingshoof van Mosselbaai, dat die DA-beheerde munisipaliteit in duie gaan stort met die nuwe kandidate wat vir die komende munisipale verkiesing aangewys is.

Sy het vroeër aangedui dat sy besluit het om te bedank voor sy die brief geskryf het.

Gratz se ontevredenheid kom nadat ’n dienende raadslid, Emile Scheepers, nie weer deur die DA as ’n kandidaat aangewys is nie.

“Hy is ’n man wat uitstekende werk gedoen het. Ek verstaan nie hoekom die DA hom nie weer verkies het nie. Dit wil voorkom of DA-raadslede by ’n tussenverkiesing moet sit en vir die kameras glimlag terwyl hulle KFC eet,” het Gratz in haar brief gesê.

Gratz, wat Maandag haar laaste werksdag op kantoor deurgebring het, het bedenkinge oor die manier waarop die DA-kandidate gekies en aangewys is.

Die DA en die mense van Mosselbaai gaan ’n baie duur prys betaal vir dié fout.

“Die stelsel wat hulle gebruik, is heeltemal hopeloos. Die kriteria wat die DA gebruik is swak, want dit evalueer geensins ’n raadslid se werk nie. Hoe kan ’n kandidaat binne tien minute geëvalueer word? Met groot respek, die Mosselbaai-munisipaliteit voer veel langer onderhoude met werksoekers. Weet die keuringspanele enigiets van Mosselbaai? Duidelik nie,” het Gratz gesê.

Sy het gesê sy het vantevore in ’n munisipale raad met swak raadslede gewerk.

“Die DA en die mense van Mosselbaai gaan ’n baie duur prys betaal vir dié fout. Net soos pres. Jacob Zuma gedink het sy besluit om Nhlanhla Nene te verwyder sal nie die land benadeel nie, so ook dink die DA dat raadslid Scheepers se verwydering Mosselbaai nie negatief gaan raak nie. Die DA moedig mense aan om vir verandering te stem. As hulle ’n verandering wil bring met swak raadslede . . . Ek wil nie deel wees van ’n sinkende skip nie,” het sy geskryf.

Pretorius, ook adjunkspeaker van die Wes-Kaapse wetgewer, het Donderdag by navraag gesê: “Ek gaan nie kommentaar lewer op Gratz se brief nie. Dit is haar mening van die DA. Dit is die einde van die saak; ek kan niks verder daaraan doen nie.”

Jeanette Gouws, ’n ACDPraadslid van Mosselbaai, het gesê sy het die brief gesien. “Dr. Gratz maak haar skuldig aan inmenging by partypolitiek. Dit is nie haar terrein nie. Die saak behoort verder ondersoek te word. Die ACDP oorweeg om ’n klag by Anton Bredell, WesKaapse minister van provinsiale regering, in te dien.”

Marie Ferreira, Mosselbaai se burgemeester, het by navraag gesê sy het die brief gesien. “Ek gaan nie kommentaar daarop lewer nie. Dit is ’n politieke aangeleentheid.”

Jaco Londt, voorsitter van die DA se Oos-streek, het gesê die party het ’n deeglike en deursigtige keuringsproses vir sy kandidate gevolg.

“Ons het die beste moontlike span vir Mosselbaai aangewys. Enige individu is geregtig op ’n eie mening. Ek is vol vertroue dat Mosselbaai as span sal voortbou op die suksesse van die huidige raad.”

 

Burgemeester doen beroep op raadslede om "saam te staan" teen gemeenskap

Mosselbaai Munisipaliteit
Voorbladfoto: Nicky le Roux

in April 2017 - kort ná die aanstelling van adv. Thys Giliomee as nuwe munisipale bestuurder in dr. Michelle Gratz se plek, het burgemeester Harry Levendal 'n dringende beroep op alle raadslede gedoen om 'n "verenigde front" te handhaaf en saam te staan wanneer hulle met die publiek te doen het.

Met 'n DA-beheerde raad, kom dit eintlik daarop neer dat die opposisiepartye se menings, besware en standpunte ondergeskik is aan die DA-meerderheidsbesluit en dus eintlik net "lastige onderbrekings" in voorskriftelke raadsvergaderings is.

Harry Levendal

"Councillors, when engaging with communities and people, must always support the resolutions, approved policies and plans of the municipality. We need to be seen as one unit leading our people to a better life for them and their children. We must never fight political battles at the cost of the people we serve. The wellbeing of our people must always be the priority, not that of the political party we represent in council.

https://www.mosselbayadvertiser.com/News/Article/General/mayor-calls-for-a-united-front-20170711

Toerisme se vyf top-direksielede loop uit protes teen  voorskriftelike geboelie

In 'n ongehoorde eerste vir Mosselbaai het al vyf direksielede uit die private sektor van Mosselbaai Toerisme vroeër vandeesmaand eenparig hul nominasies onttrek oor die onhoudbare en volgehoue spanning en onenigheid wat bestuursvergaderings sedert die begin van die jaar versuur - blykbaar weens toenemende burokratiese inmenging en outokrasie van munisipale kant.

Dié skoknuus het hewige publieke reaksie ontlok en talle vrae laat ontstaan. Terwyl niemand gekant is teen die aanstelling van nuwe, jong en innoverende kandidate nie, was almal geskok en hartseer oor die manier wat dit moes plaasvind - veral omdat die uittredende direksielede saam dekades lange ervaring het. 

Werner Kock, voorsitter van die raad van direkteure, het die aankondiging gedoen op Mosselbaai Toerisme se laaste Algemene Jaarvergadering vir 2018. Kock het gesê dat hy en sy vier mede-direkteure - insluitende die onder-voorsitter - hulself nie weer beskikbaar stel nie, en nie langer kans sien om onder die huidige onsmaaklike omstandighede in die raad te dien nie. 

Hy het gesê dit is vir hulle 'n baie hartseer dag om hul nominasies te onttrek nadat hulle gesamentlik etlike dekades lank ten nouste betrokke was by Mosselbaai se toerisme en almal juis 'n groot passie daarvoor het. 

Benewens Kock, finansiële bestuurder van die ATKV se Hartenbos-tak wat Mosselbaai Toerisme as direkteur van Hotelle, Rusoorde en Wildplase verteenwoordig het, is die ander direksielede wat uit solidariteit onttrek het, ook die onder-voorsitter, Marika Thomatos (Besighede), Jeanetta Marais (Selfsorg-eenhede); Gerhard van Rooyen (Toeroperateurs en Besienswaardighede/Aktiwiteite) en René Malan (Gastehuise & B&B-huisvesting). 

toerisme4

Foto: Gesoute toerisme-vasvatters sit voet neer teen voorskriftelike burokrasie wat doelstellings ondermyn. Van links is René Malan, Werner Kock, Gerhard van Rooyen, Marika Thomatos en Jeanetta Marais ná Donderdag se historiese AJV waartydens hulle eenparig hul nominasies onttrek het. 

Kock, Thomatos en Marais is tydens die vergadering vervang deur onderskeidelik Michelle Oosthuizen van die Diaz Hotel, Kim Naude van Co-Mind en Tertius Coetzer van Diaz Porto Hotel. Van Rooyen en Malan se portefeuljes moet nog gevul word. Intussen is munisipale raadslid Mark Furness as die nuwe voorsitter aangestel - nog 'n stap wat die wenkbroue laat lig en as 'n "ongesonde situasie" beskryf is omdat dit verdere bewys is van die munisipaliteit se "kaping" van toerisme in die dorp. 

toerisme3

Die drie nuwe direksielede van Mosselbaai Toerisme by die res van die bestuur. Van links is munisipale raadslid Venolea Fortuin, Aneli Gerber, bedryfshoof, Kim Naude (Besighede & Besigheidskamer), raadslid Mark Furness (nuwe voorsitter), Tertius Coetzer (Selfsorg-eenhede), munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee, Michelle Oosthuizen (Hotelle, Rusoorde & Wildsplase) en Charlie Hendrics (gemeenskapsverteenwoordiger). Die eenparige bedanking van al vyf direkteure uit die private sektor, insluitende die voorsitter en ondervoorsitter van die raad, weens beweerde voorskriftelike burokratiese magspeletjies van munisipale kant af het 'n demper op die gebeure geplaas.

Lees die volledige berig hier:

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/168-mosselbaai-toerisme-vyf-direkteure-loop-oor-burokrasie 

Kyk ook ons vorige Facebook-plasing oor verwante sake:

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2284663001764954?_

 

 

 

Related Articles:

Sjoe, dit was 'n heerlike sonskyndag, dis amper vakansie en ons sou graag nét mooi vakansiefoto's wou plaas, maar nou gaan dit ROF in die land . . . 

 mooifoto

As dit nie ESKOM is wat ons dalk 'n donker Kersfees gaan besorg nie, is dit hospitale, pasiënte en administrateurs van mediese skemas wat vrees dat die Regering dalk private siekefondse gaan verbied om sy Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) af te dwing . . .

  • In Mosselbaai gaan dit OOK rof met stygende misdaad en stygende pryse wat belastingbetalers toenemend doodwurg . . . terwyl dit blykbaar net senior munisipale bestuurders is wat finansieel baat vind. 

Munisipale salarisse

Hoe meer inwoners sukkel om kop bo water te hou, hoe groter word die salarisse en voordele van munisipale amptenare wat die gemeenskap moet dien . . . hoe ironies? Lees ook hier oor nuwe planne om politieke inmenging in munisipaliteite en munisipale hoës se kwalifikasies onder die loep te neem: http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/health/171-politieke-inmenging-en-geskille-in-munisipaliteite-en-amptenare-se-kwalifikasies-bekyk

Deesdae kan senior munisipale bestuurslede selfs meer as die president verdien.
http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/health/173-top-south-african-municipal-managers-can-now-earn-more-than-the-president
 
Selfs 'n dringende mosie deur ACDP raadslid Jeanette Gouws om die hemelhoë nuwe dienstegeld en munisipale tariewe vir pensioenarisse aan te pas, is deur die meerderheid DA-raadslede afgekeur. Die verskoning dat munisipale tariewe nie in 'n finansiële jaar verlaag kan word nie, is deur nasionale tesourie geveto wat bepaal dat tariewe wel verlaag kan word, maar nie verhoog kan word in 'n dinansiële jaar nie. Geen aanpassings om veral pensioenarisse tegemoet te kom, is sedertdien egter nog gedoen nie. 
 
Boonop word nuwe "aankondigings" oor ontwikkelings wat ekonomiese groei moet skep, ook skielik uit die bloute in fynskrif-kennisgewings gedoen sonder dat inwoners 'n idee het waaroor dit gaan of hoegenaamd geraadpleeg word . . . Een hiervan is 'n skokaankondiging deur Graham Paulse, hoof van die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering, dat die provinsiale regering "glo gevra is om te help om 'n Metropool vir die Tuinroete te vestig" - spesifiek glo deur die munisipale bestuurder van die Tuinroete Distriksmunisipaliteit, Monde Stratu. 

metropool monde LI

Ons waarsku al lank dat Mosselbaai dalk nou 'n nywerheidsontploffing gaan beleef as die kern van ekonomiese groei in die Tuinroete met die oog daarop om 'n metropool met die sukkelende munisipaliteite van George/Knysna/Oudtshoorn te vorm . . . Het inwoners regtig geen seggenskap meer in sulke besluite wat hul regstreeks raak nie? Die nuus oor die metropool is heel onder weggesteek in die berig wat in die Mossel bay Advertiser verskyn het. 

Graham Paulse1

Die stilswye rondom die moonlike samesmelting met ander munisipaliteite in die Tuinroete om 'n metropool te vorm, pla bekommerde inwoners al lankal. Toe Mosselbayontheline aandring op antwoorde in dié verband, is ons summier van die munisipaliteit se medialys verwyder  Nou het Graham Paulse, Wes-Kaapse hoof van Wes-Kaapse regering, uiteindelik die stilswye verbreek en erken dat die Provinsie gaan help om dit te bewerkstellig . .. sonder enige inagneming van belastingbetalers wat sal moet opdok? Só het ons vroeër hieroor berig: http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/health/144-samesmelting-met-george-om-n-metropool-te-vorm-hoekom-die-stilswye — inMossel Bay, Western Cape.

'n Tydjie gelede was dit weer die burgemeester van die Tuinroete Distriksmunisipaliteit, Memory Booysen, wat tydens 'n sooispit-seremonie "aangekondig" het dat 'n R1 miljard chemiese aanleg op die terrein langs die bankrot PetroSA opgerig gaan word en dat "wetgewing gebruik gaan word om die proses te bespoedig".

Dìt terwyl niemand nog weet waaroor die aanleg regtig gaan, watter chemiese middels gebruik gaan word en wat die impak gaan wees nie. Terselfdertyd is daar skielik 'n kennisgewing dat inwoners voor 7 Desember skriftelik besware of kommentaar moet stuur oor die langtermyn-verhuring van die betrokke perseel ('n gedeelte van erf 419, Mosselbaai) aan Ikusasa Processing Engineering Consultants om 'n chemiese vervaardigingsaanleg op te rig. Sommer net so? Hoe lewer 'n mens kommentaar op iets as jy nie weet wat dit behels nie?

chemical plant kennisgewing

Skriftelike kommentaar/besware oor die beplande R1 miljard chemiese aanleg langs PetroSA moet voor Vrydag 7 Desember 2018 ingedien wees . . . sonder enige verpligte publieke deelnameproses om mense in te lig wat presies beplan word . . . of omgewingsimpakstudies? Lees meer hier: http://www.gardenroute.gov.za/2018/10/02/garden-route-district-municipality-attracts-investment-of-r1-billion/?fbclid=IwAR30ctMseraGXAN-tE4W5_5MjdKbSATpdrTR6tuC_18yqiHad2ZV1Mg2-Io

Dit is hierdie tipe ondeursigtigheid en deurhaas van projekte sonder publieke deelname wat inwoners al hoe warmer onder die kraag maak. Moet hulle net al hoe meer en meer opdok vir basiese dienste en belasting, terwyl hulle geen sê meer het oor wat in die dorp aangaan of beplan word nie, word toenemend gekla.

mooifoto2

Mosselbaai se ongerepte natuurskoon is een van sy grootste bates . . .Hier is een van die mooiste "surf" foto's wat ons vroeër vanjaar geplaas het wat deur Andries Dunn van Surfstompers by die Punt geneem is.

Hemelhoë munisipale tariewe  . .. maar dienste verswak?

Mosselbaai se munisipale begroting van R1.1 miljard vir die 2018/2019 finansiële jaar is tydens die Raadsvergadering in Mei 2018 deur die DA-meerderheidsraadslede goedgekeur ondanks besware deur al die ander opposisiepartye. Ondanks die skerp verhogings in basiese dienste, kla baie inwoners dat hulle al maande lank geen munisipale rekeninge ontvang nie en derhalwe gedwing word om dit fisiek by die munisipaliteit te gaan afhaal - ondanks herhaalde versoeke om dit te epos. In sommige gevalle word hulle selfs gevra om die kontrakteur IKAPA te bel. Besigheidseienaars wie se besigheidsbelasting met tot R1 500 per maand gestyg het, sukkel ook om antwoorde op hul navrae te kry.

  • Dit is ironies dat terwyl inwoners en pensioenarisse sukkel om die verhogings te absorbeer en die top-salarisse van munisipale bestuurslui so drasties verhoog is, Mosselbaai Munisipaliteit sy sewende skoon oudit verbeur het omdat daar vir die eerste keer in sewe jaar nie aan alle vereiste kriteria voldoen is nie.

 

  • 'n Vinnige kykie na die kommentare op die FB-blad "STOP COCT - Dear Cape Town" gee 'n aanduiding van die groeiende woede onder Wes-Kaapse inwoners oor die wyse waarop hulle toenemend deur politici gemelk word, terwyl hulle totaal in die duister gehou word oor planne en ontwikkelings wat hulle direk raak.

 

  • AWAPLASE (VINVIS-BOERDERY) IN DIE SEE

'n Goeie voorbeeld van sulke ondeursigtige en ondeurdagte planne wat deurgehaas word, is die omstrede departement van landbou, bosbou en vissery (DAFF) se betrokkenheid by akwaboerdery-planne vir Mosselbaai . . . nogal op persoonlike uitnodiging van die munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee.

Dit terwyl dié einste departement toenemend onder die soeklig is oor grootskaalse bedrog, onbevoegdheid en perlemoensmokkelsindikate . . . en die omstrede hokvisbedryf wat DAFF ondanks hewige publieke besware en 'n hangende hofgeding op Saldanhabaai deurgestoomroller het, raak nou 'n verleentheid nadat 'n video vrygestel is wat wys hoe 'n rob reeds binne-in een van die hokke beland het. terwyl tientalle ander oral ook in die hokke probeer kom.

As robbe so vinnig binne-in DAFF se vishokke kan kom, dink net hoe lekker sal walvisse, haaie en dolfyne daarin baljaar - veral in Mosselbaai se rowwe seewaters tydens springgety . . . 

aqua seal in cage

  • Só lyk dit deesdae langs die pragtige Langebaan Lagoon en Saldanhabaai waar onooglike drywende vishokke die see ontsier en tientalle robbe lok vir 'n vinnige happie . .. Is DIT en perlemoensindikate wat ook op Mosselbaai wag as akwaboerdery hier ingestoomroller word as deel van die sg. Geïntegreerde Ontwikkelingsplan vir die Tuinroete?

 

 Ons waarsku al lankal teen die sg. akwaboerderybedryf wat die munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee in samewerking met die omstrede en korrupte departement van landbou, bosbou en vissery in Mosselbaai se waters wil kom vestig . . . Só lyk dit in Saldanhabaai se waters - wat glo as voorbeeld vir Mosselbaai moet dien. Lees gerus meer hier: http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/143-a-fishy-farce-is-mossel-bay-bullied-into-risky-fish-farming-experiments-by-the-powers-that-be — atSaldanhabaai.

Lees gerus meer hier oor DAFF se vergrype en kyk ook die video van die nuwe vinvisbedryf in Saldanhabaai wat glo 'n voorbeeld vir Mosselbaai moet stel:

https://www.groundup.org.za/…/fisheries-department-rots-top/?

https://web.facebook.com/inge.frost/videos/10213724326407277/

Lees ook die res van die nuus in beeld:

 
 
Lees ook ons vorige berigte en Facebook-berigte: oor verwante sake: 
 
 
 
 
 
 
 
Related Articles:

"Dit was nou onnodig. Verandering en vernuwing is noodsaaklik en altyd welkom, maar nie só nie . . . Dinge kon baie anders hanteer gewees het sonder om soveel tweespalt en onmin te saai - daar is mos plek vir almal en vir verskillende insette. Dis 'n hartseer dag vir Mosselbaai Toerisme om soveel ervaring, toewyding en passie op een dag te verloor."

Só het een van die sowat sestig aanwesiges by Donderdag se laaste Algemene Jaarvergadering vir 2018 van Mosselbaai Toerisme by die Diaz Hotel gesê nadat al vyf direksielede uit die private sektor eenparig bedank het oor die onhoudbare en volgehoue spanning en onenigheid wat bestuursvergaderings sedert die begin van die jaar versuur - blykbaar weens toenemende burokratiese inmenging en outokrasie van munisipale kant.

Werner Kock, voorsitter van die raad van direkteure, se skokaankondiging dat hy en sy vier mede-direkteure hulself nie weer beskikbaar stel nie, en nie langer kans sien om onder die huidige onsmaaklike omstandighede in die raad te dien nie, is begroet deur 'n merkbare stilte van ongeloof en verbasing onder baie van die niksvermoedende aanwesiges - onder wie etlike nuwelinge wat die eerste keer 'n jaarvergadering bygewoon het.  

toerisme1

Kock het gesê dit is vir hulle 'n baie hartseer dag om hul nominasies te onttrek nadat hulle gesamentlik etlike dekades lank ten nouste betrokke was by Mosselbaai se toerisme en almal juis 'n groot passie daarvoor het. 

Benewens Kock, finansiële bestuurder van die ATKV se Hartenbos-tak wat Mosselbaai Toerisme as direkteur van Hotelle, Rusoorde en Wildplase verteenwoordig het, is die ander direksielede wat summier bedank het ook die onder-voorsitter van die raad van direksielede, Marika Thomatos.

As sakevrou en eienaar van die bekroonde Munro Manor-gastehuis, het Thomatos Besighede verteenwoordig.  Die ander direksielede wat ook jarelange ervaring in verskillende aspekte van die toerismebedryf het, is Jeanetta Marais (Selfsorg-eenhede); Gerhard van Rooyen (Toeroperateurs en Besienswaardighede/Aktiwiteite) en René Malan (Gastehuise & B&B-huisvesting). 

 toerisme4

Foto: Gesoute toerisme-vasvatters sit voet neer teen voorskriftelike burokrasie wat doelstellings ondermyn. Van links is René Malan, Werner Kock, Gerhard van Rooyen, Marika Thomatos en Jeanetta Marais ná Donderdag se historiese AJV waartydens hulle eenparig bedank het. 

Kock, Thomatos en Marais is tydens die vergadering vervang deur onderskeidelik Michelle Oosthuizen van die Diaz Hotel, Kim Naude van Co-Mind en Tertius Coetzer van Diaz Porto Hotel.

Van Rooyen en Malan se portefeuljes moet nog gevul word. Dit is egter onseker wanneer die vakante poste gevul gaan word en watter prosedures gevolg gaan word. 

toerisme

Nuwe bloed: Tertius Coetzer, Kim Naude en Michelle Oosthuizen het hulself Donderdag aan toerismelede bekend gestel en van hul ervaring in die bedryf vertel.

Cobus Janse van Rensburg van Freaking Fast Waverider was genomineer om Van Rooyen se pos as direkteur: Toeroperateurs en Besienswaardighede/Aktiwiteite oor te neem, maar het ook sy nominasie onttrek uit solidariteit met die vyf direksielede wat bedank het.

Kock het gesê die uittredende direksielede kom al 'n lang pad saam - van René (Bongers - vorige voorsitter) se dae af. 

"Ons het werklik 'n struktuur wat goed doen en baie moontlikhede het. Ons het nog al die jare goed en in goeie gees saam met die munisipaliteit gewerk sonder enige onaangenaamheid. Die afgelope jaar het dinge egter so voorskriftelik en burokraties geword dat feitlik alle vergaderings in twispunte en tydrowende argumente ontaard het sodat ons doelstellings ondermyn word.

"In die lig hiervan sien ons nie 'n pad vorentoe nie en het ons nie die tyd en energie om daarmee voort te gaan nie", het hy gesê.

Kock het die toerismelede 'n geseënde feesseisoen toegewens en gewaarsku dat dit 'n kort, maar gekonsentreerde seisoen gaan wees weens faktore soos die swak ekonomie, ongewone weerstoestande en die verkorte skoolvakansie. 

"Mosselbaai se grootste bates is sy hulpbronne, infrastruktuur en ongelooflike natuurskoon - en daarvoor sal mense altyd hierheen stroom. Dis nou tyd om ons toe te spits op die komende feesdae om Mosselbaai se bates so te bemark dat mense altyd weer wil terugkeer."  

toerisme6  
Goeie dae voor die skeuring: Die direksielede in gesellige luim saam met munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee, tydens verlede jaar se algemene jaarvergadering by die Garden Route Casino. Verhoudings tussen die munisipale en private bestuurslui in die toerismebedryf het sedertdien so drasties versleg dat al vyf direkteure uit die private sektor Donderdag eenparig bedank het. 

'n Emosionele Joy Cook, wat die sekretariaat van die Mosselbaai Gastehuis Gilde hanteer, het 'n beroep op die uittredende direksielede gedoen om hul besluit te heroorweeg.

"Ons soek ervaring in toerisme. Almal is omtrent nuwe mense van buite - insluitende die nuwe toerismehoof, Aneli Gerber en munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee. Daar is ook mense in die munisipaliteit wat nie die toerismebedryf ken nie. Daarenteen is René, Marika, Jeanette, Werner en Gerhard al dekades lank in die bedryf.

"Dit is baie hartseer - waar gaan ons dorp heen? Kan die munisipale bestuurder doen wat Marika byvoorbeeld doen?" 

Cook het namens die "vloer" die uittredende direksielede bedank vir die harde werk, opoffering en onbaatsugtige diens wat hulle oor baie jare heen vrywilliglik en in hul vrye tyd gelewer het om toerisme in Mosselbaai te bevorder en uit te bou. 

Sy het ook gevra dat die nuwe direksielede se ervaring in die bedryf bekend gemaak word, waarna hulle 'n spreekbeurt gekry het om hulself aan die gehoor bekend te stel.

toerisme2

Die drie nuwe direksielede is opgewonde en sien uit na die uitdaging om Mosselbaai se toerismebedryf verder uit te bou. 

Die inhuldiging van die nuwe direksielede was egter ietwat van 'n anti-klimaks nadat hul voorgangers die saal verlaat het en talle lede met gemengde gevoelens geworstel het. 

"Dit moes 'n vrolike geleentheid gewees het om nuwe, jong bloed in die bedryf te verwelkom, maar nie op só 'n manier nie. Ons verloor nou vyf staatmakers met dekades se ervaring wat die bedryf suksesvol tot hier gebring het. Hoekom moet hulle nou padgee om vernuwing in te bring, terwyl daar geleentheid geskep kon word vir almal om saam te werk? Iets is nie pluis nie en hoewel ek bly is vir die nuwelinge, is ek hartseer dat dinge so verkeerd gedoen is", het een van die lede verontwaardig laat hoor.

Ook Marika Thomatos het gesê dis vir haar 'n baie hartseer ervaring om ná al die jare haar termyn só te beëindig - veral omdat daar nog so baie projekte was wat sy beplan het.

"Ons het soveel hoogtepunte en mylpale bereik - ook verlede jaar se Dorp van die Jaar-toekenning waarvoor ons baie hard gewerk het. Ek is 'n voorstander van samewerking en hoe meer mense die groter Mosselbaai bemark, hoe beter . . .

"Ek is allermins 'n hensôpper en wil nie wegloop nie, maar die burokratiese binnegevegte het soveel tyd en energie geverg dat ons nooit by die belangrike besprekingspunte, bemarkingstrategieë en dinge wat saakmaak, uitgekom het nie . . .

"Op die einde het die onsmaaklike magspeletjies al die tyd, energie en lus gevat . . . ", het sy hartseer gesê.

toerisme3

Die drie nuwe direksielede van Mosselbaai Toerisme wat Donderdag met gemengde gevoelens tydens 'n emosionele jaarvergadering verwelkom is, by die res van die bestuur. Van links is munisipale raadslid Venolea Fortuin, Aneli Gerber, bedryfshoof, Kim Naude (Besighede & Besigheidskamer), raadslid Mark Furness, Tertius Coetzer (Selfsorg-eenhede), munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee, Michelle Oosthuizen (Hotelle, Rusoorde & Wildsplase) en Charlie Hendrics (gemeenskapsverteenwoordiger). Die eenparige bedanking van al vyf direkteure uit die private sektor, insluitende die voorsitter en ondervoorsitter van die raad, weens beweerde voorskriftelike burokratiese magspeletjies van munisipale kant af het 'n demper op die gebeure geplaas. 

Related Articles:

Mosselbaaiers is bekommerd oor die impak wat die beplande nywerheidsontploffing op die padverkeer, behuisingsnood en misdaad gaan hê as nog duisende werksoekers hierheen stroom.

Mosselbaai word blykbaar nou die nuwe nywerheid/ekonomiese sone vir die hele Suid-Kaap en die eerste stap is die nuwe chemiese aanleg van R1 miljard wat in rekordtyd langs PetroSA opgerig gaan word en glo werk aan 3 000 mense sal verskaf. 

Terwyl alle Mosselbaaiers werkskepping en ekonomiese groei verwelkom, is dit die manier hoe dié projekte skynbaar deurgestoomroller word sonder dat die verpligte prosedures, omgewingsimpakstudies en publieke deelnameprosesse gevolg word. 

Memory Booysen, burgemeester van die Garden Route distriksmunisipaliteit, het reguit gesê dat werkskepping en ekonomiese groei nou voorrang geniet en dat wetgewing deurgehaas sal word ter wille van die aanleg. Die projek is steeds in die ontwerpersfase, maar sal glo binne weke geïmplimenteer word.

 

Memory Booysen

Die munisipale bestuurder en die burgemeester van die Garden Route Distriksmunisipaliteit, Monde Stratu (links) en Memory Booysen (regs) by die sooispitseremonie van die nuwe chemiese aanleg wat glo in rekord-tyd langs PetroSA opgerig gaan word. 

Intussen is daar, sover bekend, nog geen omgewingsimpakstudies gedoen nie en is dit steeds 'n geheim watter chemiese middels vervaardig gaan word en wat die beplande chemiese prosesse behels. 

'n Danabaaier wat in dié stadium verkies om anoniem te bly, is bekommerd dat die nodige veiligheidsmaatreëls dalk nie getref gaan word as die projek deurgehaas word nie. "Gaan dit 'n besoedelingsgevaar inhou? Gaan die produkte per pad na die hawe vervoer word en watter impak gaan dit op die verkeer hê wat reeds onder druk is? Watter tipe chemiese middels en prosesse is ter sprake? Gaan plaaslike mense opgelei word vir die werk of gaan gespesialiseerde mense van elders aangestel word? 

"Ons weet NIKS en dis baie frustrerend en kommerwekkend, want ons kan nie kommentaar lewer as ons niks weet nie. As hulle die projek gaan deurjaag sonder die korrekte prosedures en maatreëls, gaan ons besware waarskynlik ook te laat wees," het hy gesê.

'n Ander leser wat soortgelyke vrae op die munisipaliteit se amptelike aanlyn-kommunikasieplatform gevra het, het nooit enige terugvoering ontvang nie . . . 

Booysen het op 'n sooispit-seremonie om die nuwe aanleg in te wy gesê: 

"Ons is egter hier om te sê as die Garden Route distriksmunisipaliteit, in vennootskap met die Mosselbaai-munisipaliteit, gaan ons nie langer die wette gebruik om ontwikkelingsvoorstelle te belemmer nie. Ons gaan die wette gebruik om dinge te maak gebeur en om hierdie soort ontwikkelings te ontsluit.

"Dié is net die begin. In samewerking met die hawe op Mosselbaai, sal ons verseker dat dit die volgende spesiale ekonomiese sone word. Ons sien dinge gebeur op Saldanna, Richardsbaai, Kouga... Dit is tyd vir Mosselbaai om te volg."

Booysen het bygevoeg dat wetgewing deurgehaas sal word ter wille van die aanleg . . . 
* Gevaarlike woorde wat die gevaarligte moet laat flikker?

sooisoit

MOSSELBAAI NUUS - 'n Beleggingsprojek van R1 miljard op Mosselbaai is op Vrydag, 28 September deur die Garden Route distriksmunisipaliteit bekend gestel. 'n Memorandum van verstandhouding met Ikusasa Processing Engineering Consultants is reeds onderteken. 

'n Chemiese-aanleg wat die hout-, water- en tekstielbedrywe sal ondersteun, gaan op die perseel langs PetroSA, langs die N2 gebou word. Die projek is tans in die ontwerpersfase en sal na 'n paar weke geïmplementeer word.

Tydens 'n sooispitseremonie verlede Vrydag, het Garden Route distriksmunisipale burgemeester, Memory Booysen, gesê die ontwikkeling is die begin van groot dinge.

"Dit is die begin van 'n groot vennootskap tussen die Garden Route distriksmunisipaliteit en Mosselbaai. "Die tyd van lippediens is verby. Alles wat ons besluit het tydens verskeie ontmoetings en vergaderings, gaan nou gebeur."

Booysen het gesê wanneer die distriksmunisipaliteit iets soortgelyk aanpak, skrik mense wat niks het om te doen nie, gewoonlik wakker. "Skielik kry hulle iets om te doen en dit is om byvoorbeeld, beswaar aan te teken." Booysen het gesê hy verwag dat mense met verskeie redes vorendag sal kom waarom die projek nie van stapel gestuur moet word nie. 

"Ons is egter hier om te sê as die Garden Route distriksmunisipaliteit, in vennootskap met die Mosselbaai-munisipaliteit, gaan ons nie langer die wette gebruik om ontwikkelingsvoorstelle te belemmer nie. Ons gaan die wette gebruik om dinge te maak gebeur en om hierdie soort ontwikkelings te ontsluit. 

'n Stukkie grond is op die gebied omgespit, as simbool van die begin van die nuwe projek. 

"Dié is net die begin. In samewerking met die hawe op Mosselbaai, sal ons verseker dat dit die volgende spesiale ekonomiese sone word. Ons sien dinge gebeur op Saldanna, Richardsbaai, Kouga... Dit is tyd vir Mosselbaai om te volg."

Booysen het bygevoeg dat wetgewing deurgehaas sal word ter wille van die aanleg.

Werksgeleenthede
Mosselbaai se uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal het tydens die seremonie gesê dinge is besig om op Mosselbaai te gebeur.

"Ons is tans in die proses om met nog groot beleggers te praat. Die aanleg is 'n voorreg vir ons in die lig van werksgeleenthede wat dit mag bied. Raadsheer Levendal het gesê almal behoort saam te stem dat werksgeleenthede eerstens aan Mosselbaaiers aangebied moet word.

"Ek het 'n passie vir ons informele gebiede en ek wil aan die ontwikkelaars noem dat ons ook op Mosselbaai informele gebiede het. Dit is nie naby die middedorp geleë nie en strek verspreid oor Mosselbaai. Ons sal dit dus waardeer as julle na my kantoor kom sodat ons kan gesels oor die agterstand wat dit aanbetref en hoe ons dit sal aanspreek."

'n Verteenwoordiger van Ikusasa het aan die media gesê die langtermyn visie is om die aanleg in 'n wêreldklasfasiliteit te ontwikkel. 

"Ons sal dit plaaslik, maar ook vir uitvoere gebruik. Dit gaan die Mossebaai-hawe baat en ons voorsien dat die projek verskeie ekonomiese aktiwiteite in die area sal stimuleer."

Dit word beoog dat die fabriek teen die einde van 2019 ten volle sal funksioneer.

https://www.mosselbayadvertiser.com/…/r1-miljard-beleggings…


Die roete wat met dié chemiese aanleg gevolg word, is soortgelyk aan die munisipaliteit se skynbare vasbeslotenheid om akwaboerdery in Mosselbaai te implementeer . . . op ewe ondeursigtige en kommerwekkende wyse.

fish farms sea cages Japan

* Die sperdatum het Vrydag verstryk vir die aanstel van 'n diensverskaffer om 'n omgewingsimpakstudie te onderneem vir 'n beplande seewater-vinvisboerdery in Mosselbaai se waters. Dit volg ná jare se hewige publieke teenkanting teen spesifiek 'n vinvisbedryf in die seewater weens die enorme risiko's en rampe wat dit elders veroorsaak het. Die Mosselbaai Munisipaliteit het desondanks egter reeds twee keer beamptes van die omstrede departement van landbou, bosbou en seevissery (DAFF) na Mosselbaai genooi om met inwoners oor die moontlikheid van só 'n projek te praat . . . terwyl die Demokratiese Alliansie nou ook die direkteur-generaal van DAFF aankla weens die grootskaalse bedrog in dié departement.

Hoe dan nou?

THE APPOINTMENT OF A SERVICE PROVIDER TO UNDERTAKE AND FACILITATE AN ENVIRONMENTAL ASSESSMENT PROCESS FOR A PROPOSED SEA- BASED AQUACULTURE DEVELOPMENT ZONE IN MOSSEL BAY, WESTERN CAPE, SOUTH AFRICA FOR A CONTRACT PERIOD OF TWELVE (12) MONTHS.
https://www.daff.gov.za/…/Financi…/supply-chain/MLRF-Tenders
http://www.etenders.gov.za/…/appointment-service-provider-u…
Closing date: 12 October 2018


DA verkla adjunk-DG oor miljoene rande se perlemoen

Deur Malherbe Nienaber 17 September 2018 20:17

Klagte is Maandag teen ’n adjunk-direkteur-generaal van die departement van landbou, bosbou en visserye (Daff) oor beweerde betrokkenheid by die onwettige perlemoenhandel ingedien.


Dit volg op “verdoemende openbarings” wat tydens tugstappe aan die lig gekom het.Beverley Schäfer, DA-LW en voorsitter van die staande komitee oor ekonomiese geleenthede, toerisme en landbou in die Wes-Kaapse wetgewer, het die klagte teen Siphokazi Ndudane in die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor aanhangig gemaak.

“Die aantygings in ’n klagstaat van die departement se tugprosesse sluit onder meer in 155 klagte van bedrog, 37 klagte van die diefstal, asook van afpersing, vervalsing en ongehoorsaamheid.”


Schäfer het gesê die strafregtelike klagte is daarop gemik om die “nasionale regering te noop om met die departement af te reken” en diegene aan te kla wat betrek word by misdade wat die Wes-Kaapse visserye raak.

Beverley Schafer

Beverley Schäfer

Sy het verlede week ook ’n brief gestuur aan adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, om aan die hand van die jongste aantygings ’n dringende ondersoek na die departement te eis.


In ’n verklaring van 12 September het Schäfer aangedui dat die DA in die WesKaap die “klagstaat” van ’n tugverhoor in die departement se kantore in Pretoria in sy besit het.

abalone1

Daar word byna weekliks iewers in die land - maar veral in die Wes-Kaap - beslag gelê op miljoene rande se perlemoen wat geoormerk is vir die smokkelmark. Senior lede van die departement van landbou, bosbou en vissery wat voorheen aangekeer is as die baasbreine agter die grootste smokkelsindikaat, was egter gou weer terug op hul pos . . . Is dìt dalk die rede hoekom DAFF so gretig is om akwaboerdery in Mosselbaai deurgedruk te kry? Tog is dit die Mosselbaai Munisipaliteit wat DAFF genóói het om die montlikheid te ondersoek . . . ? 


Daarin word gemeld bewerings van diefstal van perlemoen met ’n waarde van tot R20 miljoen wat glo nie aangemeld is nie, dokumente vir die bepaling van die totale aanvaarbare vangs van Weskus-kreef wat vervals is, die aanstel van iemand om die toewysing van visregte uit te voer sonder om die vereiste aanstellingsprosesse te volg, en diefstal deur onregmatige betalings van R2,37 miljoen.


Volgens Schäfer is daar ook sprake van regsverydeling deurdat daar glo verlede jaar geweier is om die polisie toegang te gee tot ’n pakkamer om perlemoen wat gesteel is na te gaan.

Luidens haar verklaring is daar ook in September 2017 glo nagelaat om die polisie van die diefstal of verlies van perlemoen met ’n geraamde waarde van R3,6 miljoen op ’n perseel van die departement in Gansbaai in kennis te stel.

Die departement van landbou, bosbou en vissery het nie navrae om kommentaar oor die klagtes beantwoord nie.


Die Wes-Kaapse polisie het Maandagaand bevestig dat die klagte ingedien is en dat die saak ondersoek word.


Lees ook: http://www.mosselbayontheline.co.za/…/122-daff-officials-be…

Wêreldwye VOEDSELDAG - die ironie

Dit lyk of DAFF nou 'n moderne Robin Hood is . . . sy amptenare steel die wins van akwaboerdery en gee so af en toe iets van dié rykdom terug aan arm gemeenskappe . . . 

'n Groot optog in samewerking met Mosselbaai Munisipaliteit word vir Dinsdag beplan om busvragte vol kos onder inwoners van Brandwag uit te te deel . . . om só kastig by te dra tot wêreldwye voedselsekerheid? 

Kommer is reeds uitgespreek oor dié politieke foefie en die impak wat so 'n grootskaalse samedromming op verkeersroetes gaan hê . . . Die Polisie en ander veiligheidsektore is reeds op gereedheidsgrondslag geplaas teen enige "moontlike gebeurlikhede" en die leuse van vanjaar se Wêreldwye Voedseldag laat 'n baie wrang smaak in die mond - veral in die lig van die komende verkiesing:

Our actions are our future : Ons dade is ons toekoms . . . 

world food day 2018 rony save the date

World Food Day Commemoration
As part of October Food Security Month activities, the Minister of Agriculture,
Forestry and Fisheries, Senzeni Zokwana and the Western Cape Minister of
Economic Opportunities, Alan Winde will observe World Food Day on 16 October
2018.
World Food Day is commemorated annually on 16 October to create public
awareness of the world food shortage and to strengthen solidarity in the struggle
against hunger, malnutrition and poverty.
The theme for this year is “Our actions are our future. # A Zero Hunger World
by 2030 is possible”. Follow conversations on @DAFFZA 
#WFD2018,
#ZeroHunger and #ZeroHungerby2030


Members of the media are invited to attend the event as follows:
Date: Tuesday, 16 October 2018
Time: 08:00 for 08:30
Venue: NG Church Hall, Brandwacht, Western Cape
Project visits
08:30 – 11:00
10:30 – 11:00
Hunger alliance march
Visit exhibition stalls
Food mountain unveiling
Main event
11:00-14:00
Brandwacht Sports ground


Intussen het die Wes-Kaap sy grondwet verander en word die pos van omgewingskommissaris boonop afgeskaf om nóg meer mag aan DAFF te gee . . . 

Wes-Kaap verander sy grondwet
Deur Malherbe Nienaber 12 Oktober

law

Voorgestelde wysigings aan die Wes-Kaapse grondwet is daarop gemik om riglyne te bied vir ingryping deur die provinsiale regering by munisipaliteite.

Die pos van omgewingskommissaris sal ook geskrap word.

Kommentaar op dié Wysigingswetsontwerp kon nog tot Donderdag by die provinsiale wetgewer ingedien word.

Teen Woensdag is 3 587 kommentare oor die voorgestelde wysigings al op die webwerf Dear Cape Town gelewer.
Die wysigings bepaal wat die proses is wat gevolg moet word wanneer die provinsiale regering by munisipaliteite ingryp wat nie hul pligte ingevolge die Grondwet of nasionale en provinsiale wetgewing nakom nie. Die wysigings is nodig om die provinsiale grondwet in ooreenstemming met wysigings aan Suid-Afrika se Grondwet te bring.


Dit laat toe dat ’n munisipale raad ontbind word en ’n administrateur aangestel word totdat ’n nuwe raad aangewys is.
Dit maak ook voorsiening dat ingrypings by munisipaliteite kan voortduur indien die minister wat vir plaaslike regering verantwoordelik is, dit binne 14 dae vanaf die ingryping goedkeur. Kennisgewings van sulke ingrypings moet aan dié minister, die Nasionale Raad van Provinsies en die Wes-Kaapse wetgewer gestuur word.
Verdere wysigings sluit in dat lede van die Wes-Kaapse wetgewer hul lidmaatskap kwyt sal wees as hulle nie meer ’n lid van die party is wat hulle benoem het nie.
Dit sal die premier ook in staat stel om ’n verkiesing af te kondig.
Die omgewingsinstituut van die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskap (Safcei) het ’n beroep op inwoners gedoen om dringend kommentaar in te dien, veral oor die afskaffing van die pos van omgewingskommissaris.

Francesca de Gasparis, Safcei-woordvoerder, sê dit is kommerwekkend dat die pos nooit gevul is nie.
gebiede ervaar, wil die provinsiale regering dit heeltemal afskaf.”

Safcei stem nie daarmee saam dat nasionale wetgewing en internasionale verdrae genoeg beskerming aan die omgewing bied nie.

“Veral met soveel gemeenskappe in die provinsie wat met plaaslike regerings baklei oor planne om gebiede te ontwikkel sonder die behoorlike openbare deelname of agting vir die publiek se behoeftes.”

Die Wes-Kaapse regering hou vol die omgewingskommissaris se take oorvleuel met dié van ander instellings “teen ’n minimum geraamde koste van R10 miljoen per jaar”.

“Dit is verkwiste en onnodige besteding.”

Geen ander provinsie maak voorsiening vir dié pos nie.
Kommentaar op die Wysigingswetsontwerp op die Grondwet van die Wes-Kaap kan nog tot middernag op Donderdag 11 Oktober gestuur word na: M. Sassman, sekretaris van
die Wes-Kaapse wetgewer, by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it., of per faks na 021 487 1685.
Die wysigingswetsontwerp kan hier gelees word.

https://www.dearcapetown.co.za/…/Provincial-Gazzette-7978-1…

https://www.dearcapetown.co.za/…/wcape_constitution_english…

 
DEARCAPETOWN.CO.ZA
 
 
 

 

 

 

Related Articles:

Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand . . . ?

bay4

C. Louis Leipoldt het destyds in sy gedig na die ontwaking van die lente/somer ná die koue winter verwys en natuurgewys stem ons saam met hom . . . maar ons wonder wat hy sou gesê het as hy vandag nog geleef het oor die bloedige geweld wat dié mooi maand tot dusver in dié mooie land oplewer . . .

bay14

Die grootste brandstofprysverhoging nóg is vandag ingestel en as dit nie treine is wat aan die brand gesteek word nie, is dit kinders wat verkrag en vermoor word of weerlose bejaardes wat wreed aangeval word vir 'n selfoon of beursie . . . 


Ook Mosselbaai spring nie die stygende misdaad vry nie . . . deesdae sommer helder oordag. Op sosiale media gons dit soos die onderskeie buurtwaggroepe hul lede waarsku en op hoogte hou van ongewenste en verdagte karakters in woonbuurtes . . . en 'n beroep op inwoners doen om aan te sluit om hul woonbuurt te help beveilig - dag en nag. Op een groep is vandag gewaarsku dat daar in een week meer voorvalle van gewapende huisroof was as op die SAPD se hele maandelikse voorvallys . . . 

inbrakeinbrake1

Handwapens soos dié mes en byl word deesdae gereeld op huisbraak-tonele in Mosselbaai aangetref . . . 

 

En dit raak net erger

Terwyl almal ekonomiese groei en ontwikkeling voorstaan, kan 'n mens nie help om bekommerd te raak oor die implikasies van sulke ontwikkelings op Mosselbaai se infrastruktuur, padverkeer en natuur nie . . . veral die feit dat Mosselbaai nou oral as die nuwe brandpunt van ekonomiese groei in die Suid-Kaap bemark word en dus werksoekers van regoor die Suid-Kaap (en res van land) hierheen gaan lok . . .

Saterdag is 'n seremoniële sooispit-seremonie langs die PetroSA-aanleg gehou waar 'n massiewe chemiese aanleg van R1 miljard nou gebou gaan word om verskeie chemiese stowwe te vervaardig . . . Dié aanleg gaan glo werk aan minstens 3 000 mense verskaf.

sooisoit

Tydens die seremoniële sooispit-seremonie vir 'n R1 miljard chemiese aanleg wat glo volgende jaar al langs PetroSA gebou gaan word. Van links is Lee Norman, voorsitter van Ikusasa Process Engineering Consultants, André Theunissen, ’n direkteur van Ikusasa, Memory Booysen, burgemeester van die Garden Route-distriksmunisipaliteit, Harry Levendal, Mosselbaai se uitvoerende burgemeester en Shadrack Tshikalange, bestuurder van die Transnet-Mosselbaai-hawe.

      Watter chemiese stowwe gaan vervaardig word en wat is die implikasies?

Twee weke gelede is 'n afvaardiging van die omstrede departement van landbou, bosbou en seevissery (DAFF) wéér deur die Mosselbaai munisipaliteit genooi om plaaslike vissers in te lig oor die moontlikhede van akwaboerdery en gevra om hulle solank te posisioneer ingeval akwaboerdery 'n werklikheid in Mosselbaai word . . . 
Opvallend en uiters ontstellend van albei beplande ontwikkelings is die algehele gebrek aan deursigtigheid en die spoed waarmee dit oënskynlik deurgestoomroller word.

fish farms sea cages Japan

1. Watter chemiese stowwe gaan vervaardig word en aan wie gaan werk verskaf word by so 'n aanleg wat ooglopend kundige, opgeleide personeel noodsaak? Waar is die publieke deelname-proses en omgewingsimpakstudie vir so 'n chemiese aanleg - en dit nogal reg langs 'n olie-raffinadery en wat is die gevare en impak op nabygeleë inwoners?

chemical plant

2. Ons het reeds in vroeëre berigte beklemtoon dat terwyl ander kusdorpe in hewige hofsake met DAFF gewikkel is oor die onwettige wyse waarop toestemming vir akwaboerdery toegestaan word en die impak wat dit op die see, toerisme en marienelewe het, die einste DAFF na Mosselbaai genóói word om 'n omgewingsimpakstudie te kom doen . . . en hoop en verwagting voortydig by inwoners geskep word.

https://www.change.org/p/daff-save-langebaan-lagoon-from-a-potential-aquaculture-disaster

WIE is die applikant wat veronderstel is om self 'n omgewingsimpakstudie te doen en wie gaan die ONafhanklike studie doen as DAFF sommer alles self doen? Iewers is iets BAIE verkeerd en inwoners het nie 'n idee wat beplan word nie.

Word vinvis-hokke steeds oorweeg, of is dit hoofsaaklik oesters en mossels (skulpvis) wat beplan word? Hoekom word inwoners NOU al ingelig en voorberei as daar nog nie eens sprake van 'n ONafhanklike omgewingsimpakstudie is nie?


Het inwoners werklik géén seggenskap meer oor wat in die dorp beplan word en watter impak dit gaan hê nie?

 Die vrae is legio terwyl die politici al hoe meer swyg . . . en DAFF-amptenare blykbaar sélf agter die grootste sindikaat van perlemoensmokkelary in die Wes-Kaap sit . . . ? 


abalone1

Gestroopte perlemoen ter waarde van dermiljoene rande word feitlik weekliks in die Wes-Kaap gekonfiskeer . . . maar elke keer word dit ook uit die "stoorplek" gesteel . . . ? 


Lees gerus hier meer: 


http://www.mosselbayontheline.co.za/…/122-daff-officials-be…

https://www.timeslive.co.za/.../2018-06-13-government.../

https://www.timeslive.co.za/.../2018-08-18-robbery.../

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/143-a-fishy-farce-is-…

 

 Só het Die Burger vandag berig oor die nuwe chemiese aanleg van R1 miljard . . . en niemand weet watter chemiese prosesse en produkte ter sprake is nie . . . ?

Aanleg van R1 mjd. kom in S-Kaap

As deel van ’n belegging van R1 miljard in die Suid-Kaap gaan ’n chemiese aanleg langs PetroSA se aanleg in Mosselbaai ontwikkel word.
Volgens die Garden Route-distriksmunisipaliteit is die belegging ’n uitvloeisel van die eerste Garden Route Investment-konferensie wat in Maart vanjaar gehou is.
Die belegging van R1 miljard, en 3 000 werkgeleenthede oor die volgende vyf jaar, volg op onderhandelings en ’n memorandum van verstandhouding wat die distriksmunisipaliteit in Augustus vanjaar met Ikusasa Processing Engineering Consultants onderteken het.

Een van die distriksmunisipaliteit se eiendomme langs PetroSA in Mosselbaai gaan op lang termyn aan Ikusasa verhuur word. Ikusasa sal daar ’n chemiese aanleg vir die hout-, water- en tekstielbedryf ontwikkel.

PetroSA aanleg

Die omstrede bankrot staatsbeheerde PetroSA wat glo gaan baat vind by die nuwe chemiese aanleg van R1 miljard wat op die perseel langsaan gebou gaan word . . . maar geen aanduiding word gegee oor presies watter chemiese stowwe vervaardig gaan word en wat die moontlike gevare/impak gaan wees nie? Dit gaan glo werk aan 3 000 mense verskaf, maar is dit vir plaaslike inwoners of gaan deskundiges moet ingebring word? En niemand weet wat by PetroSA aangaan nie.
http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/120-petrosa-olie-op-die-water-van-n-eend-se-rug



Die aanleg sal na verwagting teen die einde van 2019 in bedryf wees, sê die distriksmunisipaliteit in ’n verklaring.
Memory Booysen, burgemeester van die Tuinroete-distrik, het Vrydag op die sooispit-geleentheid gesê die proses sal bespoedig word omdat die distriksmunisipaliteit met die Mosselbaaise munisipaliteit saamwerk.

“Ons het ander ekonomiese ontwikkelings in Kouga, Richardsbaai en Saldanha gesien – nou is dit tyd vir ontwikkeling hier.”
Volgens Booysen sal ’n nuwe stortingsterrein vir die streek op dieselfde grond tot stand gebring word.
Die ligging van die eiendom langs PetroSA hou baie voordele in, sê hy. Daar sal ’n noue samewerking met PetroSA wees en spesifieke produkte sal ook aan PetroSA verskaf word. In- en uitvoer sal deur die Mosselbaaise hawe geskied en dit sal ook die plaaslike ekonomie ’n hupstoot gee. Die hawe is minder as 10
km ver.
Volgens Nicholas Ramkumar, ’n direkteur van Ikusasa, is die langtermynplan om die chemiese aanleg in ’n wêreldklas-produksiemaatskappy te omskep. Daar is groot potensiaal om Mosselbaai in ’n mekka vir in- en uitvoer te verander.

Harry Levendal, Mosselbaai se burgemeester, het ook die ontwikkeling verwelkom. Hy sê hy is baie dankbaar teenoor die distriksmunisipaliteit vir sy pogings om beleggings na die streek te lok.

Kyk ook hier op ons FB-blad na pragfoto's van Mosselbaai . . . vir hoe lank nog?https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2257172001180721?

Verwante artikels - lees ook:


http://www.mosselbayontheline.co.za/…/122-daff-officials-be…

https://www.timeslive.co.za/.../2018-06-13-government.../

https://www.timeslive.co.za/.../2018-08-18-robbery.../

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/143-a-fishy-farce-is-…

 
Related Articles: